Dis vroeg Nuwejaar oggend en ek staar na die vrou van my
drome. Sy lê tans en slaap in my bed, wat ek nié met haar gedeel het nie, maar
wel twee van haar vriendinne. ’n Glimlag trek om my mond...
Almal was doodmoeg na die Nuwejaar partytjie. Ons klomp het
sommer kermisbed in die sitkamer gemaak en ek het my bed vir haar en haar twee
vriendinne aangebied.
Ek sit op die kant van my bed en staar na haar, eintlik het
ek skoon klere kom uit my kas kom haal, toe ek sien dat die ander twee alreeds
op is en sy lê alleen, nog vas aan die slaap. Ek kry ’n brandende gevoel om
haar te soen, nee, eerder langs haar te gaan inkruip sodat sy my in haar arms
kan toevou. Ek’s so verdiep in my gedagtes dat ek nie opmerk toe sy wakker word
nie.
“And what are you thinking at this exact moment?” vra sy my
in haar diep alt stem, wat my die hele aand aan haar lippe laat hang het.
Ek wip soos ek skrik. “What to wear today.” gee ek haar ’n
vinnige antwoord uit pure skok. Sy wip uit die bed en kom staan langs my. Sy
het net haar onderklere aan en ek trek my asem hoorbaar in.
“Liar!” sê sy en tik my op die neus met haar wysvinger.
Woordeloos sit ek haar agterna en kyk tot sy in my badkamer
in verdwyn. Die stort se krane word oopgedraai en ek hoor sy roep na my.
“Would you wash my back please?” vra sy uitlokkend en
slinger haar bra na my. Dit val voor my voete en toe ek opkyk om haar kaal
borste te bewonder het sy reeds die stort se deur toegemaak. Ek glimlag en stap
terug om die bed te gaan opmaak.
Sy’s ’n
lang vrou, grof gebou met groot mooi gevormde borste. Ek skat haar so 50 jaar
oud. Sy’s in die vermaak bedryf en was
een van die kunstenaars wat ons gisteraand vermaak het.
Ek het een van my t-shirts en ’n sweetpakbroek in die
badkamer neer gaan sit en sit nou geduldig en wag dat sy klaar moet stort.
Sy kom uitgestap met ’n handdoek om haar lyf gedraai en my
klere in haar hand. “Do you want me to put this on?” vra sy fronsend.
Ek knik my kop.
“This will never fit me.” vervolg sy en sit dit op die bed
neer. Sy trek die sweetpakbroek sommerso onder die handdoek aan en vat weer die
t-shirt. Die handdoek val grond toe en ek verstik amper. Vir ’n breuk deel van
’n sekonde kan ek na haar ronde, ferm, nakende borste kyk, maar voor ek mooi
kon fokus het sy die t-shirt aan. Dit span om haar borste, maar ek kla nie. Sy
trek so effens aan die t-shirt om dit bietjie losser te laat sit en knipoog vir
my toe sy uit die kamer uitstap. Sy trek haar vingers deur haar kort swart hare
en ek staar haar oopmond agterna.
Ek glimlag weer... sy is beslis besig om my te terg, dink
ek. Ek draai die stortkraan oop, ’n koue stort, is wat ek nou nodig het.
Die
huis is tjoepstil en terwyl ek wonder waarheen almal verdwyn het, kom Moira van
buite af ingestap. Ek kyk haar fronsend aan.
“Jong, die klomp is nou lus vir vleis braai, ek en Delia is
besig om die vuur aan te steek en die ander het gery om te gaan vleis koop.”
bring sy my vinnig op hoogte van sake.
Ek en Moira het die groot uittog van Suid-Afrika na Amerika
12 jaar gelede aangepak en sedertdien het ons nog nie weer teruggekyk nie.
“Wat dink jy van Delia?” waag ek ’n onskuldige vragie.
Moira sit die koeldrank bottel neer en draai om, om na my te
kyk. “Is jy verlief?”
Ek kry ’n blos op my wange en beduie met my hande dat sy nou
sommer laf is. Ek gewaar Delia en dit verhoed my om Moira te antwoord. Delia se
hande is swart van die houtskool en sy pylreguit op my af. Sy probeer om aan my
gesig te vat en ek gryp haar arms vas. “Oh no, you don’t. You would not dare!”
gil ek vir haar. Sy is sterker as wat ek besef en keer my vas teen die toonbank
in die kombuis. Vir daardie oomblik vergeet ek van haar pikswart, vuil, vol
houtskool hande en voel haar lyf, haar kurwes teen my druk. My greep verslap en
sy kry die oorhand. Te vergeefs probeer ek gil, haar vuil hande klaar oor my
gesig gevee. Delia lag te lekker vir my swart gesig en ek kan nie help om saam
te lag nie.
Moira staan ons en dophou, sy weet ek is besig om vir
hierdie vrou te val, want as dit enige iemand anders was, wat durf waag het om
my gesig met houtskool te wou smeer, sou ek op die plek woedend gewees het.
Die
ander klomp is terug van die winkels af en kom met sakke vol die kombuis
ingestap.
“Geez Leanne! Do I have any credit left on my card?” vra
Delia geskok.
“Well the liqour cabinet was a bid low on booze and it’s
still new years day. Still party time!” gil sy die laaste woorde uit en haal
ook sommer ’n bottel vodka en whisky uit een van die sakke.
Ann pak die vleis uit en sit dit op die toonbank by die
opwasbak neer en sê vra my: “Would you spice the meat Lila, because I have some
serious drinking to do?”
Ek klap my tong en stamp speels aan haar.
“Just eat a sandwich before you start boozing again Ann!”
raai Moira haar aan.
“Why?” vra Delia wat reeds met ’n glas vodka en sodawater in
haar hand staan.
“Ag nee, ek gee moed op met die klomp Yankees Lanie!” se
Moira en gooi haar arms in die lug.
“What is that, I just caught the word “Yankee”? vra Delia en
kyk vraend na ons.
Ek beduie met my hand en verduidelik dat dit nie belangrik
is nie. Sy skud haar kop en loop weer na buite.
Ek en Moira krul van die lag en is sommer weer trots op ons
Afrikaanse taal waarin ons lekker kan skinder en niemand ons kan verstaan nie.
Ek, Moira en Shay het gou die vleis bewerk en die kombuis
opgeruim en het ook buite by die klomp aangesluit. Delia is besig om ons te
vermaak. Sy is werklik snaaks en ek kan nou glo dat haar vertonings, aand vir
aand uitverkoop is. Sy is volgende maand op Broadway in Manhattan en ons het
almal komplimentêre kaartjies gekry vir haar vertoning, ek kan natuurlik nie
wag om een van haar vertonings by te woon nie.
’n Week
later lui my foon in die kantoor. My hart ruk toe ek die foon antwoord en ek
Delia se bekende diep stem hoor.
“Hello, Lila? Delia here. Are you free this weekend?” vra sy
en gee my nie kans om te antwoord nie. “My friends and I are having a small get
together on my ranch. I would be glad if you and your friends could make it?”
vervolg sy.
“Sounds great Delia.”
“Good, I’ll call again tomorrow.” sê sy en sit ook sommer
die foon neer.
