Verlange maak Seer


Ek loop dieper die nag in. Ek moet my kop skoon kry, ek kan nie meer so aangaan nie. Ek moet hier wegkom, dink ek. By die eerste deur, glip ek in. Dit vat nie lank vir my oë om gewoond te raak aan die lig nie. Dis halfdonker, rokerig en flitsende ligte om my. Ek’s in 'n nagklub, besef ek en gaan sit by die kroegtoonbank.

“Haai doll, wat kan ek vir jou skink?” vra 'n verfynde mansmens my, een hand, geknak by sy gewrig, in die lug.

Toe ek die queen sien toe weet ek, ek is in 'n gaykroeg. Dit pla my nie, want ek wil net wegkom van Johan en sy mood swings.

 

               Johan is in sy finale jaar, hy swot vir Ingenieur. Iets is fout met hom die afgelope paar maande. Hy is eendag gaaf en vriendelik en dan skielik verskree hy my. Vanaand was die laaste strooi, na hy my rondgeruk het, sleggesê het en toe deur die gesig geklap het, het ek besluit dis genoeg. Ek het losgeruk en net in 'n rigting begin hardloop. Vir 'n paar blokke het ek hom hoor roep na my soos hy agter my aanhardloop, maar toe raak dit stil, net die gejaag van my eie asem wat ek kon hoor. Ons is al twee jaar saam en is ses maande verloof. Nou weet ek, ek moes nooit vir sy sjarme geval het nie.

 

               Skielik raak die kroeg stil. 'n Verblindende kollig skyn op die verhoog en alles word donker toe dit weer afgeskakel word. 'n Vrou, 'n man, ag ek weet nie, dis iemand met 'n heserige stem wat begin sing. Die lig word weer aangeskakel maar skyn nou baie flouer. Die persoon sing 'n Liza Minnelli liedjie, ek het al gehoor van die drag queens wat sulke kabaret vertoning hou en hulle idols naboots, maar dié persoon sing regtig. Dié persoon is ouerig, kort grys hare. Ek geniet die vertoning terdeë, Tina Turner en  Marilyn Monroe is ook hier. Ek verkyk my aan die klomp mans wat nes vrouens lyk, party van hulle is beeldskoon en meer vrou as wat ek kan droom om te wees.

Die plek is nou stampvol, mans en vrouens waar jy kyk. Party vrouens lyk darem vreeslik baie na mans. Ek verkyk my aan hulle en kyk vinnig weg as een van hulle in my rigting kyk, hemel hulle moet tog net nie dink ek’s een van hulle en by my kom probeer aanlê nie, dink ek en begin ongemaklik rondskuif op my stoel.

 

               So dis nou hier waar die gays kom uithang op 'n Sondagaand en knik my kop goedkeurend terwyl ek na die plafon en mure kyk. Daar’s hordes foto’s teen die mure van Barbara Streisand, Liza Minnelli, Tina Turner en Patrick Swayze, Nou wat maak sy foto hier, wonder ek nog en onthou toe van die fliek waarin hy as ’n drag queen gespeel het.

“May I have this chair, Miss? praat 'n sterk hees stem hier agter my. Dis die een wat net nou die Liza nommer gesing het, herken ek die stem. Ek kyk oor my skouer na hom en voor ek kon antwoord is daar 'n klomp meisies by en wens hom geluk met die vertoning. Hulle lag kliphard en ek hoor sy hees stem bo hulle s’n.

“Girls, girls! I need a drink, please! I’m going to sit next to this gorgeous girl, if she let’s me.” sê hy en vat aan my skouer.

Hemel hy praat van my, skrik ek my boeglam. Half verleë draai ek in my stoel om en met 'n glimlag beduie ek dat hy maar mag sit. Ek kan mos nou nie snaaks wees met die man in sy eie klub nie. Duidelik is hy baie gewild onder die meisies, sou eerder dink hy moet gewild onder die mans wees, dit ís immers 'n gay klub.

“I’m Bernice, but everyone calls me Berni.”

Sjoe, ek’s mal oor sy hees stem, dink ek terwyl ek sy uitgesteekte hand vat en skud. Hy het sagte hande, te sag vir 'n man, dink ek. Ek loer so onderlangs na hom. Hy het 'n swart fluweel langbroek, wit lang mou hemp en swart onderbaadjie aan en lyk nogal sexy. Hy draai na my en kyk my vas in die oë. Hy’t blou oë, grys wit hare, ek raak verleë en kyk af. My oë rek en ek proes en begin hoes. Hy vlieg op en vra of ek okei is. Voordat hy my op die rug kan slaan, wys ek hand in die lug dat ek okei is. Ons is albei wit geskrik, hy omdat ek verstik het en ek omdat ... ek borste deur sy wit hemp sien skyn het. Hy is 'n sy, dink ek. Sy het nie 'n bra aan nie en toe sy na my omdraai sien ek haar bors gleufie. Ek word weer ongemaklik en bid net dat sy nie by my moet aanlê nie, maar ek bly egter sit.

 

              Ek kyk na haar gesig, dis glad en lyk sag, dis vroulik. Daar’s eyeliner aan haar oë en dit laat haar meer sexy lyk en haar hees stem is betowerend. Nee, wat gaan tog met my aan, ek moet my self regruk. Hierdie vrou hier voor my is besig om my te betower, sy prikkel my. Sy begin my staaltjies uit New York vertel. Sy vertel hoe dit daar lyk en ek hang aan haar lippe. Wow, ek wil New York eendag sien, Central Park, die reuse park in die middel van die die grote stad New York, dink ek by my self. In my geestes oog sien ek die grasgroen woud, mense wat daar draf, speel, piekniek hou en verliefdes wat hand aan hand daar stap. Bernice kan toor met woorde, ’n mens het nie foto’s nodig nie, sy beskryf alles in detail, perfek, wel sy ís immers 'n vermaaklikheid kunstenaar.

