Die regte Keuse


So sit ek ’n drankie en drink by die kroegtoonbank toe twee gorgeous vrouens by die kroeg instap. Ek sou hulle nie gesien het as Abrie hulle nie vir my uitgewys het nie.

Hy sukkel al die afgelope jaar om vir my ’n meisie te kry en elke nuwe gesiggie wat hier instap is vir hom ’n uitdaging. ’n Uitdaging om my en haar bymekaar te bring.

Die keer is ek geïnteresseerd want hulle is, skat ek, tussen 50 en 55 jaar. Daar is net iets aan sekere ouer vroue wat ek onweerstaanbaar vind en die tweetjies is juis in beide kategorieë, veral die ouer een.

Ek draai terug na Abrie en laat hoor met ’n groot sug: “Ag, hulle is seker ’n couple, los hulle uit.”

Soos ’n tipiese nuuskierige ‘queen’, spring hy agter die kroegtoonbank uit en stap reguit na hulle toe. Kort-kort loer ek na hulle. Dis ’n gelag en dan beduie Abrie iets, want mens sien net arms swaai. Dis een ding van Abrie, hy kán sy kliënte vermaak.

 

               Hier is ’n paar gereelde kliënte soos ek, wat amper elke aand hier is, die wat net naweke hier kom en dan die wat ten minste een keer ’n week kom oë wys. Die kroeg is net op Maandae toe, sodat hulle drank aankope kan doen en ’n breek van die lawaaierige kroeg gangers kan kry. Angels & Demons Tavern is seker die enigste gebou in Suid-Afrika waar mens nog binne-in die gebou mag rook. Daar is ook ’n groot kennisgewing buite, wat nie-rokers waarsku. “Entering a smoking zone – Be aware!” Ek dink dis hoekom Angels & Demons Tavern so gewild is onder die gay gemeenskap, want hulle het nie nodig om elke keer buite te gaan staan om te rook nie.

Abrie storm op my af en demp ’n gilletjie. “Oe! Suster!

Ek rol my oë en vra sugtend: “Wat is dit Abrie?” Hy kan soms so melodramaties wees.

“Girl, jy is in vir ’n surprise! Sy is van New York en haar aksent is nét so sexy soos wat sy is.” Abrie klink so opgewonde en wag dat ek die res uit hom moet uittrek.

“Ja, kom nou Abrie, vertel!” sê ek ongeduldig.

Hy steek sy hand in die lug om my stil te maak. Wink ’n kelner nader en sit twee drankies op ’n skinkbord en beduie na die twee vrouens.

Hulle waai vir Abrie toe hulle die drankies kry en hy blaas soentjies na hulle toe.

“Goed! Eerste dinge eerste.” sê hy en kom staan nader aan my.

Ek steek ’n sigaret op want hier kom nou ’n lang gesprek, dink ek by my self.

“Leigh, dis nou die grys kop tannie, is single en is hier met vakansie van New York af.” sê Abrie met ’n glimlag en knik vir my oog.

“Abrie! Hoe kan jy van ’n tannie praat?” vermaan ek hom.

“Wel, ek’s 25 en sy’s 55. Dít maak haar ’n tannie vir my.” sê hy ver ergerlik.

My oë rek. “Hemel jong! Het jy wragtig nog hulle ouderdomme ook gevra?” vra ek en kan maar net my kop skud.

Asof daar niks verkeerd is nie, gaan hy net aan met praat. “Die ander een, Stacey, is haar vriendin en ook single. Hulle is al vir 20 jaar vriende. Stacey bly in Hatfield en het tot verlede jaar November nog in New York gebly.” Abrie lyk baie selfvoldaan, na hy al die inligting met my meegedeel het. “O ja! Sy’s 50.” sê hy en giggel.

Ek trek aan my stompie en druk dit dood in die asbak. Ek kry skaam vir sy part, dat hy wildvreemde vrouens vir hulle ouderdomme kan vra.

“Leigh... ” Abrie aarsel ’n oomblik en vervolg. “Leigh is perfek vir jou.”

“Nou hoekom dink jy, sý, is perfek vir my?” vra ek en sidder om aan die verduideliking te dink.

“Sy het so ’n diep husky voice, sy’s sexy en sy kan sing. Sy’s nie te butch nie, maar glad nie fem nie.” verduidelik hy.

“En met daai eienskappe is sy nou miss perfect?” vra ek en vererg my so dat ek sommer weer ’n sigaret aansteek.

“Des, jy rook te veel én sy’s oud!” sê hy sommer alles so in een asem en koes net betyds toe ek hom ’n klap wou gee.

“Aubrey!” sê iemand hier agter my. Sy het ’n diep heserige stem, nes Abrie gesê het.