In ekstase bel ek gou vir Moira en Ann, hulle is natuurlik
in. Shay sal eers moet uitvind of sy die naweek kan afkry by haar werk.
Vrydagmiddag net na vyf draai ons by Delia se plaas in. Ons ry in ’n
laning vol bome af en so ’n kilometer verder is die herehuis sigbaar. My asem
slaan amper weg oor die luukse prentjie wat ons begroet. Ons deure word vir ons
opgemaak toe ons voor die huis stop, die bagasie word dadelik uitgehaal en na ons
verskillende kamers geneem. ’n Man geklee in ’n rooi en wit uniform vat my
karsleutel by my en met dié kom Delia uitgestap. Sy glimlag breed toe sy ons
sien en ontvang ons letterlik met ope arms.
“Thanks Andy, you can park the car.” sê sy vlugtig vir die
man met die wit en rooi uniform en gee ons elkeen ’n drukkie.
Verbeel ek my of het ek ’n ekstra lang drukkie van haar
afgekry, wonder ek by my self. Delia nooi ons vriendelik na binne en verwelkom
ons weer op haar plaas. Leanne en Misha is reeds daar en stap nader om te
groet.
Geld is hier nie ’n kwessie nie en ek verkyk my aan die huis
soos ons deurstap eetkamer toe.
Ek kyk na Delia waar sy elkeen aanwys waar om te sit aan
tafel. Sy’s kaalvoet, het ’n wit langbroek aan met ’n lang wit lospassende hemp
aan. Sy lyk koel en gemaklik, plat op die aarde en nodeloos om te sê, sexy ook.
Ek skeur my oë met moeite van haar af weg en gewaar die tafel wat kreun onder
die kos. Genade, hier is kos vir die hele Los Angeles, dink ek by my self en
gaan sit op die stoel wat sy vir my langs haar uitgetrek het.
Na ete gaan wys Delia ons kamers vir ons. Elke kamer is in
skakerings van wit. Ons het sowaar elkeen ons eie kamer, my kamer word laaste
aangewys.
“This is your room, Milady.” sê sy en stoot ’n groot
houtdeur oop. Sy bly in die deur staan, ek moet dwars draai en teen haar skuur
om in te gaan. Halfpad verby haar, blok sy my met haar een arm en ons oë
ontmoet. Sy praat met my en ek kyk af na haar lippe, wens dat sy my wil soen.
“I’m really glad you are here Lila.” sê sy, amper
fluisterend.
’n Rilling gaan deur my liggaam en ek glimlag skaam vir
haar. Sy staan nog ’n ruk en kyk my vas in die oë voor sy haar arm laat sak
sodat ek in die kamer kan ingaan.
Ek gaan sit op die bed en maak my oë toe. Dit wat nou gebeur
het, speel voor my geestesoog af.
Na
skemerkelkies op die patio is ons almal kamers toe en vroeg Saterdagoggend na
ontbyt vat Delia ons almal vir ’n toer deur haar plaas. Teen 11vm span ons uit
by die dam op haar plaas. Piekniek mandjies word uitgehaal en ’n tafel word
opgeslaan en gedek. Delia behandel my met soveel deernis en respek. Sy maak die
kardeur vir my oop, trek my stoel uit, laat my aan alles proe voor sy vir my
opskep en vra kort-kort vir my of ek okay is. Sy laat my soos ’n ware dame
voel.
Die naweek is te vinnig verby. Ek vra Moira om terug stad
toe te bestuur, want ek wil net weer elke oomblik van die naweek herleef.
“Jy’t die skoot hoog deur Lanie en lyk my Delia ook?”
Ek sug net, maar daai sug sê meer as wat honderd woorde kon sê.
“Jip! I’m in love...”
“Oh really! You could’ve fooled me!” laat Ann sarkasties van
haar hoor agterin die kar.
Moira proes, sy’s dik van die lag. Ek gluur haar kwaai aan
en maak Ann stil, voor ek weer verder droom.
Delia
het vir ons vliegtuig kaartjies bespreek New York toe en reeds kamers, in ’n
hotel naby die Broadway teater, bespreek. Sy is reeds in New York en sal vir
ons op die lughawe wag.
Ons vlug land 9vm en ek soek Delia tussen die skares. Ons
klim in die limousine wat sy gestuur het. Die chauffeur het ons meegedeel dat
Delia dit nie kon maak om ons persoonlik op die lughawe te kon ontmoet nie,
maar sal ons moontlik by die hotel inwag. Vir ’n oomblik was ek teleurgesteld
omdat ek haar nie dadelik kon sien nie, maar toe ons verby die Broadway teater
ry op pad na ons hotel toe, helder my gesig sommer op. ’n Groot plakkaat van
Delia pryk by die hoofingang en my hart klop warm toe ek dit sien. Sy sit op ’n
hoë stoeltjie, kaalvoet, geklee in swart en met effense eyeliner om haar oë. Sy
lyk begeerlik op die foto en ek smag daarna om in haar arms te wees.
Ons teken in by die hotel en daar is ’n boodskap van Delia
af.
“M's Delia will meet you for lunch at 12:00 in the dining
hall.” lig die ontvangsklerk ons in.
In ons kamers gekom, pak ons vinnig uit, verfris gou en
kwart voor 12 stap ons eetsaal toe, ons wil nie hê Delia moet op ons wag nie.
Ons word na ’n tafel gelei en Delia staan op toe sy ons
sien. Almal kry drukkies van haar af. Sy kom staan voor my, kyk in my oë, vat
albei my hande en soen hulle. Ek glimlag skamerig, maar hier binne-in my wil ek
haar omhels, vir haar vertel hoe ek haar mis en dat ek mal is oor haar. Ek bly
net glimlag en gaan sit op die stoel wat sy oorkant haar vir my uitgetrek het.
Sy is ongelooflik aantreklik. Haar swart hare maak ’n
effense kuifie en daar is weer eyeliner om haar oë. Sy het swart langbroek aan
met ’n lang, los passende wit hemp. Die hemp is effens oopgeknoop voor en ek
kan nie help om na haar bors gleufie te loer nie.
Delia vat my een hand vas en fluister. “I wanted to call
you, but I’m so busy. These Broadway shows keep me extremely busy, I don’t have
time for myself.” verduidelik sy.
Ek knik my kop en vertel haar dat ek verstaan.
Halfpad deur die ete lui haar selfoon. Sy maak verskoning
dat sy moet gaan. “See you 7pm at my show.” sê sy en in die verbygaan gee sy my
skouer ’n drukkie met haar een hand.
Kaalvoet
en in swart geklee stap Delia op die verhoog. Sy maak ’n buiging en blaas vir
my ’n soen. Sy neem plaas op die hoë stoeltjie en begin met haar vertoning. Die
gehoor is gek oor Delia. Sy lewer ’n skitterende vertoning en is skreeusnaaks.
Haar vertoning kom op 'n end en sy hou haar hande omhoog sodat die gehoor moet
ophou hande klap. Hulle hou nie op nie, nie eers haar “Thank you!” laat hulle
tot bedaring kom nie. Delia trek haar skouers op en neem weer plaas op die
stoeltjie. Sy geniet die applous terdeë en glimlag van oor tot oor. Sy staan
weer op en dit raak stiller. Uiteindelik kan sy praat. “Thank you all! For your
support, your fan mail and emails, but I have a bid of bad news.” Die gehoor
trek hulle asems hoorbaar in en Delia bly ’n rukkie stil voor sy weer praat.