 

               Op vyftig is sy twintig jaar ouer as ek, maar sy het die energie van 'n dertig jarige, maar beslis die lewenservaring van 'n vyftigjarige. Sy is in Kalifornië gebore, het in New York grootgeword en ken die plek soos die palm van haar hand. Vandat sy kan onthou is sy gay en op vyftig het sy net twee langtermyn verhoudings gehad. Die tweede en laaste een het vyf jaar gelede geëindig. Hulle was tien jaar saam en sy het haar met iemand anders verneuk. In die vyf jaar kon Bernice nog nie weer iemand vertrou om in 'n ernstige verhouding in te gaan nie.

Om die een of ander rede vertel ek haar nie van Johan nie, of dat ek verloof is nie ... hoekom weet ek nie, maar vir eers wonder ek nie daaroor nie.

 

              Bernice gaan sing nog 'n liedjie op die verhoog en bly vir my kyk terwyl sy New York, New York sing. Wat op aarde maak sy in Suid-Afrika, Pretoria, wonder ek. Volgens die kroegman is sy hier met vakansie, vir twee jaar al en bly alleen in 'n meenthuis in Villieria. So daar is nog steeds nie 'n wederhelf nie, dink ek. Ek verlustig my aan haar tenoor stem en kan nie help om saam met die ander haar 'n staande ovasie te gee toe sy klaar is nie. Sy vertel 'n paar grappe en soos een mens bars almal uit van die lag. Sy is uniek, beslis anders. Ek hou van haar, besef ek.

Sy kom sit weer langs my en plant 'n soen op my voorkop. Ek’s skoon uit die veld geslaan. Dié vrou ding ek’s gay, gaan dit deur my gedagtes, ek sal haar moet reghelp, maar ek kom nie so vêr nie. Sy laat my lag en ek voel nou op my gemak by haar, ek’s nie meer bang vir haar nie.

“Well it’s time for me to hit the road, can I drop you somewhere ... uhm ...” sy aarsel en glimlag. “You haven’t told me your name yet. Here I am babbling the whole night and not once have I asked you for your name.” sê sy en wag op my antwoord.

Ek glimlag verleë en vertel haar dat my naam Lisa is.

“It’s Lisa with a es not Liza with a zee ...” sing Bernice een van haar Liza liedjies wat sy vroeër die aand gesing het en lag dan te lekker.

“What time is it?” vra ek.

“Four in the morning Hun, past my bedtime already!” sê sy en rek haar oë.

Ek lag vir haar gesigsuitdrukking. “Yes, past mine too.” voeg ek by en ons lag kliphard saam vir die stupid grappie. Skielik tref realiteit my, ek het nie vervoer nie en ek kan nie, nee, ek wil nie nou teruggaan na Johan toe nie. Hoe gaan ek in elk geval vir hom verduidelik waar ek die hele nag was. Waarheen gaan ek, ek het nie geld vir 'n hotel nie en ek het ook nie familie in Pretoria nie. Die vriende wat ek het, is meesal Johan se vriende en hulle sal nie met my wil opgeskeep sit nie. Ek sal haar moet vertel van Johan, dan gaan sy weet ek is nie gay nie. Ja, sy moet weet ek is nie gay nie.

 

               Ons stap saam uit die kroeg, nadat ons eers deur almal gesoen groet is, ek ken nie eers die mense nie. Van die gay vrouens gee 'n wolwefluit toe ons saam kar toe stap en skree: “You go girl, she’s a catch!”

My liewe hemel, hulle dink ons twee gaan saam huis toe, ek is haar ... vangs, vir die aand. Berni lag toe sy sien ek lyk bekommerd.

“Just ignore them, they’re just a bunch of kids and have no respect for an old lady like me.” sê sy en glimlag vir my.

“You’re not old!” probeer ek haar vlei.

“I’m fifty! Ha, that’s old to most people, probably to you too! How old are you so by the way?”

“I’m thirty.” lig ek haar in.

“You see, you see, spring chicken, I am old!” sê sy en maak of sy vreeslik hartseer is.

Ek geniet Bernice se humor verskriklik, sy laat my lag, sy groei op 'n mens ... sy groei op my. Ek ruk my self reg en besef dat ek besig is om agter haar aan te loop kar toe. Ek kan mos nou nie in haar kar klim nie, wat gaan ek vir haar sê waarheen om my te vat, my te gaan aflaai.

Sy sluit haar kar oop en hou die deur vir my oop. Dis 'n silwer Honda Prelude, ek moes gedink het sy gaan 'n mooi kar ry. “Sorry but I can’t.” wys ek haar uitnodiging van die hand.

“Oh, so you are here with your own car then?” vra sy verbaas en wil die kar deur toemaak toe ek begin stotter.

“I’m ... uhm ... engaged!”

“Good for you Hun, congrats, but I’ve just offered you a ride home, nothing else.” sê sy ongeërg.

Ek voel verleë en laat sak my kop. Sy vra of ek okei is, ek knik my kop en bars uit in trane. Sy bied my haar sakdoek aan, maak my in haar kar sit en druk die deur toe.

“Come on there, there. Now what’s bothering you Lisa?” vra sy. Sy het intussen agter die stuurwiel gaan inklim en het haar arm om my skouers gesit om te troos. “Come on, tell me, from the beginning?” vra sy weer en draai skuins in haar sitplek.

Ek vertel haar van Johan en van ons verlowing. Sy mood swings wat hy gereeld kry en dat ek nie meer saam met hom wil wees nie. Bernice het die kar aangesluit en begin ry. Ek lê met my kop terug teen die sitplek, die reuk van Brut hang in die kar. Dit ruik lekker, sy ruik lekker ... dit maak iets wakker in my, sý maak iets wakker in my.

 

         Ek is so besig met my eie gedagtes en die reuk van Bernice, dat ek nie eers sien dat ons voor haar meenthuis gestop het nie. Ek ruk uit my gedagtewêreld uit toe sy die kardeur vir my kom oopmaak. Sy is nogal 'n gentleman, of sal mens dit nou 'n genltelady noem, dink ek en glimlag by die gedagte. Sy sluit die voordeur oop en laat my eerste ingaan. Haar huis lyk gesellig binne. Soos sy ligte en lampe begin aansit in die huis gesels sy. “Well, have you decided?”