Ek draai om en kyk vas in Leigh se boesem. Stadig laat gly ek my oë daar oor. Ek volg die opening van haar swart hemp, op teen haar kraag en ons oë ontmoet. Daar is ’n vonk tussen ons en my knieë word lam toe sy vir my glimlag. Sy bly na my kyk met haar donker groen oë.

Abrie het nie oordryf nie, dink ek vlugtig by my self. Sy’s sexy ’n lang vrou, met die donkerste groen oë wat ek nog gesien het en haar stem... ek hoor nie wat sy sê nie, ek luister net na haar diep hees stem. Ek kry vlinders in my maag. Dié vrou sal mens in ’n orgasme kan inpraat, dink ek vulgêre gedagtes.  Ek word uit my gedagtewêreld geruk toe iemand langs my praat.

“Leigh! Can’t you see she’s getting uncomfortable?” sê Stacey en vat aan my skouer.

Ek draai na haar en vir die tweede keer daardie aand fladder die vlinders in my maag rond. Sy is jonger as Leigh, maar net so sexy. Sy het blou water poele vir oë en dit hou my vasgevang.

“My god, you are beautiful!” sê Stacey hardop, wat sy eintlik gedink het.

Leigh het nou ook tot verhaal gekom en beaam Stacey se stelling.

Vir ’n oomblik voel ek selfbewus, vryf oor my hare en gee ’n verleë laggie. Die twee neem plaas weerskante van my en ons begin gesels soos ou vriende.

Hulle bestel drankies en vra my wat ek wil drink. Ek haal ’n sigaret uit die pakkie en albei gryp gelyk na die aansteker wat om die toonbank lê, ’n glimlag pluk aan my mondhoeke. Leigh rook ook en haal haar sigarette uit haar hempsak.

Ek verkyk my aan die twee vrouens terwyl hulle my met hulle geselskap vermaak. In die afgelope jaar was ek nog nooit so geprikkel deur ’n vrou nie en vanaand is hier sommer twee, dink ek by my self.

Toe hulle weer drankies bestel, vra ek vir Abrie om vir my ’n skoon kola drankie te gee, ek wil nie sommer die eerste aand, al my inhibisies oorboord gooi nie. Ek voel hoe my wange warm word, by hierdie gedagte en is op hierdie oomblik baie bly dat ons in kroeg sit waar dit skemer lig is.

 

               Dis Vrydagmiddag en ek sit reeds in Angels & Demons. Ek het sommer direk van die kantoor af hier kom stop. Vir die eerste keer in 10 jaar, het ek vir twee aande nie kroeg toe gekom nie. Ek moes net wegbly want nadat ek Stacey en Leigh ontmoet het drie aande terug, was ek bang dat ek onverantwoordelik sou optree.

Vir die afgelope jaar is ek enkellopend en selibaat. Skielik ontmoet ek in een aand twee van die aantreklikste ouer vrouens ooit... ek het my self nie vertrou nie. Ek het twee aande terug ’n koue stort geneem en vroeg gaan slaap, maar gisteraand moes ek net verby die kroeg ry. Soos ek gedink het, staan die silwergrys BMW voor Angels & Demons en met moeite het ek verbygery terug na my huis toe.

Abrie is verheug om my weer te sien. “Haai doll, waar was jy? Almal het jou gemis.” vra hy.

Sonder om ’n oog te knip vertel ek ’n leuen. “Ek het werk huis toe gevat en was die afgelope 2 dae besig daarmee.”

“Leigh en Stacey het na jou gevra.” vertel Abrie my so in die verbygaan.

“En wat het jy gesê?” vra ek belangstellend.

“Ag, ek het my skouers opgehaal en vir hulle gesê ek weet nie van wie hulle praat nie.” skerts hy.

Hy koes toe ek hom met een van die coasters wou gooi en lag te lekker agter die kroeg. Abrie leun oor die toonbank en vervolg: “Hulle was baie teleurgesteld toe jy nie opdaag die afgelope twee aande nie.”

“Wat sê hulle van my? En gaan hulle vanaand hier wees?” vra ek nou baie nuuskierig.

Abrie trek sy skouer op en gaan bedien een van die ander kroeg gangers.

Ek het net ’n sigaret opgesteek toe Abrie na my roep. Ek kyk op en hy beduie met sy kop deur se kant toe. My hart klop in my keel toe ek omdraai en Leigh en Stacey in die deur gewaar. Ek snak na my asem toe hulle nader stap. Leigh het ’n swart broekpak aan met ’n lang swart baadjie en Stacey het ’n swart hemp en blou denim broek aan. Hulle lyk ongelooflik sexy, dink ek by my self. My hart raak onstuimig toe Leigh af buk en my ’n drukkie gee. Stacey leun vooroor en soen my op die voorkop. Die twee glimlag breed en neem weer weerskante van my plaas.