“This was my last performance as an entertainer and comedienne. I’m becoming a
full time rancher in Los Angeles. I will miss you all dearly.” Sy maak ’n
buiging en almal is nou op hulle voete. Lank nadat sy die verhoog verlaat het,
klap die gehoor nog steeds hande.
Ons staan verstom, hoekom het sy dit nie aan ons genoem nie,
wonder ek hardop.
“She decided it the day she met you Lila.” lig Mischa my in,
met ’n vyandigheid in haar stem.
My mond val oop, ek is sprakeloos. Ons stap buitetoe en ek
vat Mischa aan die arm. “What do you mean Mischa, I don’t understand?”
Sy draai om na my. “What don’t you understand! She’s in love
with you and now she’s giving up her career. She’s going to keep herself busy
with that stupid ranch!” gil sy vir my.
Ek bly geskok staan. Mischa raak weg tussen die skare. Ek
hoor en sien niks.
“Lanie! Lanie! Dit lyk of
jy ’n spook gesien het?” Moira ruk my aan die skouers.
Met groot oë kyk ek haar aan. ”Dis my skuld!”
“Wat is jou skuld?”
“Delia los die verhoog oor my, Moira.”
“Ag, jy’s nou verspot. Kom, ons twee stap terug hotel toe,
die ander kan die taxi kry.” Moira kan sien ek’s geskok en besef dat ek dalk
die waarheid praat.
Na ek gestort het, gaan lê ek op die bed. “Moira, ek kan dit
nie toelaat nie. Delia is gebore vir die verhoog, dis haar eerste liefde. Ek
het mos vanaand gesien. Sy leef vir die verhoog, die aandag, die applous van
die gehoor. Sy gaan wegkwyn daar op die plaas.”
Moira kom sit langs my op die bed. “As Delia die verhoog vir
jou wil los, moet sy wraggies iets vir jou voel Lanie. Los dit nou en laat die
liefde sy gang gaan.” troos Moira en vervolg. “Sy het dan self gesê sy het nie eers
tyd vir haarself tydens haar produksies nie... nou hoe gaan julle mekaar
ontdek, mekaar beter leer ken as sy so besig gaan bly?”
Ek knik my kop instemmend. Dis net so onwerklik vir my, want
nog nooit het iemand iets so groot vir my opgeoffer nie. Ek voel ietwat beter
na die gesprek met Moira. “Ek wonder net hoekom het Mischa so kwaad geklink toe
sy my vertel?”
“Dalk het sy ’n ogie op Delia gehad en toe kom slaan jy
Delia se voete onder haar uit. Vergeet nou wat Mischa gesê het.” probeer Moira
my gerusstel. Sy gee my ’n drukkie en gaan klim in haar bed.
“Room
service!” en ’n klop aan die deurlaat my en Moira wakker skrik. Ons kyk vraend
na mekaar, ons het nie ontbyt in die kamer bestel nie.
“Room service!” gil die stem weer en ek glimlag. Ek herken
Delia se diep stem nou dat ek mooi wakker is. Ek vlieg op en trek vinnig my
vingers deur my hare. “Dis Delia.” fluister ek vir Moira. Sy glimlag, trek haar
japon aan en sluit die deur oop.
“Good morning my lovely’s!” Delia gee Moira ’n drukkie en
haar oë soek rond in die kamer. “Lila? Where’s Lila?” vra sy en glimlag breed
toe sy my sien.
Ek kom uit die badkamer gestap, moes net vinnig gaan
tandeborsel en so bietjie eyeliner en lipstiffie aansit.
“Wow, you look beautiful when you wake up!” terg sy my.
Ek glimlag verleë. “I was afraid you would run away if you
saw my face totally naked.” probeer ek verduidelik.
“I don’t believe a word you are saying. That face will be
pretty without make-up too.” skerts sy voort. Sy trek my nader en ons oë ontmoet.
Weer kry ek net ’n drukkie van haar af.
Na
ontbyt maak Moira verskoning en verdwyn in die badkamer in. Ek voel half
ongemaklik en ook opgewonde terselfdertyd, dis die eerste keer dat ons alleen
is.
“First things first” sê Delia en sy staan op. “I want your
mobile number, please.” vra sy en rek die please so lank uit. “I have your
office number and it frustrates me when I want to call you and it’s already
past office hours.” verduidelik sy en staan gereed met haar selfoon en wag vir
my nommer.
Ek gee vir haar die nommer en sy herhaal dit, terwyl sy dit
in haar foon intik. Skielik lui my foon.
“Just me!” sê sy en lag.
Ek trek my asem hoorbaar in. “You didn’t believe me!” sê ek
geskok.
“Not true... now you have my number as well...” verduidelik
sy die oproep na my.
Ek glimlag verleë en bêre dadelik die nommer onder haar naam
op my foon. Delia kom staan langs my en nooi my na haar plaas vir die volgende
naweek. Voor ek iets kan sê, voeg sy by dat sy haar drywer sal stuur om my te
gaan haal, want sy wil nie hê ek moet die pad alleen ry nie. Sy staan voor my
en dit lyk of sy my wil soen. Sy kyk in my oë, af na my mond en weer in my oë
voor sy my op die voorkop soen en groet. Dit voel of ek kan skree. Wanneer gaan
sy my dan soen, of wag sy vir my om haar te soen, wonder ek by my self. Ek
sluit die deur en gaan val op die bed neer.
Moira kom uit die badkamer gehardloop toe sy my hoor gil.
“Hemel Lanie, wat makeer jou?” vra sy vies toe sy sien ek’s alleen.
“Gaan sy my nooit soen nie!” gil ek.
Moira lag sommer kliphard. “Jy moet maar geduldig wees
Lanie.”
“Weet jy hoeveel kanse het sy nou al laat verbygaan!” sis
ek.
“Sy wag dalk vir die regte oomblik... Of dalk wag sy dat jy
haar moet soen, sy’s dalk bietjie skaam.” sê Moira.
Ek vlieg regop. “Jy’s reg, sy’s dalk skaam. Wel, dié naweek,
is dié naweek! Ek gaan haar soen.” sê ek beslis.
Moira kyk vraende na my. “Die naweek? Gaan jy plaas toe?”
vra sy.
Ek vertel vir Moira van my uitnodiging en ek is nou meer
opgewonde as ooit. Ek val weer terug op my bed, gryp my kussing vas en maak of
dit Delia is wat ek druk.
“O aarde, ek sien daar gaan meer as net gesoen word dié
naweek!” sê Moira en gee ’n snork lag.
“Aai ek hoop so!” Sug ek kliphard en hou die res van my
gedagtes vir my self.
Die
week gaan te stadig verby. Ek sit in my kantoor en hou die horlosie dop, dis
nou eers Woensdag en dis 2nm. Ek sug vir die soveelste keer vandag. Ek haal my
foon uit die laai en soek Delia se nommer op. Ek wil haar so graag bel, maar ek
wil haar ook nie pla nie. Uiteindelik breek vier uur aan en op pad kar toe lui
my foon. My hart bokspring toe ek sien dis Delia wat bel. Ek antwoord en
daardie bekende diep stem praat aan die ander kant.