Nou’s ek oorbluf, waarvan praat die vrou. “Decide what?” waag ek die vraag. Duidelik het ek nie nie geluister waaroor sy gepraat het nie, ek het my vergaap aan die mooi sitkamer, die skilderye teen die mure. Dis die huis van 'n gesofistikeerde vrou wat lief is vir die kunste.

Bernice loop uit 'n kamer uit terug in die gang en kyk na my. “To stay!” sê sy, skud haar kop en verdwyn weer in die kamer in. “Would you like some coffee?” roep sy vanuit die kamer uit en kom te voorskyn in 'n swart kortbroek en 'n lang, half deurskynende wit hemp.

Sy kom staan voor my hande op die heupe. Haar hemp skyn deur en sy het weer nie 'n bra aan nie, wel sy het nie een nodig nie, want op vyftig is haar borste nog ferm. Hulle is goed gevorm, stewig, nie te groot nie, glad nie klein nie. Ek kyk weg, hoekom sou ek my verkyk aan 'n vrou se borste, wonder ek. Ek kyk weer na haar, dis moeilik, want my oë bly afdwaal na haar borste, die donker tepels staan  prominent onder haar hemp. Sou sy koud kry of is sy .... Liewe hemel waaraan staan ek en dink. Lisa! ruk jou self reg, vermaan ek my self. “Coffee sounds nice, thanks.” sê ek vinnig en begin praat oor haar skilderye en mooi meenthuis.

Sy bring ons koffie en gaan sit oorkant my op die bank, sy gooi haar bene op die bank en ek kan weer nie help om te staar nie. Sy het mooi bene, dis nie bruingebrand nie, maar dit pas haar, sy het 'n ligte gelaatskleur.

“Like what you see?” vra sy my en ek skrik my boeglam. Sy lag toe sy sien my oë rek. “I’m just kidding.” voeg sy vinnig by en lag lekker uit haar maag uit. “I have only one bedroom, but you can have it, I will sleep on the couch.”

Ek glimlag en knik my kop. “I’m grateful thanks, but I will sleep on the couch, I don’t want to discomfort you and it will only be for tonight.” sê ek beslis maar Bernice wil niks daarvan weet nie.

 

               Die reuk van vars gemaalde koffie maak my wakker. My oë rek toe ek sien sy sit in die gemakstoel voor die bed met 'n beker koffie in haar hand, myne staan reeds op die bedkassie. “Hey sleepy head. I was wondering when are you going to open those pretty little eyes of yours?”

Dis elf uur en sy maak my nou eers wakker, ek skuif regop teen die kopstuk en sy gee my koffie vir my aan. “Why didn’t you wake me earlier?”

“Because you needed the rest and I wanted to watch you sleeping.” sê sy eerlik en vat die wind skoon uit my seile.

Ek skud my kop en kan maar net glimlag. Sy vlieg uit die stoel, kom wip op die bed en lê langs my. “Will you come and see my show tonight?” vra sy so mooi en vervolg. “I’m singing at After Dark, it’s in the city center, in van der Walt street.”

Ek het al gehoor van After Dark, van sy kabaret vertonings en komediante wat daar optree, het al daar verbygery maar nog nooit self daar gewees nie. Ek huiwer eers, dit klink so ... donkerig. Sy wag egter nie vir my antwoord, wip weer van die bed af en sê: “I’ll save you a seat.” Sy neem sommer aan dat ek daar sal wees.

 

               God dank, Johan is nie by die huis nie, ek sien nie nou kans vir hom nie. Ek besef maar alte goed dat ons wel een of ander tyd sal moet praat, want ek wil nie meer saam met hom wees nie, ek gaan beslis die verlowing verbreek. Johan sal ook ernstig moet mediese hulp kry, want anders gaan hy sy studies en later sy loopbaan 'n knou gee. Ek sal sommer op pad na After Dark vir my 'n koerant moet koop, ek sal ander verbly moet kry. Die twee weke verlof wat ek gevat het om Johan met sy studies by te staan, kom nou handig te pas, nou sal ek dit gebruik om te trek.

 

               Ek is vroeg by After Dark, hier’s nog net 'n paar mense en ek sien ook nog nie vir Bernice nie. Ek gaan sit en bestel solank 'n drankie. Dis nou nie 'n plek waar Johan my heen sal vat nie, nee, eerder na boeremusiek sokkies en lang arm danse. Die plekkie is intiem en ek hou daarvan. 'n Soen word bo-op my kop geplant en ek verstik amper in my drankie.

“Hey there sexy.” haar stem klink meer hees as voorheen, dalk omdat sy fluister. Sy praat teen my oor en ek voel hoe haar lippe aan my oorskulp raak, dit prikkel my geweldig en ek wens sy wil haar arms om my sit. “Glad you could make it.” fluister sy weer. Sy gaan sit oorkant my en ek snak na my asem. Sy lyk asemrowend en ek kan my self nie beteuel nie.

“Wow! You look stunning!” dis uit voor ek kon keer. Bernice het 'n swart langbroek, swart hemp, met 'n lospassende swart baadjie aan die baadjie oortrek met swart blinkers. Sy lyk soos 'n kabaret ster. Sy het weer eyeliner aan haar oë en dit maak haar nog meer aantreklik. Sy stap verhoog toe en word voorgestel. Sy sing kabaret en vertel grappe. Bernice geniet haar self op die verhoog en die gehoor geniet haar ook. Hulle skater van die lag en ek verkyk my aan hoe hulle Bernice se grappe geniet. Sy’s regtig snaaks en skerp. Sy kom terug tafel toe, haar gesig nat gesweet, met 'n breë glimlag op haar gesig.