 

               Daar is ’n oop tafel en Leigh stel voor dat ons eerder daar gaan sit. Ons staan op en Stacy sit haar arm om my lyf. Dit voel soos elektrisiteit wat deur my lyf ruk en met moeite beheer ek my asemhaling. Leigh loop voor en trek my stoel uit voor sy plaas neem. Stacey wag totdat ek sit voor sy ook gaan sit. Bewerig haal ek ’n sigaret uit die pakkie en toe ek dit tussen my lippe sit, haal Leigh dit weer uit om dit vir my op te steek. Haar vingers raak vlugtig aan my lippe en weer voel dit soos elektrisiteit wat deur my lyf ruk. Leigh gee die brandende sigaret vir my terug, ons hande raak aan mekaar en die begeerte om haar te soen, is groter as daardie aand toe ek haar ontmoet het.

Leigh begin my vertel van New York en ek hang aan haar lippe. Sy vertel my van haar singery in die klubs daar en dat sy beplan om binnekort op Broadway op te tree.

Haar hees stem prikkel my geweldig en ek probeer bitter hard om haar nie te vra om my te soen nie. Ek konsentreer weer met moeite en hou haar soen bare lippe dop. Ek voel haar lippe op my nek, teen my keel af... my asemhaling raak vinniger en net toe ek my oë wou toemaak vat Stacey aan my skouer. Sy druk ’n drankie in my hand en begin my vertel van haar ervaring in New York, hoekom sy daarheen emigreer het en hoekom sy na 20 jaar weer teruggekeer het na Suid-Afrika.

Sy het nie Leigh se hees stem nie, maar daar is net iets in haar wat my verskriklik prikkel, my bene word lam elke keer dat ek na haar kyk en probeer hard om nie weer in ’n beswyming te raak soos vroeër nie.

Soos die aand vorder, raak hulle al hoe meer aan my. Eers was dit net vingerpunte wat raak, kante van hande wat skuur, maar nou vat hulle openlik aan my hand, aan my skouer, of my arm. Daar was ook ’n keer wat Stacey haar hand agterop my kop gesit het en met my hare gespeel het.

Ek wil uitgil dat hulle net my hormone omkrap, maar weerhou my daarvan. Ek spring op, maak verskoning en stap kleedkamer toe.

Verbaas kyk hulle my agterna en dan na mekaar. “Do you think I’m coming on to strong?” vra Stacey vir Leigh.

Leigh skud haar kop ontkennend. “I think she’s overwhelmed because we are both interested in her.” antwoord sy.

 

               My beeld weerkaats terug in die spieël en ek herken my self nie. Ek durf nie my gesig afspoel nie, want dan is al my grimering daarmee heen. Die koue water loop oor my hand en ek druk bietjies-bietjies agterop my nek, wens dat ek eerder onder ’n koue stort kon staan. Na ek die kraan toegedraai het stap ek die toilet hokkie binne, ek laat sak die klap van die toilet en gaan sit daarop. Die aand se gebeure flits deur my kop. Ek hou van al twee en ek kan aanvoel dat hulle ook dieselfde oor my voel, maar ek sal een van hulle moet kies, dink ek by my self. Ek wip soos ek skrik toe ek my naam hoor.

“Desiree are you okay?” roep Leigh na my in haar bekende hees stem.

“Yes, yes... I’ll be out in a minute.” struikel ek oor my woorde.

Sy staan vir my en wag toe ek die deur oop stoot. Ek glimlag vir haar en stap wasbak toe om my hande te was. Ons is alleen in die kleedkamer. Leigh kom staan agter my en ek kom regop. Ek voel haar kurwes teen my en ons oë ontmoet in die spieël. Sy vat aan my skouer en ek kan voel sy wil hê dat ek moet omdraai. My hart klop wild en ek bewe liggies. Ek draai om en sy tree nader aan my. Ek voel aan die beweging van haar kurwes dat haar asemhaling vinniger word. Haar gesig is by myne, my oë vasgevang in hare. Ek hou my asem op, sy soen my op my voorkop, teen my slape... ’n bewerige sug ontsnap uit my mond en ek trek my asem stadig en geluidloos in. Leigh se lippe is op my wang en ek voel hoe haar lippe na my mond soek...  Die kleedkamer deur swaai oop en sy tree weg van my af.

“Here you are!” roep Stacey uit.

Leigh kyk nie in my rigting toe sy die kleedkamer verlaat nie.

Vir ’n breukdeel van ’n sekonde staar ek haar agter na voor ek bewus word dat ek nie asemhaal nie. Hoorbaar trek ek ’n asem teug diep in my longe in en forseer ’n glimlag op my mond toe Stacey my aan die hand vat.

“Are you okay?” vra sy my.