“Just calling to find out if we are still on for the weekend?”
“For sure Delia, I can’t wait.” ek wil ook byvoeg dag ek
haar mis, na haar verlang en dat ek haar lief het... maar ek weerhou my.
“Perfect! I can’t wait either. Lila?... ” sy bly stil.
“Yes Delia.” ek wag in spanning dat sy haar sin moet voltooi.
“Never mind, see you on Friday.” sê sy en lui af.
Teleurgesteld wonder ek wat sy vir my wou sê. Ek klim in my
kar en ry huis toe. Daar kom twee boodskappe na mekaar op my foon deur en ek
wonder wie dit kan wees. Ek stop voor my huis en lees eers my boodskappe. Dis
van Delia en my hart klop weer vinniger.
Die eerste boodskap lees: “Lila, I’m very fond of you and
would like to get to know you beter. Del xx” Ek glimlag vir die twee soentjies
na haar naam. As sy my tog net regtig wil soen, dink ek en lees die tweede
boodskap. “I’m sorry, but when it comes to matters of the heart my words get
mixed up and I can’t find the right thing to say. That’s why I’d rather text
you. Del xx”
“I feel the same way about you Delia. Maybe you should get
on stage and say this again to me... ” stuur ek vir haar terug.
“Ouch!” kom die boodskap terug van haar af, nie weer met
haar naam en twee soentjies nie, maar met ‘’n smiley gesiggie wat oopmond lag.
“Ek’s mal oor jou Delia!” skreeu ek kliphard en gee my foon
’n soen.
Die drywer is op tyd. Presies om 4:30nm
stop hy voor my huis en laai my tas in die kar. So baie gedagtes maal deur my
kop terwyl ons ry en toe ek weer my oë uitvee, stop ons voor Delia se herehuis.
Sy kom uitgestap en groet my met ’n stywe druk, maar sy maak nie oogkontak nie,
dit pla my, wat sou dan fout wees, dink ek terwyl ons die huis instap. ’n
Bediende vat my tas op kamer toe en ek volg Delia na die patio. Groot was my
teleurstelling, want op die patio wag Leanne en Mischa op ons. Hulle kom groet
my en met moeite glimlag ek vir hulle. Al twee sit hulle glase neer op die glas
tafel en maak aanstaltes om te ry. Amper sug ek kliphard van verligting, ek was
onder die indruk dat hulle hier gaan wees vir die naweek.
“We had to keep her company until you have arrived, someone
had to calm her nerves.” verduidelik Leanne hulle teenwoordigheid hier.
“Get out of here you two!” jaag Delia hulle speels uit haar
huis uit. Die drie groet mekaar en Leanne klop Delia op die skouer.
Die windjie steek op buite en dit begin koud word op die
patio. Delia vra dat ons moet binnetoe gaan. Dis snoesig in die huis, die
kaggel brand lekker warm. Delia gooi kussings op die mat voor die kaggel en
nooi my om by haar te gaan sit. Ek maak eers verskoning dat ek net wil gaan
verfris en gemaklike klere gaan aantrek. Ek het weer dieselfde kamer as laas
gekry en ek wens dat sy weer hier in die deur wil kom staan... Die keer soen ek
haar beslis, dink ek by my self.
Ek stap weer die sitkamer binne en die geur van groentesop
vul die vertrek. Die bediendes het vars brood en botter, saam met dik
groentesop op lae tafeltjies vir ons gedek. Na ete skink Delia vir ons drankies
en kom sit weer voor die kaggel, die keer reg langs my. Sy sit gekruisde bene
en drink proe-proe aan die vodka en sodawater. Vir my het sy ’n cocktail van
vodka gemaak. Sy sit haar drankie op die koffietafel neer en maak haar bene
reguit voor haar, haar voet raak aan my voet en dit voel soos elektrisiteit wat
deur my liggaam skiet. Sy ruk haar voet weg en vra om verskoning.
Sy vertel my wat se veranderings sy beoog om op die plaas
aan te bring. Sy het so baie idees en wil hê dat ek haar moet help kies. Ek
voel hoe my oë swaar word, die drankie en die hitte van die kaggel maak my
lomerig. Ek raak aan die slaap na ek lank teen die vaak gestry het. Delia staan
op, gaan haal ’n deken en gooi dit oor my. Sy het eers haar sweetpak en sokkies
gaan aantrek en lê nou langs my op die kussings.
Saggies vee sy die hare op my voorkop weg en soen my, eers
op my voorkop en toe op my lippe. Lank lê sy vir my en kyk voor sy ook
uiteindelik aan die slaap raak.
Ek word
bewus van ’n asemhaling in my nek en ’n arm om my lyf. Ek lig my kop op en kyk
om my rond. Die kaggel vuur het lankal uitgebrand en ek voel nou eers hoe koud
ek kry. Ek skuif nader aan Delia en voel hoe sy my stywer vashou. Weereens word
ek bewus van haar kurwes teen my en ek wens dat ons eerder bo in een van die
kamers was. Skielik is ek wawyd wakker. Het iets gebeur gisteraand, want ek kan
niks onthou nie, dink ek by my self en lê groot oog en rondkyk in die sitkamer.
Ek hoor ’n gewerskaf en geskarrel in die kombuis. Die
bediendes is al op diens en is besig om koffie te maak. Delia begin ook nou
roer agter my rug.
“Good morning!” sê sy terwyl sy haar self uitrek en regop
gaan sit.
Twee bediendes stap verby die sitkamer, elkeen met ’n
skinkbord met koffie op.
“Beth! Max! In here!” roep sy hulle voor hulle die trappe
kon op stap.
Die twee loer verdwaas om die sitkamer deur en kyk na
mekaar. Maxi giggel, maar Beth hou haar pose toe hulle die koffie neersit.
“Get a hold of your selves you two!” tug Delia hulle speels.
“I’ll keep that what you thought of, for the privacy of my room!” vervolg sy en
knipoog vir my.
Na koffie stap ons saam op kamers toe. Sy vat my hand terwyl
ons saam die trappe opstap. Delia maak my deur vir my oop en staan weer so, dat
ek verby haar moet skuur. Weereens keer sy my met haar arm sodat ek nie die
kamer kan ingaan nie. Ons maak oogkontak en ek neem daar en dan die besluit dat
ek haar gaan soen. Ek lig my kop vinnig op en op dieselfde oomblik buk sy
vooroor met haar kop om my ook te wil soen. Ons koppe klap hard teen mekaar en
weg is die romantiese oomblik. Ons albei gil en gryp ons voorkoppe vas. Ek
begin giggel en stap die kamer binne. Delia stap die gang af al brommende en ek
hoor iets van “I can’t even get that right.” Al proestende maak ek die deur toe
en gaan vat ’n lang koue stort.