Die plek het vol geword, oral sit mense en eet of drink. Die orkes speel Jazz en almal kuier lekker. Iemand kondig Elzabé Zietsman aan en ek val amper van my stoel af, ek is mal oor haar. Amanda Strydom tree ook op en so om die beurt vermaak dié twee die gehoor verder. “I’m here every Monday night!” sê sy amper onhoorbaar. “Sundays at the pub in Sunnyside. Working only two nights a week, nice hey!”

“What do you do the rest of the week?” vra ek en ek kan my self skop, waar kom ek aan die nuuskierigheid.

“Then I’m on vacation Hun!” sy lag en knipoog vir my. Ek glimlag en wonder wat sy met die oogknip bedoel het. “I like to hang out at museums and art galleries. There’s a new art galery in Hatfield, that opened last Wednesday.” sy vat ’n slukkie van haar drankie en vervolg. “Do you want to go with me tomorrow?”

Ek kan nie, ek moet eers dinge met Johan uitsorteer, woonstel soek en ... maar ek sê dit nie vir haar nie. Ek aanvaar die uitnodiging. Is ek nou simpel, tug ek my self.

Ons groet en spreek af dat ek haar elf uur môreoggend by haar meenthuis sal kry.

 

               Tien uur daardie aand stap ek by my en Johan se huis in. Daar is ’n koevert op die eetkamertafel aan my gerig. Ek maak dit versigtig, met ’n beklemming om my hart, oop en lees dit.

“ Liewe Lisa. Ek is na my ouers, op Rustenburg, toe. Ek moet my kop skoon kry. Ek’s jammer dat ek jou in ’n brief moet vra, maar kan ons asseblief die verlowing verbreek. Ek is nie nou reg vir so iets nie. Ek weet daar is groot fout met my en gaan ’n psigiater, sodra moontlik, sien. Jy kan in die huis aanbly totdat jy reggekom het met verblyf. Gee sommer die sleutel vir Buurman om te hou. Ek is regtig jammer, Lisa, dis nou ’n regte dear John brief dié. Ek sien nie kans om jou nou te sien nie, noem my maar ’n lafaard. Dan wil ek ook om verskoning vra oor my gedrag van gister en die ander dae wat ek jou so verskree het. Alles wat mooi is vir jou. Ek weet jy sal iemand ontmoet wat goed vir jou gaan wees en jou gaan waardeer. Liefde Johan.”

Meteens kry ek hom verskriklik jammer, dit moet erg wees om nie in beheer van jou humeur en emosies te wees nie. Tog is ek verlig ook, hy het my die taak gespaar om met hom uit te maak. Dis verby, dink ek en sug van verligting. Ek gryp die koerant wat ek gekoop het op pad na After Dark en omkring ’n paar ’n paar advertensies. Ek maak vir my ’n beker koffie en gaan kruip in. Ek raak aan die slaap met Bernice in my gedagtes.

 

               Ek tap vir my badwater en trek weer die koerant nader. Dis agt uur en ek wonder of die mense al wakker is. Ek bel die eerste nommer, maar die woonstel is reeds gevat. Ek probeer weer en weer, sonder sukses. Ek sal maar Donderdag die Junk Mail moet koop, daar is altyd baie advertensies van woonstelle in. Ek spring vinnig deur die bad en ry na Bernice toe. Sy wag alreeds buite vir my. Haar kar is op die gras parkeer en sy beduie dat ek in die garage moet intrek. Ewe galant maak sy die kardeur vir my oop en ek kry weer die reuk van Brut. Ek wil amper my oë toemaak om die reuk beter te kan inneem, maar sy trek aan my arm en vra of daar fout is. Ek skud my kop ontkennend, sy sal dink ek is simpel as ek haar moet sê dat ek oor haar lekker reuk in beswyming wil raak.

 

               Na die besoek aan die kunsgalery, nooi sy my vir aandete by ’n restaurant in die middestad. Ons gesels oor alles en nog wat. Ek voel op my gemak by haar en besluit om haar van die brief vertel én dat ek nou ander blyplek soek.

“Why don’t you move in with me?” vra sy en vervolg toe sy die benoudheid op my gesig sien. “Until you find an apartment of course.”

Ek kan nie by haar intrek nie, al is dit net tydelik. Ek kan nie van haar verwag om die hele tyd op die bank te slaap nie en ek wil ook nie hê sy moet verkeerde afleidings oor my maak nie. Ek is nié gay nie.

  

               Laat daardie nag is ons eers terug by Bernice se meenthuis. Sy soebat my om oor te slaap, omdat dit al laat is, maar ek sit my voet die keer neer. Ek maak verskoning dat ek verpligtinge het om na te kom en sy aanvaar my verskonings. Sy gee my haar telefoonnommer en laat my belowe om haar te bel sodra ek iets nodig het. Sy voel nie gerus dat ek vrou alleen die  tyd van die nag wil ry nie en vra my weer of ek nie maar wil oorbly nie. Die versoeking om ja te sê raak groot, maar ek hou by my besluit.

 

               ’n Paar keer daardie week, so tussen die pakkery en trekkery, staan ek met die foon se gehoorstuk en haar nommer in my hand, maar elke keer sit ek die foon terug op die mikkie. Ek is stokflou toe ek die laaste bokse in my nuwe woonstel indra. Dis nie baie groot nie, maar goed genoeg vir eers. Ek haal Bernice se foon nommer uit my beursie. Ek sal moet poskantoor toe ry na die telefoonhokkie om te gaan bel, want ek moet nog eers aansoek doen om ’n foon. Ek klim in my kar en besluit om eerder na haar meenthuis te ry.

Ek kom voor dooie mans deur aan. Ek skryf gou ’n briefie en plak dit teen haar voordeur vas. Ek vra haar om my by Sunny Park te ontmoet vir drankies, agt uur vanaand. Teleurgesteld klim ek terug in my kar en ry weer woonstel toe, ek sal seker maar moet begin om bokse uit te pak.