Ek knik instemmend en saam stap ons terug tafel toe. Leigh is nie daar nie en ek begin wild rondkyk in die kroeg. Ek sug van verligting toe ek haar by die kroeg toonbank sien staan. Sy slaan ’n drankie vinnig weg en bestel nog drie.

“Shooters!” roep sy uit toe sy by die tafel kom.

Elkeen gooi die shooter in sy keel af en ek trek ’n gesig omdat dit so sterk is en eintlik sleg proe ook. Leigh lag te lekker daaroor en bied aan om nog ’n rondte te gaan koop. Ek wys dit van die hand en maak verskoning dat ek huis toe moet gaan, want dis al laat. Albei stem saam en vergesel my kar toe. Voor ons groet maak ons eers ’n afspraak om mekaar die volgende dag by Hartbeespoortdam se vlooimark te ontmoet.

 

               Die naweek het heeltemal te vinnig verbygegaan. Saterdag het ons by Harties gekuier, pannekoek geëet en saam met die olifante gaan stap. Sondag was ons by Montana traders, Ray Dylan het daar opgetree en Leigh is natuurlik mal oor sy musiek, al verstaan sy nie ’n woord wat hy gesing het nie.

Daarna het hulle my Stacey se huis gaan wys. My mond het oopgeval, dis ’n paleis. Hulle het my bederf en vir my ’n eg Amerikaanse ete gekook. 7 Uur daardie aand is ek eers by hulle weg, nadat ons het sel nommers uitgeruil.

Ek was skaars by die huis toe die eerste SMS deurkom, eers van Stacey en kort daarna van Leigh. Hulle bedank my vir ’n wonderlike naweek en dat hulle gek is oor my. Die gevoel is natuurlik wederkerig en ek noem dit ook in die SMS’e wat ek terug stuur vir elkeen.

 

               Die weke vlieg verby. Leigh het nog nie weer probeer om my te soen nie. Teleurgesteld verlaat ek hulle elke keer, tot ek hulle weer sien, dan vlam my hoop weer op. Daar is nog 2 weke oor voor Leigh moet terugkeer New York toe. Ons kuier nog by Angels & Demons Tavern, maar meer by Stacey se huis. Dis geselliger en meer privaat daar.

Hulle het my juis genooi om Vrydagmiddag deur te kom en die hele naweek by hulle oor te bly. Sonder om te huiwer het ek ingestem, want net dalk soen Leigh my die keer, het ek gedink.

Ek kon nie wag dat Vrydag aanbreek nie en uiteindelik stop ek voor Stacey se paleis van ’n huis. Die groot yster hekke swaai oop en ek ry deur ’n laning grasgroen bome tot voor die huis. Een van die bediendes kom uit en haal my tas uit die kar. Leigh verwelkom my in die portaal en maak verskoning dat Stacey winkels toe is om “last minute things” te koop, soos sy dit gestel het.

Sy vat my hand en lei my die trappe op. Ek snak na my asem toe ek my kamer sien. Alles is wit in die kamer, met hier en daar spatsels van lila.

“I’ll leave you to freshen up and will see you down stairs in a few minutes.” sê sy en soen my op die wang. Leigh huiwer ’n oomblik, trek my met een beweging nader en skielik is haar lippe op myne. Sy forseer my lippe van mekaar af en ek gee my oor aan haar hartstogtelike soen. Net so vinnig soos sy my nader getrek het, laat los sy my. Soen my op die voorkop en knipoog vir my.

“See you downstairs.” sê sy weer en verdwyn uit my kamer uit.

Ek sak op die bed neer, my vingers waar haar lippe sekondes vroeër was. ’n Begeerte om op te spring en haar terug te roep kry my beet. Ek wil haar terugroep, haar klere van haar lyf afskeur en haar smeek om met my liefde te maak. Die behoefte om haar nakende lyf op myne te voel laat my vinniger asemhaal, ek wil weer haar lippe op myne voel, ek wil haar lippe oor my hele lyf voel. Met die gedagte val ek agteroor op die bed en my hand raak aan my borste. My tepels is hard, gevoelig en wagtend op ’n tere aanraking en ek wens dat dit eerder Leigh se hand was wat op my bors gerus het.

Ek vlieg regop en probeer my self regruk. Al wat nou gaan help is ’n koue stort, dink ek by my self.

 

               Kaalvoet stap ek die trappe af sitkamer toe, daar’s niemand nie, maar stemme vêrder in die gang af laat my daarheen loop.

Stacey het intussen teruggekom van die winkels af en is verskriklik opgewonde om my te sien.

“I’m so glad you are here.” sê sy en kom plant ’n soen vol op my mond. “I hope you two are hungry, because I bought pizza.” vervolg sy en maak sommer die boonste pizza boks oop. Sy vat ’n skyf en hou die boks uit na my. Na die eerste hap voel ek hoe honger ek eintlik is. Leigh is besig om vir ons drankies te maak en roep een van die bediendes nader. Sy beduie dat hulle die drinkgoed en eetgoed buite na die swembad toe moet vat.