Delia
is nêrens te vinde nie en die bediende lig my in dat sy die 4x4 gevat het en
dam toe gery het. Sy sê ook dat sy 12 uur sou terug wees. Ek dwaal deur die
huis en stap by die TV-kamer in. Daar is rakke en rakke vol video kassette en
DVD’s. Ek begin daardeur kyk, van hulle is vroeëre opnames van haar vertonings
en sit een van hulle in die DVD-speler, dis ’n vertoning van 1995, sy’s so jonk
daar, dink ek by my self. Ek kyk nog drie DVD’s voor ek ’n kardeur hoor
toeklap, dis kwart voor 12 sien ek op my horlosie en vlieg op, om haar te
groet, maar het haar net gemis, sy’s klaar die trappe op na haar kamer. Ek kyk
weer vêrder na die DVD.
“Those were the good old days!” praat Delia skielik agter
my.
“Your performance were excellent and it still is.”
komplimenteer ek haar.
Sy kyk na my, glimlag en sê dat ons maar kan gaan eet.
Middagete is op die patio gedek. Dis lekker snoesig en nie
weer so bewolk en winderig soos die vorige dag nie. Die winter sonnetjie skyn
lekker warm vandag.
Sy vertel my wat sy die oggend by die dam gedoen het en is
baie ingenome met haar besluit. Sy gaan die deel by die dam omskep in iets soos
’n vakansieoord, die dam is so 3 kilometer van die huis af en ons sal nog
steeds privaat wees. Sy dink aan ’n paar chalets om en by die dam, met ontvangs
lokaal, kroeg en restaurant. Sy is so opgewonde en hou nie op praat oor al haar
idees nie. Sy het van die mense wat vir haar planne gaan optrek en bou by die
dam gaan ontmoet en as alles goed gaan, begin hulle met bouwerk einde Maart.
“Delia, I don’t want to spoil your mood, but you are going
to miss the stage, to perform, you know, the entertaining business.” ek kan
sien my woorde van haar onkant, maar sy ruk haar self dadelik reg.
“I probably will, yes. I have to retire one of these days,
it might as well be now.” sê sy en begin weer babbel oor die bouery. Sy
verskoon haar self na ’n rukkie en verdwyn in die studeerkamer in. Ek staan ook
op en gaan sit op die rusbank.
Delia kom terug met ’n klomp papiere. Sy skink vir ons
elkeen ’n drankie en kom sit langs my op die bank. Ek sien dis brosjures, sy
trek my nader en sit haar arm om nek en beduie dat ek skuins teen haar moet aan
lê. Ek sit in die holte van haar arm en dit voel lekker, dit voel so reg. Met
elke asem teug, voel ek hoe haar borste teen my rug druk, ek vind dit geweldig
prikkelend en met moeite konsentreer ek op die brosjures wat sy oopmaak en vir
my wys.
Dis oor verkillende boustyle en die verskillende tipe
chalets. Ek hoor lankal nie meer wat sy sê nie. Nee, haar warm asem teen my oor
en by my nek, trek my aandag af. Elke beweging wat sy maak, daarvan is ek
bewus. Haar asemhaling is vinnig en diep, ek kom nie agter dat ek ook besig is
om vinniger asem te haal nie. Ek skuif nader aan haar. Kan ek nie omdraai en
haar eerder soen nie? Elke beweging wat sy maak is meer prikkelend as die
vorige een.
Delia laat sak die brosjure en vat ’n sluk van haar drankie.
Sy is nie bewus dat haar hand op my bors rus nie, ek is wel. Sy sit die glas
neer en word bewus van die sagtheid van my bors waarop haar hand rus. My asem
haling word vinniger, maar Delia bly net so sit. Sy vat die brosjure met haar
ander hand en gooi dit op die vloer neer. Sy skuif haar hand op tot om my hals
en vou my toe met beide arms.
Ek vat aan haar arms en soen hulle liggies. Sy druk haar
lippe teen my kop vas agter en soen af teen my kop tot in my nek.
“I’m crazy about you Lila. We are made for each other.”
fluister sy in my oor.
Haar lippe raak
kort-kort aan my oor en dit wil my teen die muur uitdryf. Ek sit regop en draai
om na haar. Ons oë ontmoet, sy vat my om my nek met haar een hand en trek my
nader. Hierdie keer is alles perfek, tydsberekening perfek.
Delia soen my met oorgawe en ek snak na my asem. Ek voel
haar lippe in my nek, met haar tong streel sy my hals. Ek gee my self oor aan
haar, ek wil klei word in haar hande... maar sy misbruik nie my weerloosheid
nie. Half verslae, half teleurgesteld kyk ek na haar, sy glimlag en kyk teer na
my. Sy trek my nader en maak my weer lê in die holte van haar arm. Ons albei lê
en tuur in die vêrte, elkeen besig met haar eie gedagtes. Saam beleef ons ’n
perfekte sonsondergang, na ’n perfekte middag en ’n perfekte soen.
Dit
raak koel op die patio en ons stap na binne. Paul het reeds vuur in die kaggel
gemaak en dis lekker warm en snoesig in die sitkamer. Delia gooi weer die
kussings op die mat en ons maak ons weer tuis voor die kaggel. Toe Beth vir ons
pizza vir aandete bring, besef ek eers hoe honger ek is.
Ons kuier tot laat daardie nag. Die keer raak ek nie weer
aan die slaap nie. Delia vertel vir my staaltjies uit haar jong dae op die
verhoog. Sy vertel van haar eerste en enigste liefde, Natalie. Sy moes haar aan
die dood afstaan op ’n jong ouderdom van 35 jaar. Sedert Natalie se dood het sy
nog nooit weer in iemand belanggestel, tot sy my ontmoet het nie. Ek voel half
gevly dat dit ek is wat haar liefdes vlam weer kon aansteek en weer laat brand
het.
“It’s been 20 years since I’ve been with a woman, your the
first and I’m asking for your patience.” sy klink amper smekend.
Nou verstaan ek hoekom alles nie sommer halsoorkop gebeur
nie en ek verseker haar dat ek haar nie sal aanjaag nie. Ek weet net dat ek ’n
koue stort nodig het en beslis in die nabye toekoms ook. Dit wil ek ook hê moet
perfek wees, soos vandag se soen.
Ek kan sien sy waardeer dit en lyk sommer klaar op haar
gemak, want ek verwag niks nie.
“Thanks for understanding Lila, it means a lot to me.”
Ek glimlag vir haar en gee haar hand ’n druk. Sy trek my
nader en ek gaan lê in haar arms. Dis waar ek wil wees, dis waar ek hoort.
Sondag
agtermiddag vat Paul my weer terug stad toe, na my huis toe. Ek het net my
voordeur toegesluit toe my foon lui.
“Miss me already?” vra ek met ’n lag in my stem.
“Are you safe and sound my love? Yes, I miss you a lot.” vra
ek en sy hoor die teerheid in haar stem.
“I’m safe, in my house and the door locked. I miss you too
Delia.” antwoord ek haar.
Sy bel my weer Maandagaand en vroeg Dinsdagoggend om my ’n
gelukkige Valentine’s dag toe te wens. Daardie selfde middag ontvang ek die
grootste bos rooi angeliere, sy’t wraggies onthou dat ek meer van angeliere as
van rose hou. Daar’s ’n kaartjie by en ek lees dit: “Please be my Valentine...