 

               Bernice daag nie op nie, dis al kwart voor nege. Ek sluk die laaste van my drankie weg en betaal my rekening. Duisende gedagtes maal deur my kop, sy is seker kwaad omdat ek haar vir twee weke geïgnoreer het of sy wil my nie sien nie, want sy het beter dinge om te doen as om elke keer na my gesanik oor Johan te luister. Ek ry tot voor die woonstelblok en sit voor my en uit staar. Ek ruk my self reg, ek het ’n klomp bokse om nog uit te pak, my woonstel moet leefbaar wees voor môreoggend, dink ek by my self. Ek maak die kardeur oop en skielik is daar ’n gestalte langs my toe ek uitklim. Ek los ’n gilletjie en wou net een lang gil gee toe ek besef wie dit is. “Bernice! Do you want to give me a heart attack?” gil ek van skok op haar.

“I’m sorry, didn’t want to frighten you Lisa.” vra sy om verskoning en ek kan hoor daar is ’n giggel in haar stem wat wag om te ontsnap, maar sy beteuel dit goed. “I followed you and lost you a few blocks back, when you took the turn off, but I kept on searching until I saw your car and thank God that you were still in it.” verduidelik sy. Sy weet net nie hoe dankbaar ek is nie. “Your note must have blown off from my door, I only found it after eight this evening. You have just left when I arrived at Sunny Park. I flashed my headlights but unfortunately you didn’t see me.” Ek kan aan haar stem hoor dat sy bly is om my te gekry het. Sy kyk op teen die hoë gebou. “So this is your new home?” vra ek en sy knik instemmend.

“Please don’t expect to much, it’s small and I haven’t finished unpacking yet. I only moved in today.” maak ek by voorbaat verskoning vir my deurmekaar woonstel. Sy trek vir my groot oë en ek kan maar net lag.

 

               Gou-gou is my bokse uit sorteer. Bernice het alles wat badkamer gemerk is in die bad gepak, alles wat kombuis gemerk is, op die opwasbak gesit en vinnig is my sitkamer leeg. Nou is daar plek om te sit en ek plof sommer op die bank neer. Ek vra of sy wil koffie hê en Bernice bied aan om te gaan maak. Ek maak my oë vir ’n rukkie toe, of wat vir my soos ’n rukkie gevoel het. Ek skrik wakker toe sy aan my wang raak. Ek’s effens verward en toe besef ek, dis my woonstel én dis oggend. “It’s morning!” gil ek en vlieg van die bank af op.

“Yip, I didn’t want to wake up last night. Hope you don’t mind, but I slept on your bed.” lig sy my vlugtig in. Ek glimlag verleë, want wat het sy met my onderklere gemaak wat gesaai was oor die bed, wonder ek.

 

               Ek en Bernice ry na my werk toe, want ek wil my verlof gaan verleng. Ek werk by een van die eerste privaat hospitale in Pretoria en dit behoort aan die de Muelenaer dokters, waar ek ontvangs klerk vir die afgelope vyf jaar is. Die beampte by menslike hulpbronne verstaan my probleem en ek kon my verlof met nog twee weke verleng. Bernice wag vir my by die kar en ek glimlag breed toe ek uit die gebou kom. Sy maak my deur vir my oop en ek vertel haar dat alles gereël is, dat ek nog twee weke verlof het. “Now I can relax and unpack at my own pace.” Sy glimlag, sit haar hand op my been en gee dit ’n stywe druk.

“I’ll help you unpack, I’m off until Sunday.” bied sy haar hulp aan, maar ek wil nie hê sy moet my help uitpak nie. Dit sal wel lekker wees as sy net daar is, by my is. Ek knik instemmend en sy glimlag tevrede.

 

               Terug by die woonstel staan daar ’n Telkom bakkie. “Oh good, now I can have a phone too.”

“Remembered to give me the number, because I’m not letting you go, ever again.” Bernice kyk liefdevol na my toe sy dit sê en toe dit lyk of sy my wil soen, draai ek vinnig weg en spring uit die kar uit. Ek draf na die tegnikus wat besig is om in die bakkie in te klim en vra of hulle dalk vir my hier is. Hy bevestig en stap saam na my woonstel. Verslae volg Bernice ons en ek bid stilletjies dat die tegnikus nie te gou moet klaarkry nie. As hy nou moet loop, sal sy my konfronteer en ek gaan nie weet wat om haar te antwoord nie. Gelukkig sukkel die outjie ’n bietjie met die drade en na ’n uur en ’n half se gespook bied ek vir hom eers koeldrank aan. Ek en die tegnikus gesels sonder ophou en toe ek weer kyk het Bernice verdwyn. My telefoon is geïnstalleer en hy maak aanstaltes om te loop, ek probeer hom omkoop met nog koeldrank, maar hy wys dit van die hand. Hy verdwyn in die gang af en ek maak die deur toe.

“Lisa!” roep Bernice na my. Hier kom dit nou, dink ek. “I hope you like it?” Sy kom haal my en lei my eers badkamer en toe slaapkamer toe. My mond val oop en ek kry nie ’n woord uit nie.

“It’s beautiful!” is al wat ek uitkry toe ek tot verhaal kom. “This is where you were hiding when the Telkom guy was here?” Die kunstenaar in haar, het my badkamer en slaapkamer versier en dit lyk fantasties. Nou weet ek nie of ek net moet dankie sê nie en of ek haar moet dankie soen nie. As ek haar gaan soen, gaan sy die verkeerde gedagtes dalk kry, dink ek. Ek besluit teen die soen en sê maar net dankie.

“I’m hungry, I’ll be back in a while.” sê sy en vlieg by die woonstel uit. Nie lank nie en sy staan met ’n plastieksak voor my. “Burgers!”

Ek kyk haar vraend aan, hoe op aarde het sy so vinnig ’n eetplek in die omgewing in die hande gekry, wonder ek. “Where did you find it.” vra ek nuuskierig.

“The Casbah is just down the road, in Voortrekkers road.” lig sy my in.

“But how did you know it’s there, how long are you in Pretoria?”