Elkeen met ’n skyf pizza in die hand stap ons swembad toe. Dis ’n lekker warm somers aand en net reg om buite te kuier.

Ons kuier die hele aand buite en 11 uur maak Leigh ’n voorstel dat ons moet swem. Ek lag en wys haar voorstel van die hand, want ek het nie swemklere saamgebring nie.

“You can swim in your birthday suit, nobody will see you except us.” sê Stacey en wys na haar self en na Leigh.

Ek wys dit skamerig van die hand en is seker dat ek nog gebloos het ook.

Stacey laat nie op haar wag nie, pluk haar T-hemp uit en duik in die water in.

Leigh het nou ook begin uittrek en kom staan voor my met net haar onderklere aan. Sy steek haar hand uit na my en toe ek dit vat, trek sy my regop. Leigh maak ’n groot strandhanddoek oop en hou dit voor my terwyl sy my oë met hare gevange hou. Asof ek gehipnotiseer is, trek ek my klere uit, vat die handdoek by haar en draai dit om my lyf. Ek loop tot by die kant van die swembad, laat val die handdoek en duik met my onderklere nog aan, die water in. Leigh volg my voorbeeld, sy swem eers ’n paar lengtes deur voor sy by my en Stacey aansluit.

Die water is ’n koele lafenis en dit help my bietjie nugter word ook, want my kop het al begin draai van al die mengeldrankies wat Leigh maak en aandra.

Die twee swem nou heeltemal kaal. Wanneer hulle hulle onderklere uitgetrek het, weet ek nie, maar daar is twee nat hopies onderklere op die rand van die swembad.

Leigh is glad nie skaam nie, sy klim uit die swembad en sonder om ’n handdoek om haar te draai, gaan haal sy vir ons nog pizza om te eet. Sy lyk beslis nie 55 nie, dink ek by my self en verkyk my aan haar groot ferm borste. Haar borste is mooi, goed gevorm en die tepels staan regop, asof hulle my uitnooi om my lippe om hulle te vou.

Sy klim in die water, die box met pizza in haar hand en sit dit agter my neer, waar ek teen die swembad se rand.

Leigh kom staan weer voor my en ek wonder of sy my weer gaan soen. Sy doen egter nie, staan net ’n ruk in my oë en kyk voor sy skuinsweg duik onder die water in. Ek voel half verlig en draai om sodat ek ’n skyf pizza uit die boks kan haal. Net toe ek ’n hap vat, kom Stacey van onder die water af op, agter my. Sy sit haar arms om my lyf en loop met my agteruit tot in die middel van die swembad, haar lippe skielik in my nek. Verwilderd begin ek rondkyk waar Leigh is, sy maak haar verskyning voor my van onder die water uit. Sy maak Stacey se greep om my los en vat my om my lyf. Ek voel die sagtheid van haar nakende lyf teen myne en dit prikkel my geweldig. My bra gly van my skouers af, Stacey het dit losgemaak en ek voel haar arms weer om my lyf. Sy lig my effens uit die water uit, my borste ontbloot, maar dit pla my nie op hierdie stadium nie.

Leigh se mond is op my borste, haar tong om my tepels, ek voel hoe sy aan hulle suig, eers die een dan weer die ander een... ek het geen verweer nie.

Stacey laat sak my weer terug in die water, Leigh se lippe is weer op my mond, in my nek en sy draai my stadig om sodat ek met my rug teen haar staan. Stacey se lippe kom op my myne neer en toe besef ek eers wat besig is om hier te gebeur.

Leigh se hande is van agter af op my en Stacey van voor af. Ek geniet elke oomblik en weet ook nou dat ek nie hoef te kies tussen die twee nie, want al twee wil my hê en hulle is bereid om my te deel.

Geleidelik beweeg ons na die swembad se trappe. Dis nie meer vir hulle twee nodig om my te lei vir wat hulle wil hê nie, ek weet nou wat elkeen plesier verskaf en my hande is oral op hulle. Leigh en Stacey se hande is oral op my, maar vat glad nie aan mekaar nie.

Ons verskaf mekaar ure van genot voor ons uitgeput, in die vlak waters van die boonste trap teen mekaar gaan lê.

Stacey lê met haar kop op my heup en ek lê in Leigh se arms. In ’n mate het ek tog ’n keuse gedoen. Ek is gek na al twee, maar ek is lief vir Leigh.

 

               Leigh staan op uit die water en gee vir my ’n handdoek aan. Nie een van ons drie sê ’n woord toe ons die huis instap nie. Stacey maak vir ons koffie, ek steek ’n sigaret aan en Leigh stap dieper die huis in.