I know you want to be... Del xx”
Ek bel haar dadelik maar die voicemail kom aan, ek los ’n
boodskap en stuur toe sommer ’n SMS ook om haar te bedank.
Die res van die middag op kantoor gaan aansienlik vinnig
verby. Met moeite dra ek die yslike bos blomme kar toe. Spring deur die stort
en gaan lê rustig voor die TV. Love story, met Ryan O’Neill en Ali McGraw is
vanaand op en ek is in die regte stemming om dit weer te kyk. Daar’s ’n klop
aan my deur en ek vlieg op om my japon, wat in die kamer lê, te gaan aantrek.
Eers loer ek deur die loergaatjie en pluk die deur vinnig oop. “Delia!” roep ek
verbaas uit.
Sy gryp my om die lyf en soen my. “No girl of mine will be
all by her self on Valentine’s day. Get dressed my love I’m taking you to
dinner, already made reservations.” gebied sy my met ’n breë glimlag op haar
mond.
Delia vat my na ’n vyfsterhotel vir ete en ons kom eers na
11 by die huis aan. Moeg val sy op die rusbank neer.
“Coffee?” vra ek.
“No thanks. Come and sit here for a while.” sê sy en tik met
haar hand op die bank langs haar. Sy trek my nader en soen my. “May I spend the
night?” vra sy.
Ek kyk verbaas na haar en sy sien die frons op my voorkop.
“Separate beds of course.” voeg sy vinnig by.
“Of course.” herhaal ek die woorde.
Delia
is vroeg op die volgende oggend en kom lê agter my rug nadat sy gestort het. Sy
sit haar arm om my lyf en hou my styf vas. Ek durf nie omdraai nie, want dan
gaan ek meer as net ’n soen wil hê, dink ek by my self. My asemhaling raak
onegalig, ek voel die deining van haar borste teen my rug. Dit prikkel my en my
asemhaling raak hoorbaar. Sy het dit agtergekom, want sy tik my op die boud en
sê dat sy gaan koffie maak.
’n Lekker vars koffie reuk kom uit die kombuis uit, saam met
die geur van bacon en eiers. Ek sluit by haar aan in die kombuis, nadat ek ’n
koue stort gevat het.
Sy skep vir my kos in en ek val sommer dadelik weg. “Yummy!”
is al wat ek uitkry.
“I’m glad you like it, wanted to spoil you before I went
home.”
Alles
verloop volgens plan en die bouwerk gaan Maandag 26 Maart begin. Delia bel my
elke aand om van die bouplanne te vertel, hoe hulle vorder en dat alles nog op
datum is. Die naweek voor die bouery gaan begin kuier ek weer by Delia. Ons het
net Vrydagaand rustig saam gekuier. Saterdag was sy die hele in vergaderings
met die bouers en argitekte, twee keer het hulle uitgery dam toe en dan is
hulle weer terug in haar studeerkamer.
Ek lê in die TV-kamer en vermaak my met haar vertonings wat
opgeneem is op video of DVD, eers na 6 daardie aand sluit ’n pootuit Delia by
my aan. Sy plof langs my neer op die rusbank.
“This is worse than the entertaining business.” sy sug
kliphard. Sy draai en kyk na my. “Sorry... I’ve neglected you today my love.”
vra sy om verskoning.
Ek glimlag en waai met my hand dat alles okay is, maar ek
voel afgeskeep.
Delia se kop val kort-kort vooroor, sy’s so moeg en probeer
teen die slaap stry. Toe dit lyk of sy aan die slaap geraak het, sit ek die
DVD-speler af en net toe ek haar toe gooi met ’n deken, word sy wakker en sit
regop.
“Oh boy, I’m so tired. Let’s go to bed.” sê sy en vat my aan
die hand. Sy trek haar self regop. Hand om die lyf stap ons die trappe saam op.
By haar kamer wikkel ek my uit haar greep, maar sy laat los nie en trek my weer
nader.
“Join me in my room, please Lila.” vra sy smekend.
Ek verstaan haar nie, nou vra sy my om die nag saam met haar
deur te bring in haar bed, sy verwar my dink ek by my self.
Fluisterend vervolg sy: “I need your arm around me tonight.”
Ek volg haar tot in haar kamer en maak die deur toe. Sy trek
uit en hou net haar onderklere aan. Ek kan my oë nie van haar mooi, ferm borste
afhou nie. Sterk staan Lilanie, sterk staan, probeer ek my self intoom hou.
Delia klim in die bed en trek die lakens weg waar ek langs haar moet gaan lê.
Ek hou my bloes aan en klim langs haar in die bed.
Sy kom lê styf teen my en vra dat ek haar moet vashou, sy
maak haar arm reguit, skuif dit onder my nek in en vou dit om my lyf. Ek lê
weer in die holte van haar arm en weer voel dit reg, ek hoort hier. My arm is
om haar lyf en my hart klop onstuimig. Haar gesig is by myne en ek hoor hoe
haar asemhaling sagter raak en egalig word... sy slaap en ek lê wawyd wakker.
Ek kyk weer na haar perfekte borste en streel liggies oor die gleufie. Vir ’n
wyle hou ek my hand op haar bors, sy kreun effens en ek ruk my hand weg en hou
haar weer om haar lyf vas.
Lilanie, jy maak dit vir jou self moeilik, tugtig ek my
self.
Ek skakel die bedliggie af en lê lank in die donker en staar
voor ek ook uiteindelik aan die slaap raak.
Ek’s
voor Delia wakker en sluip terug na my kamer, vir my koue stort. Daarna gaan
snuffel ek in die kombuis vir ietsie te ete, ek’s rasend, want ek en Delia het
nooit aandete gehad gisteraand nie. Beth maak vir my koffie en ek peusel solank
aan ’n stukkie koue vleis. Maxi is besig om plaatkoekies te maak of soos hulle
dit noem ‘pancakes’. Dis Delia se gunsteling, met aarbeie en room op.
“So this is where you are hiding?” Delia klink verheug toe
sy my in die kombuis ontdek. Sy sit haar arms om my lyf en soen my teen die
kant van my kop. “Hmm, my favorite!” sê sy terwyl sy oor my skouer loer en my
nog steeds vashou.
Na ontbyt ry ons uit dam toe en Delia gaan wys my waar die
bouery gaan begin. Daar staan stootskrapers en lorries die wêreld vol. Hulle
het glo al Woensdag begin om die bou area gelyk te skraap, om gras en klippe
uit die pad te kry. Sy wil ook nog bome aanplant om die dam en ’n klompie
watervoëls aanskaf. Dan wil sy piekniek plekkies laat oprig om en naby die dam
vir dagbesoekers. Dit klink of sy die plek in ’n lushof wil omskep. Terug by
die huis wys sy my die bouplanne en as alles goed gaan behoort die plek
September 2013 sy eerste besoekers te ontvang, vertel Delia.
Na
middagete vat sy my self terug stad toe en Paul is maar te bly omdat hy die
middag kan afkry. Delia drink eers koffie voor sy weer die pad aandurf terug
platteland toe. Ek groet en is net betyds terug in die huis om my foon te hoor
lui, dis Moira.