“Two years Hun. I’m very observant, I don’t miss a thing.” sê sy en knipoog weer vir my. Sy gaan sit op die bank en maak een van die burger oop. “Do you mind sharing, because it’s to big for me?” Ek stem saam, dis verskriklike groot hamburgers en ek kry vir haar ’n mes. Sy deel die burger en gee die helfte vir my. Haar vingers raak aan myne en ’n rilling gaan deur my lyf. Ons oë ontmoet en haar oë hou myne gevange. Met moeite skeur ek my oë weg van hare en vat ’n hap van my hamburger. Ons eet in stilte en kyk nie weer na mekaar nie. Na ete maak sy verskoning dat sy moet ry. Ek wil saam met haar kar toe stap, maar verkies dat ek eerder in die woonstel bly. Ons waai vir mekaar en sy verdwyn in die hysbak in. Dit voel vir my of ek iets verkeerd gedoen het, want skielik is alles kort geknip. Dit voel of die aand bederf is en ek wonder wat ek dan verkeerd kon gedoen het, hoekom het sy so vinnig besluit om te gaan.

Wat ek nie geweet het nie is dat Bernice vir omtrent ’n uur in haar kar voor my woonstel gesit het voor sy gery het. Sy is besig om gevoelens vir my te ontwikkel en sy glo nie dat ek dieselfde voel nie, ek was immers aan ’n man verloof en het een keer pertinent gesê dat ek nie gay is nie. Sy voel sy kry gemengde seine van my kant af en sy weet nie hoe om dit te vertolk of te hanteer nie.

 

                Dis Maandagaand en ek besluit om Bernice te gaan verras by After Dark. Dis amper ’n week wat ek laas van haar gehoor het. Sy’s nie daar nie en hulle lig my in dat sy verlof gevat het. Sy sal vir die volgende vier maande nie by hulle optree nie. Ek’s geskok om dit te hoor, hoekom het sy nie vir my daarvan gesê nie, teleurgesteld ry ek terug na my woonstel. Die Woensdagaand vat ek ’n kans om haar te gaan soek by die kroeg in Sunnyside. Ek stap binne, maar sien haar nie. Ek kyk rond, maar dis ook so donker dat ek nie gesigte kan herken nie en toe meteens hoor ek haar sexy hees stem, sy lag kliphard. Ek stap nader, sy sit by een van die tafels in ’n donker hoekie, omring met ’n klomp vrouens. Hulle giggel vir haar elke beweging en as een van hulle iets kwytraak, bars Bernice uit van die lag. Sy is beslis gedrink en ek besluit om nie nader te gaan nie. Ongelukkig gewaar sy my net toe ek wou omdraai.

“Lisa!” gil sy my naam uit. Sy is so getrek. Ek draai terug en glimlag vir haar. “Have a drink with me!” roep sy kliphard. Ek hou my hand omhoog en skud my kop.

“Let me take you home Berni.” vra ek amper smekend. Sy is nie haar self nie en die ander om haar is ook gedrink, niemand sal kyk dat sy veilig by die huis kom nie.

“In a while Hun, in a while. One for the road barman!” bulder sy vir die queen agter die kroegtoonbank. Ek loop tot by haar en gluur eers die kroegman aan, hy begryp en bêre die vodka bottel.

“Bernice, please. Let me take you home?” Ek vat haar arm en trek haar amper twee meter lange lyf van die stoel af op. Sy wou nog teëpraat, maar ek gluur haar kwaai aan.

“What about my car?” mompel sy nou. In haar dronk toestand onthou sy darem nog haar kar.

“We can come back for it tomorrow.” probeer ek haar gerusstel, maar sy wil niks weet van haar kar by die kroeg los nie. “Okay, okay! I’ll leave my car here and we can go in your car!” vererg ek my nou vir die dronk vrou. Jade, een van die butch kroegmeisies help my om Bernice kar toe te vat. Ek gordel haar vas en klim agter die stuur van haar kar in. Ek besluit om eerder na haar meenthuis te gaan, dit gaan makliker wees daar as by my, want dan moet ek met haar sukkel by die trappe en die hysbak.

               Ek sukkel om haar uit die kar te kry en sy trek los en begin sing. “It’s Lisa with a es not Liza with a zee!” Vader nou sukkel ek nog met ’n dronk Liza Minnelli ook, giggel ek by die gedagte. Stokflou lê ons al twee op haar bed, ek wurm my self onder haar lang lyf uit en gaan sluit die kar en die voordeur.

Ek bied nie eers vir haar koffie aan nie, want sy snork soos sy slaap. Ek sak uitgeput op die bank neer met ’n beker koffie in die hand. Hoekom sou sy so gedrink het, wonder ek.

 

               Vroeg die volgende oggend is ek wakker en gaan kyk of Bernice nog slaap en of sy okei is, maar sy is nie in haar bed nie. Ek hoor stortkrane oop draai en is verbaas dat sy so vroeg op is na haar aand se drinkery. Ek gaan sit solank die ketel aan, want sy gaan beslis wil koffie hê as sy klaar gestort het. Sy strompel die sitkamer binne, kaal bolyf net met ’n kortbroek aan en ek verkyk my weer aan haar goed gevormde borste. Sy het beslis nié die lyf van ’n vyftigjarige en ek kry skoon skaam vir my borste wat hang op ’n skamel ouderdom van dertig. Bernice gaan sit op die bank, sy sien my nie eers raak nie. Ek praat met haar, maar sy hoor niks. Ek stap nader en roep haar naam, die keer bietjie harder. Sy sit lê op die bank en lig haar kop effens op. Sy maak haar een oog net op ’n skrefie oop. “How did you get in?” vra sy en maak haar oë weer toe.

Nee, wat, sy kan niks van die vorige aand onthou nie. Ek maak haar toe met die deken wat ek deur die nag vir my gebruik het toe dit begin koel word, het. “I’ve slept here Bernice.” vertel ek haar. Die ketel kook en ek gaan maak vir ons koffie. Ek vat vir haar koffie en twee pyn tablette, ek dink daai kop is lekker seer vanoggend.