Stacey verbreek eerste die stilte. “Are you mad? waag sy die vraag.

“No Stacey, of course not. I’m actually glad it happened.” stel ek haar gerus.

“Why are you glad it happened?” vra Leigh skielik hier agter my.

Ek draai om na haar. “Now I don’t have to choose between you two.” sê ek.

“Your bath is ready.” sê sy asof sy nie my antwoord gehoor het nie. Asof my antwoord nie saak maak nie.

Ek lê net ’n rukkie in die skuimbad, toe daar ’n klop aan die deur is. Leigh kom in met ’n sigaret vir my en Stacey op haar hakke met ons koffie. Ons kuier in die badkamer tot my water yskoud is, lag en gesels weer soos vroeër.

Moeg, uitgeput, maar tevrede raak ons drie in Stacey se bed aan die slaap. Ek natuurlik in die middel, in Leigh se armholte en Stacey teen my rug met haar arm om my lyf.

 

               Saterdagmiddag 1 uur word ek alleen in die kolossale bed wakker. Die reuk van braaivleis kom by die oop venster in. Ek loer by die venster uit en sien dat Leigh weer in die swembad is en Stacey staan voor die braaier.

Ek spring vinnig in die stort en toe ek by hulle aansluit het Leigh al klaar uit die swembad geklim.

“Well, well, well! It’s about time!” laat Stacey van haar hoor toe sy my gewaar.

Ek stap na haar toe en gee haar ’n klapsoen. Sy hou my vas en terwyl ek die lekker reuk van die vleis wat braai op ruik, kom druk Leigh haar koue nat lyf teen my.

“Good afternoon sleeping beauty!” sê sy en soen my in my nek. Ek maak my oë toe van lekkerte en verlang weer na wat gisteraand hier gebeur het.

Maria en Letta het slaai en broodrolletjies as by kosse gemaak. Na hulle opgeruim het, het Stacey hulle die res van die middag en ook Sondag afgegee. In hulle skik stap die twee al geselsend en glimlaggend daar weg na hulle kwartiere toe.

Die res van die Saterdag het ons in die sitkamer gekuier en DVD’s gekyk. Sondagmiddag na ete is ek daar weg, nadat hulle my gesmeek het om nog ’n nag daar te vertoef. Die keer het ek my voet dwars gesit, want ek kan nie Maandagoggend moeg by die werk aankom nie.

 

               Dinsdag na werk sit ek weer by die kroeg toonbank in Angels & Demons Tavern. Stacey en Leigh sal my later daar kry, maar ek het besluit om vroeg te kom.

“Genade doll! Ek het jou meer as ’n week laas gesien!” gil Abrie, soos net hy kan, toe hy my sien.

Ek bestel die gewone en steek ’n sigaret aan. ’n Ruk later daag Leigh en Stacey daar op, soos hulle beloof het. Al twee omhels my en maak beurte om my te soen. Lank en innig word ek deur albei gesoen en ek merk nie dat Abrie alles oop mond staan en aanskou nie.

“Wat het ek gemis?” vra hy en klink baie verbaas.

“Alles!” skerts ek, swaai van die kroegstoeltjie af en stap na ’n tafeltjie toe terwyl Leigh en Stacey drankies kry.

“Ek wil alles weet!” gil Abrie agterna en gee nie om dat die res van die kroeg gangers hom aanstaar nie.

Ek lag sommer hardop vir hom en wuif.

 

               Die week het hopeloos te vinnig verbygegaan en voor ek my oë uitvee staan ek op die lughawe om Leigh af te sien.

“I’ll be back, soon.” probeer sy my troos en vee ’n traan van my wang af.

In stilte ry ek en Stacey terug Pretoria toe.

“Can I buy you a drink at the bar?” vra sy.

Ek knik my kop instemmend en ons ry weer in stilte tot by Angels & Demons. Sy vat my hand en ons stap die kroeg binne.

Abrie kyk ons aan en toe ons by die kroeg toonbank gaan sit, kan hy nie sy groot mond meer hou nie. “Ha! I will never! Toe kies jy haar, hoe kon ek so verkeerd gewees het?”

“Ag, Abrie, shut up!” is al wat ek uitkry.

Ek wag tot Stacey kleedkamers toe gaan voor ek hom die storie vertel en sy mond hang oop.

“Jissie girl! Jy’s gelukkig, van nul tot twee in minder as 2 maande.” Abrie kan nog steeds nie glo wat ek hom vertel nie. “’n Threesome! Wow! I could only wish for one.” gil hy uit en bly tjoepstil toe hy Stacey gewaar.

Ons drink nog ’n drankie voor sy my by my huis gaan aflaai.

Stacey soen my en vra weer of ek nie die aand by haar wil oor slaap nie. Ek verseker haar dat ek okei gaan wees en sy wag tot ek in die huis is, voor sy wegtrek.