“Is jy tuis? Lyk my ek moet nou begin afsprake maak om jou
te sien te kry.” skerts sy en vra of sy kan oorkom.
Halfuur later klop sy aan my deur. “Ja, dag! Jy’s lekker
skaars nè!” sê sy gemaak kwaai.
“Nie regtig nie, ek is ook maar besig soos jy en jy kan ook
maar van jou laat hoor.” sê ek speels kwaai vir haar.
“Nou toe! Vertel hoe dit met die liefde gaan, dis nou amper
3 maande wat julle mekaar sien, nè?”
“Ek kom nou net van haar af, toe jy bel het Delia net
vertrek, terug plaas toe. Dit gaan goed, stadig, maar goed.”
“Nou wat de hel beteken dit nou?” bevraagteken Moira my
antwoord en staar my oopmond aan.
Ek vertel haar dat Delia my gevra het ons moet dit stadig
vat en dat sy in 20 jaar nog nooit weer in ’n verhouding was nie.
“Jissie Lanie, 20 jaar! My ding, as sy vir jou gaan vasvat,
gaan jy moet bid vir pouse!” Moira lag kliphard vir haar eie grappie.
Ek bloos en klap haar teen die skouer. “Moira! Moet jy altyd
so banaal wees!” tug ek haar, maar kan toe nie help om saam te lag nie. “Ek
dink ek gaan haar vir ’n ruk nie te sien kry nie, want hulle begin môre bou.”
lig ek haar in. Sy kyk fronsend na my en onthou dat sy nog nie van die nuwe
verwikkelinge gehoor het nie. Ek lig Moira vlugtig in en sy klink nou net so
opgewonde soos Delia.
“Ek hoop jou vriende gaan net halfprys hoef te betaal” vra
sy skertsend.
“Nee, man, jy kuier verniet saam met my op die plaas, in die
hoof huis.” sê ek en klap my tong vir haar.
Ek maak vir ons koffie en Moira peper my met allerhande
vrae. Wanneer trek ek by Delia in, gaan ek nog in die stad bly werk as ek by
haar bly op die plaas of gaan ek ophou werk... Moira is eers na 10 die aand by
my weg.
Ek gaan stort en gaan kruip in. Moira se vrae spook by my.
In my geestes oog sien ek hoe mooi die gastehuis en chalets lyk, die dam en die
watervoëls, ek en Delia gelukkig saam op die plaas en met hierdie gedagte raak
ek aan die slaap.
Ek het
Delia ’n maand laas gesien, ek verstaan sy’s nou baie besig en daar is nie nou
tyd vir kuier nie. Sy bel my nog steeds elke aand vertel hoe die bouery vorder
en dat sy verskriklik verlang na my.
Naweke kuier ek, Ann, Moira en Shay weer saam. Ons gaan
fliek, doen inkopies en loop sommer net in die stad rond. Sondae lê ons
luilekker buite en braaivleis, wat ons die afgelope 3 maande nie meer gedoen
het nie.
So tussen ons vier se kuiertjies deur, hunker ek na Delia en
ek wens dat ek eerder by haar kon wees.
Asof Shay my gedagtes
kan lees, sê sy skielik: “Let’s go and give Del a surprise visit!”
Nou is almal in rep en roer en ek is die een wat wal gooi.
“Argh, why not Lila?” vra Ann en opgewonde vervolg sy: “It’s
Sunday 1pm, we can be there just after 2 and come back again just before 5!”
Ek stem naderhand in, want hier gaan ek nie wen nie.
Ons val in die pad Brentwood toe en kom half 3 daar aan.
Daar is twee vreemde karre in die oprit voor Delia se huis.
“You see, I told you she would be busy!” sê ek vies.
“You see, I told you she would be busy!” sê ek vies.
Paul loop ons tegemoet en is baie bly om my te sien. Beth
kom uitgehardloop en groet vriendelik, dit lyk of sy my wil omhels so bly is sy
om my wee te sien. Sy nooi ons die huis binne en stap voor, ons volg haar tot
op die patio. Dit klink vreeslik gesellig, daar’s ’n gelag en ’n gesels.
Delia is baie verras om my te sien. “Lila!” gil sy “What a
surprise!” Sy storm op my af, gryp my en draai my in die rondte. Sy soen my en
gee my ’n stywe druk, vat my hand en trek my na die vreemde mense toe. ” May I
introduce you to my girlfriend, my love, my life. This is Lila.” Sy stel haar
argitek Mandy Davis en haar vennoot Mark Probe aan my voor, asook die bouers
Ken en Allan. Die ander drie staan ook nou nader en ek stel hulle voor, ek
onthou nie al die name nie en Delia help waar dit nodig is. Sy skink vir ons
drankies en ek vra net ’n koeldrank, want ek moet weer terug bestuur.
Delia maak verskoning en sommer namens my ook. “I have to
show you something.” sê sy opgewonde en trek my aan my arm. Ons stap by haar
studeerkamer in en sy maak die deur toe. “I want to show you some love, woman!”
laat sy weer hoor en trek my nader aan haar. Sy soen my met oorgawe en soveel
passie, sy voel amper vreemd vir my. Dit laat my ongemaklik voel en ek draai my
gesig eenkant toe.
“Delia, you have visitors.” sê ek verleë.”
“I don’t care, I’ve missed you.” sê sy en begin weer om my
te soen. “Can you spend the night?” fluister sy in my oor voor sy dit soen en
liggies daaraan byt.
“I’m working tomorrow.” sê ek half kortaf, want ek verstaan
nie Delia se optrede nie.
“I’ll have Paul take you back early Monday morning.” Haar
asem jaag en haar hande is oral op my lyf. Sy probeer my bloes losknoop. “I beg
of you, stay the night. I want you... I need you tonight.” fluister sy weer in
my oor, haar asem jaag nog steeds.
Ek maak my los uit haar omhelsing. “Delia, what is wrong
with you?!” vra ek, my stem verhef.
Asof sy skielik uit ’n trans kom, staar sy net na my en vra
dadelik om verskoning. Sy gaan sit op die rusbank en hou haar kop tussen haar
hande, sy vliegweer regop en kom staan voor my.
“I have this urge to make love to you, I want to be with you
now and never letting you go.” bieg Delia.
“I felt like this from the first time I’ve met you.
Remembered when you were sleeping in my bed on new years day and I sat on the
bed next to you, watching you?” herroep ek die gebeure van 4 maande gelede.
Delia begin lag.” I knew it! You said you were thinking of
what to wear and I said you were a liar.” onthou Delia ook die gebeure van Nuwe
Jaars dag.
“I think we must be getting back to your guests they
probably think that we are making love already.”
Delia lag te lekker en druk my teen haar vas.
Hand om die lyf sluit ons weer by die klomp op die patio
aan.
“Julle het lank weggebly, hoop dit was lekker.” mompel Moira
onderlangs.
Ek skop haar voet en mompel terug dat sy ongeskik is om
Afrikaans in ’n Engelse geselskap te praat. Ek gluur haar eers aan en trek toe
vir haar groot oë.
Ons kuier nog ’n rukkie en maak verskoning dat ons nog moet
terug ry stad toe en dat ons nie in die donker wil ry nie.