“Where did you find me?” vra sy ’n snaakse vraag of kan sy net nie onthou waar sy was nie.

“At the pub.” antwoord ek.

 “Yes, but how did you find me?” vra sy weer en ek verstaan nou wat sy bedoel, sy wou nie hê ek moes haar kry nie.

Ek vertel haar dat ek by After Dark was en daar moes hoor dat sy vir die volgende vier weke nie gaan optree nie en dat ek toe ’n kans gevat het om haar hier by die kroeg te kom soek. Ek vra haar uit na die verlof wat sy gevat het en my vermoedens was re, sy wou nie hê ek moes haar kry nie. Sy het egter gedink ek sou nie onthou het waar die kroeg is nie, maar het haar duidelik misgis. “Why? Why did you come and look for me? You don’t want me and I want to be more than friends.” vra sy reguit en ek is met stomheid geslaan.

Hoekom hét ek na haar gaan soek ... ek weet nie ... of voel ek meer vir haar as net ’n vriendin ... maar ek is nie gay nie, hoe kan ek iets meer voel, vra ek my self die vraag af.

Bernice vlieg van die bank af op. “Don’t you get it Lisa ... I’m falling in love with you!” skree sy dit amper uit en storm badkamer toe. Ek kyk haar verskrik agterna. Die reuk van Brut kom na my toe aangesweef en ek maak my oë toe. Ek sê haar naam oor en oor in my gedagtes. Ek verstaan my self nie, ek is nie gay nie, maar sy maak iets binne-in my wakker. Ek hoor haar werskaf in die kombuis en maak vinnig my oë weer oop. Sy’t ’n lang wit hemp aan met ’n swart kortbroek. Sy lyk sexy in swart en wit. Ek loop tot agter haar en sit my arms om haar lyf, ek raak per ongeluk aan haar bors en ’n tinteling gaan deur my lyf en beslis deur hare ook. Ek maak iets in haar ook wakker. Ek lê my wang teen haar rug en vra my self wat ek moet doen. Is ek reg vir ’n verhouding en dan nog ’n gay verhouding daar by? Is ek dalk gay, dis hoekom my verhouding met Johan nie gewerk het nie, wonder ek. Ek maak my arms om haar los en draai om terug sitkamer toe, maar sy gryp my aan die arm en ruk my terug tot teenaan haar. Ons maak oogkontak vir ’n breukdeel van ’n sekonde voor ek haar lippe op myne voel. Sy soen my met oorgawe, ek soen terug, daar is nou geen keer aan my nie, aan ons nie. Sy hou my op soen en fluister teen my oor. Sy fluister dat sy hunker na my liefde, sy hunker om my lyf teen hare te voel, sy hunker om my, hare te maak. Sy lei my slaapkamer toe en ek gee my self aan haar oor. Ek word soos klei in haar arms en ek beleef my eerste passievolle nag, saam met ’n vrou.

 

               Ek woel my self los uit haar greep. Dis drie-uur die oggend en ek stap sitkamer toe. Dit voel of ek droom, ek sak op die bank neer. Ek dink aan wat vroeër gebeur het, dis nie reg nie, ek kan nie op ’n vrou staan en verlief raak nie, dis verkeerd. Ek voel nie my self nie. Ek is nie gay nie, dit kan nie ... ek moet hier uitkom! Ek moet gaan perspektief in my woonstel, op my eie kry. Ek wip soos ek skrik toe Bernice agter my vra of alles reg is. Ek wil vir haar uitgil, nee, alles is verkeerd. Ek moes nooit by daai verdomde kroeg ingestap het nie. Ek sluk aan ’n knop in my keel en vlieg op. Ek moet hier uit. “I have to get back to my flat!” verduidelik ek amper histeries.

“Lisa, your car is still at the pub, shall we go and get it?” vra sy en ek kan hoor sy klink bekommerd. Ek knik net en volg haar na haar kar toe. Die hele pad Sunnyside toe praat nie een van ons twee nie. Ons groet en ek klim in my kar ... ek voel veilig.

 

               Terug by die werk kan ek nie konsentreer nie, ek bly dink aan daardie aand by Bernice. Dis ’n week sedert ons liefde gemaak het en ek kom nie sovêr om haar te bel. Sy het ook nog nie kontak met my gemaak nie, sy gee my dalk ruimte, dink ek. Die dag is lank en ek is bly toe vier uur uiteindelik aanbreek. Ek stap na my kar toe en snak na my asem, Bernice staan daar vir my en wag. Ek het gemengde gevoelens, ek’s in ’n tweestryd en weet nie wat om te doen nie.

“I thought I’d surprise you.” sê sy en lyk opgewonde om my te sien. Wel, sy het my beslis verras, want sy was die laaste persoon wat ek vandag hier verwag het. Ek dwing ’n glimlag op my gesig en voel half skuldig omdat ek nie ook bly is om haar te sien nie. Sy buk af om my te soen en ek draai my kop weg, sy soen my op my wang en frons. “Lisa? Something wrong?”

Ek kan my self nie keer nie, hoe ek nou voel moes net uit. “Bernice, I’m not gay!” sê ek en haar gesig vertrek vir ’n sekonde van pyn, maar sy ruk haar self dadelik weer reg.

“I see.” is al wat sy uitkry. Ek het sop pas hierdie vrou hier voor my se hart gebreek. Ek wil haar keer, vir haar sê ek’s jammer, sy moet my dalk net kans gee, dis vreemd vir my. Ek verstaan nie die gevoel in my nie ... ek is lief vir haar. Bernice ek is lief vir jou, maar dis te laat. Haar kar trek weg in ’n stofwolk. Ek voel ellendig, ek klim in my kar. Verslae sit ek voor my en uit staar, ek voel so verlore. Wat het ek gedoen, vra ek my self.