 

             Leigh bel my elke aand so teen 10 uur. Sy verlang vreeslik na my en vertel my net dat sy nie kan wag om my weer te sien om met my liefde te maak nie. Sy erken ook dat sy effens jaloers is, omdat ek en Stacey nou alleen by mekaar is. Ek kan hoor aan haar stem dat sy my iets wil vra en ek weet ook wat sy wil vra, ek besluit toe maar om die antwoord te gee.

“No Leigh.” sê ek.

“I beg your pardon?” sê sy en klink uit die veld geslaan.

“It’s the answer to the question you trying to ask.” verduidelik ek.

“No, Stacey and me didn’t do anything since you’ve been gone.” sê ek en bly stil.

Leigh kom tot verhaal en ek hoor die verligting in haar stem. “Thank you.” sê sy half fluisterend en gee ’n verleë laggie.

Ons kuier vir ’n maand lank, omtrent elke aand oor die foon. Sy verseker my dat sy ons oor bietjie meer as ’n week gaan sien. Nie een van ons twee kan meer wag nie.

 

              Stacey het Leigh op die lughawe gaan haal, ek is nie saam nie, omdat ek nog by die werk is.

“Do you think she’ll come with us, Stacey? vra Leigh in die kar op pad terug Pretoria toe.

“Yes, she will Leigh. Every time I saw her she asked me to tell her stories of  New York and America. I do think she’s in love with New York... and with you, especially with you Leigh.” sê Stacey.

“Oh come on Stacey, she’s in love with both of us!” berispe sy haar.

Hulle gesels nie weer vêrder oor my gevoelens nie en stop ’n ruk later voor Angels & Demons.

Ek is so opgewonde soos ’n kind wat verjaar.

“Déjà-vu!” gil Abrie en ek swaai om.

Ek kan die trane nie keer nie. Twee gorgeous vrouens stap die kroeg binne. “Leigh!” roep ek uit en spring van my stoel af.

Ons omhels mekaar en sy soen my asof ons alleen in die kroeg is. Ek laat haar uiteindelik los, gee Stacey ’n soen en ’n drukkie en trek al twee aan die hand na die kroeg toonbank toe.

Die drie van ons drink elkeen ’n drankie en saam ry ons na Stacey se huis.

Ek slaap oor die aand en Stacey vat my werk toe die volgende oggend.

Na werk is ek heel verbaas toe Leigh uit die kar klim en nie Stacey nie.

“This is a surprise!” roep ek uit. Ons soengroet en klim in die kar.

“I want to talk you, that’s why I came to pick you up.” sê sy en kyk stip na my.

“Is there something wrong, did something happened?” vra ek bekommerd.

Sy gryp my hande vas en stel my eers gerus. Toe begin sy verduidelik. Sy wil by my weet of ek bereid is om saam met haar en Stacey na New York sal gaan, om vir altyd daar te bly. Ek is in ekstase, ek gaan in New York bly saam met die twee liefdes in my lewe. Dit was nog altyd ’n droom van my om eendag New York toe te gaan.

“When are we leaving?” vra ek opgewonde.

“As soon as possible. I’m here for 2 weeks and will help you finalize things. You and Stacey will be in New York in about a months time.” sê sy en gryp my vas. Sy soen my met oorgawe. “I can’t believe it was this easy!” sê sy en sug van verligting.

Die 2 weke is te vinnig verby en Leigh is weer op pad terug Amerika toe. Sy het my gehelp om vinnig ’n paspoort te kry en ons is belowe dat dit binne 3 weke sal reg wees.

              

               Ek het  bedank by my werk, het my huis se huur opgegee en gelukkig binne 2 weke nuwe huurders gekry.

Stacey het haar huis in die mark gesit en ons wag nou net vir ’n koper. Intussen het ek by haar ingetrek, want sy wou niks weet dat ek in ’n hotel gaan bly nie.

Geskok kyk ek na Stacey en voel lus om in trane uit te bars. ’n Week voor ons New York toe moet vertrek, vertel Stacey my dat sy nie saamgaan nie en dat sy nooit die huis in die mark gesit het nie.

“But we are together, the three of us!” wil ek dit amper uitgil.

Stacey trek my teen haar vas. “Three is a crowd my love.” fluister sy in my oor. “You are a stunning woman and you and Leigh will be happy... with out me.” vervolg sy. Sy kyk na my en soen my. Haar lippe kom teer op myne neer. Sy soen my anders, nie soos daardie eerste keer in die swembad en daarna nie.

Sy draai om, maar ek keer haar. Ek druk my teen haar vas, ek wil hê sy moet my weer soen, soos net nou. Stacey kom staan weer teen my, ek kan sien dis vir haar moeilik, sy moes lank geworstel het met hierdie besluit. Haar oë is tranerig. Ek sit haar hande om my lyf, staan op my tone en soen haar oë, my lippe is nat van haar trane. My hart wil breek, dit voel of ek in twee skeur. Ek kyk met smekende oë na haar, sy verstaan en lei my na haar kamer toe. Saggies laat sy my lê op die bed en kom lê half bo-oor my. Haar vingers begin my knope los torring en ek trek haar T-hemp oor haar kop. Ek vou my hande om haar vol, ronde borste en voel hoe die tepels hard word onder my vingers. Sy wíl my hê, dink ek by my self.

Stacey se lippe kom weer teer op myne neer soos ’n rukkie gelede, my knieë word lam word en dit voel of die bloed my bene verlaat. Ek soen haar met oorgawe terug en kan voel hoe haar lippe hongerder word vir myne. Haar tong volg die kontoere van my nek, af teen my keel, oor my bors en sy raap een van my tepels op met haar lippe. Dit voel soos elektriese golwe wat deur my lyf ruk toe sy saggies daaraan begin suig en ek begin kreun geluide maak.

Haar hande is oral op my lyf. Waar haar hande te kort skiet, maak haar lippe en tong op daarvoor. Ons is klei in mekaar se hande en daardie nag word ek gevorm, soos nog nooit van te vore nie.

Stacey val nat van die sweet langs my neer op die bed. Ek sit my arm om haar lyf en raak aan haar borste, sy gryp my hand vas en rol weer half oor my.

“Save it for Leigh.” sê sy met deernis in haar stem.

“But I want to make love to you, like you did to me, minutes, seconds ago!” gil ek dit amper uit. Trane begin opdam in my oë, sy moet saamkom, sy kan nie hier bly nie. Die keuse wat ek moes maak, was toe nie so maklik nie, ek is lief vir Leigh, maar ek voel tog iets vir Stacey en kan my nie indink, dat ek oor ’n week sonder haar op daardie vliegtuig gaan klim nie.

’n Traan rol oor my wang en Stacey soen dit weg. Sy skuif reg, sodat sy styf teen my lê en vou haar arms om my.

“I love you both and i want you to come with me to New York, please Stacey.”

Stacey maak my stil en hou my net stywer vas. Vir ’n ruk het ek teen die slaap baklei, maar toe later die stryd gewonne gegee.

Daardie volgende aand om 10 bel Leigh om te hoor of alles nog is soos beplan. Ek stel haar gerus, maar sê niks oor Stacey wat nie meer gaan saamkom nie, ek bly ook stil oor wat die vorige nag gebeur het.

 

               Stacey hou my vas en dit voel of sy my nie wil laat gaan nie. Daar is al 2 keer geroep vir passasiers na New York, om aan boord van die vliegtuig te gaan. Sy skeur haar self los van my af. Ons het albei trane in ons oë. Na sy belowe het om te kom kuier, gryp sy my weer vas en soen my met oorgawe.

Ek loop deur die doeane en bly terug kyk. Stacey waai vir my en ek waai terug, toe ek weer om kyk is daar geen teken van haar nie, sy het tussen die skare verdwyn.

Dis ’n lang vlug New York toe, ek bly dink aan Stacey en wonder of ek die regte keuse gedoen het. Ek raak aan die slaap en toe ons ure later wakker gemaak word kan ek my oë nie glo nie. Deur die venstertjie verskyn die statue of liberty en ek fluister die naam New York.

Ons land ’n 10 minute later en ek probeer Leigh soek tussen die hordes mense. Ek kry my bagasie en besluit om net daar vir haar te wag, want ons mis dalk mekaar as ek nou ’n koers inslaan.

’n Glimlag verskyn om my mond, toe sy haar hande van agter af om my vou en my in die nek soen. Ek swaai om en al wat ek uitkry is haar naam. Ek bars in trane uit, bly omdat ek haar weer sien, bly omdat ek in New York is en hartseer omdat Stacey nie by ons is nie.

Ons soen mekaar met oorgawe, asof ons alleen in die lughawe is. Leigh vat die trollie met my bagasie op en begin deur toe stap. Sy vra nie uit oor Stacey nie en toe ek haar wil inlig daaroor, maak sy my stil.

“I knew she would not join us. She’s happy in South Africa.” sê sy vir my en vat my hand.

Sy pak my bagasie in haar kar en hou vir my die deur oop. Sy klim langs my in en neem weer my hand in hare.

“I love you Desiree.” fluister sy toe sy na my toe oorleun.

 “I love you Leigh.” bevestig ek my gevoel vir haar.

Sy leun nader aan my en soen my teer op my lippe. “I can’t wait to get you home.” deel sy my mee en knipoog vir my.

Ek glimlag, want ek weet nou, ek het die regte keuse gedoen.

No comments:

Post a Comment