 

               Twee weke gaan verby voor ek die moed bymekaarskraap om Bernice te bel. Daar is geen antwoord nie en ek besluit dat ek na werk by haar ’n draai sal maak. Die dag sleep verby en ’n paar keer probeer ek weer haar nommer bel, maar dit lui net. Dis uiteindelik vieruur en ek ry na haar meenthuis. “She moved about a week or so, ago.” stel die bure my in kennis. My hart gee ’n ruk, ek klim in my kar en ry na my woonstel toe. Ek is soos ’n zombie by die werk en kan nie wag vir Sondag om aan te breek sodat ek kan kroeg toe gaan om haar daar te gaan soek nie, maar sy is ook nie daar nie. Dis asof sy van die aardbol af verdwyn het. Ek gaan sit by die kroegtoonbank en bestel vir my ’n drankie. Die queen agter die toonbank kry my jammer, hy tik aan my arm en leun oor die toonbank om my iets te vertel.

“Doll, sy is terug New York toe.” lig hy my in en gee my arm ’n vryf, om te simpatiseer, wonder ek. Dit voel of my keel toe trek en ek kry nie asem nie. Hoekom, wonder ek. Omdat ek haar soos drek behandel het, beantwoord ek die vraag wat ek aan my self gevra het. Ek wil huil en gil tegelyk. Die queen kom agter die toonbank uit en kom sit langs my. “Sy het ons gevra om stil te bly, ons moes niks vir jou sê as jy sou kom navraag doen nie, maar ... jy is lief vir haar né? Jy het dit nou eers besef toe jy haar verloor?” sê hy en dis alles die waarheid. Dis presies hoe ek voel en nou het ek haar verloor, dalk verewig verloor.

 

               My hart bloei en ek gaan elke dag bietjie vir bietjie dood. Bernice het daardie dag wat sy by my weggejaag het, dadelik kroeg toe gery en iemand gevra om haar meenthuis in die mark te sit, teen ’n belaglike goedkoop prys. Sy het huis toe gery, haar klere gaan pak en toe Jan Smuts lughawe toe gery. Daar het sy gesit en wag totdat daar vir haar ’n vlug New York toe, beskikbaar was. Sy was verpletter en kon nie langer hier in Suid-Afrika bly nie.

Elke Woensdagaand ry ek kroeg toe om te gaan hoor of Bernice iets laat weet het en elke keer skud die queen sy kop ontkennend. Ek drink een drankie en weier dat iemand die stoel langs my vat, net vir ingeval Bernice hier opdaag. So gaan dit vir maande en later vir jare aan.

 

             Ons gaan ’n nuwe era binne, dis die laaste dag van 1999 en die kroeg is in rep en roer. Ek help versierings ophang, ons gaan 2000 met ’n groot gejuig binne gaan. Ek is al ’n bekende gesig in die kroeg en niemand kom vra meer die stoel langs my as ek by die kroeg sit nie. Vyf jaar het al verloop en nog steeds hoor ek niks van Bernice nie en nog steeds loer ek Woensdae aande daar in en elke keer skud José, die queen agter die kroeg, sy kop heen-en-weer.

Die jaar 2000 het goed begin en ons geld was toe darem veilig in die banke en die wat water voorraad bymekaargemaak het, nodeloos om te sê, maar dit was verniet. Dit gaan maar moeilik om te praat van 2000. Ek het al ’n paar keer van negentien tweeduisend gepraat en dan skater almal om my.

 

               Dis vandag presies nege jaar na daardie vieslike dag, wat ek Bernice se hart gebreek het. 24 Oktober 2004 en ek het nog niks weer van haar gehoor nie. Sy het teen die tyd al seker iemand ontmoet en van my vergeet, dink ek. Dit gaan al beter, maar my hart is party dae, soos vandag weer, bitter seer. Ek gaan nog gereeld die afgelope nege jaar kroeg toe om iets te hoor van Bernice, maar tevergeefs. Die stoel langs my in die kroeg het nou al ’n permanente kennisgewing en as ek daar is sit José dit vir my op die stoel. “Sorry seat taken.”

“José, dis vandag presies nege jaar dat Bernice weg is.” sê ek en voel lus om te huil. Hy kyk na my en trek net sy skouers op. Ek vermoed dat hulle vir my leuens vertel die afgelope nege jaar, Bernice was so gewild en geliefd in die kroeg, hoekom sou sy geeneen van hulle kontak nie.

Die vertoning begin soos elke Sondag vir die afgelope nege jaar, ek staar na die verhoog, maar luister nie meer na wat hulle sing nie. ’n Skielike stilte in die kroeg laat my verwilderd rondkyk en die kollig word aangeskakel op die verhoog. My hart klop vinniger, ’n liedjie van Liza Minnelli begin speel en ek kry ’n pyn in my bors. Dis my hart wat pyn van verlange, van spyt en ek dink aan daardie eerste keer toe ek haar op die verhoog gesien het. Ek kyk en soek op die verhoog rond. Mismoedig sak ek terug op my stoel, want ’n klein kort mannetjie stap op die verhoog en begin Money, Money, Money van Liza sing. Dan stap hy op die verhoog rond en verduidelik dat hy Liza with a zee and not Lisa with a es is. Ek dink terug aan hoe Bernice dit altyd andersom vir my gesing het.

“Sorry is this seat taken?” vra iemand ’n onnosele vraag. Almal in die kroeg weet al niemand sit langs my nie én daar is ’n kennisgewing op die stoel. Ek vervies my en vlieg om.

“Are you blind, can’t you see the ...” ek voltooi nie my sin nie. Ek staan sprakeloos, trane begin oor my wange loop en ek staar net na haar.

“Well Hun, is this seat taken or not?” vra Bernice weer.

“No, I’ve saved it for you ... for nine years.” Ons omhels en soen mekaar met oorgawe.

José het haar op hoogte gehou van elke besoek aan die kroeg, elke navraag wat ek omtrent haar gedoen het. Bernice wou my genoeg tyd gee, sodat ek moes seker wees dat ek haar wou hê, dat ek haar waarlik lief het. Daarom dat sy besluit het, dis nou tyd om terug te kom.

Sy soen my met soveel passie en hartstog en dit voel of sy nooit weg was nie.

No comments:

Post a Comment