Veilig
terug in my huis bel ek gou vir Delia. Moira kuier nog by my en ek kan sien sy
brand van nuuskierigheid.
“Gooi nou vir ons ’n doppie en vertel wat in die
studeerkamer gebeur het.” neul sy om my ore.
Ek verduidelik dat ons net gesoen het, niks verder het
gebeur nie.
“Ag, bull man! Julle het so lank weggebly, daar moes iets
gebeur het.” Moira raak nou ongeduldig met my.
Ek bly ’n rukkie stil en vertel alles wat daar gebeur het.
“Delia was so wild en warm, ek sê jou, as daar nie gaste was nie het sy my net
daar gegryp. Dit was so vreemd, sy vra my om te wag en ’n maand later wil sy my
net hê.” Ek bly weer ’n rukkie stil. “Moira, dink jy sy het dalk van plan
verander?”
Moira spaar nie my gevoelens toe sy my antwoord nie. “Jy
weet, daai argitek van haar, Mandy... Ek wonder of sy nie vir Delia opgestuur
het nie en dat ons daar aangekom het, was net ’n besturing.”
Ek vervies my liederlik vir Moira, vertel haar wat ek van
haar antwoord dink en klap my tong vir haar.
Ek maak vir my koffie na Moira gegroet het. Ek bly dink aan
wat sy kwytgeraak het en vervies my sommer weer vir haar. Die gedagte bly in my
kop maal, Delia en Mandy gaan mekaar gereeld sien en Mandy is ’n wulpse
dingetjie. Sy’s blond, lang hare, mooi gebou, mooi gesiggie... ’n regte pop
dink ek by my self.
Gelukkig
bly ek besig op kantoor en dink nie veel aan Delia wat nou op hierdie oomblik
saam met Mandy kan wees nie. Delia bel ook nou net so elke 2de of 3de aand, met
die verskoning dat sy uitgeput is, want sy is elke dag op die bouperseel en hou
soort van toesig, want sy wil hê alles moet perfek wees. Delia was ook ’n paar
keer in die stad en het my kom groet op kantoor. In die verdere 3 maande wat
verloop het, was ek weer twee keer op die plaas. Dan het sy my gaan wys hoe
daar gevorder word. Die 10 chalets by die dam is amper klaar gebou. Delia
beplan om later nog op te rig, maar wil eers kyk of die 10 genoeg besoekers en
toeriste gaan lok.
Delia se 50ste verjaarsdag breek aan en ek en Leanne reël ’n
partytjie vir haar by my huis. Mischa het gereël dat sy haar sal besig hou en
dan vir my in die stad te kom verras met ’n kuiertjie.
Die sjampanje moet nog geskink word dan is ons klaar. Mischa
bel om te hoor of sy maar na my huis toe kan ry. Ek smeek haar nog om so 10
minute te wag en dan is alles reg.
“There’s no answer.” jok Mischa vir Delia.
“Now we drove all the way for nothing!” sê Delia
geïrriteerd.
Na 10 minute maak Mischa weer ’n oproep en sug van
verligting toe ek sê dat sy maar vir Delia kan bring.
“She said she was out shopping and didn’t hear her phone
ringing.” vertel Mischa weer ’n nood leuentjie.
Delia is baie verras met haar partytjie en kyk my en Leanne
met kwaai oë aan. Sy glimlag egter dadelik en verduidelik dat sy nou te oud is
vir partytjies.
Ons hou partytjie tot laatnag. Die gaste wat naby bly het
reeds vertrek en dis net die paartjies wat vêr bly wat gaan oorslaap en
natuurlik ons vriende.
Dit laat my dink aan Nuwe Jaars dag, amper ’n jaar terug.
Moira help my beddens opmaak en van die gaste gaan gastekamer toe. Hierdie keer
slaap Leanne en Mischa by Ann, Moira en Shay op die kermis bed. Ek slaap saam
met Delia in my eie bed.
Delia sit regop in my bed en ek kyk met moeite verby haar
borste wat net-net oor die laken na my loer en my koggel. Ek trek uit en hou
net my onderklere aan en klim langs Delia in die bed in. Sy trek my dadelik
nader.
“Thanks for a wonderful evening and a wonderful surprise.”
bedank sy my en soen my passievol. Sy skuif haar arm reg sodat ek weer in die
holte daarvan kan lê.
Dis lank stil in die kamer, voor Delia die stilte verbreek.
“I’ve been thinking Lila... ” sy bly stil.
Honderd gedagtes maal deur my kop, nee, eintlik net een
gedagte wat honderd keer deur my kop flits. Sy wil hê ons moet liefde maak,
dink ek en begin senuweeagtig raak. Ek bly stil en wag dat sy iets moet sê of
iets moet doen.
“We must move in together. Move in with me on the ranch?”
vra ek en sy is ietwat oorbluf. Dis nie wat ek verwag het nie, maar is tog bly
oor die vraag.
Ek spring regop in die bed. “Are you sure Delia?”
“Yes I’m sure. I want you by my side everyday and every
night.” bevestig sy en wag vir my antwoord.
“Of course I will move in with you!” gil ek en omhels haar.
Ons giggel en praat, vergeet dat daar ’n huis vol mense is
wat probeer slaap.
In die sitkamer lê vyf mense met glimlagte op hulle
gesiggies en maak hulle eie gevolgtrekkings. Dis Leanne wat eerste iets
kwytraak.
“Thank God, finally!”
“Yip! and 20 years later.” Mischa giggel to sy dit sê.
“What a Nice birthday prezzie.” voeg Moira by.
Ann en Shay proes net oor al die aanmerkings wat gemaak
word.
“Shame on you guys! Then you call your selves their
friends!” berispe Ann die hele klomp.
Salig onbewus dat ek en Delia onder bespreking is in die
sitkamer, raak ons in mekaar se arms aan die slaap.
Almal
sit reeds om die kombuistafel toe ek en Delia ons verskyning maak. Hulle loer
onderlangs na mekaar en kort-kort proes een van hulle. Delia kan nie wag om die
goeie nuus met hulle te deel nie en maak die klomp stil.
Sy sit haar arms om my skouers en maak keel skoon. “We have
an announcement to make!” sê sy opgewonde.
“Geez Del, no need to discuss it with us.” laat Leanne van
haar hoor.
Moira trek los in Afrikaans. “Hemel Lanie, ons het alles
gehoor, dis seker nie nodig om ons daarvan te vertel ook nie.”
Ek kyk haar aan en het nie ’n idee waarvan sy praat nie.
Ann is ook nie op haar bek geval nie. “You guys, we’ve heard
the noises, we can put two and two together... but if you promise not to blush,
we’ll hear you out.”
Ek en Delia kyk na mekaar en bars uit van die lag. Ek laat
dit aan haar oor om hulle reg te help.
“Oh come on you lot! Get your minds out of the gutters. You
disgusts me!” raas sy met hulle en trek speels haar gesig in weersin oor wat
die klomp dink die vorige nag gebeur het tussen ons twee.
“We’ve decided to move in together.”
Haar woorde is skaars koud of daar’s ’n gejuig in die
kombuis, almal spring op en omhels my en Delia en wens ons geluk met die groot
stap wat ons gaan neem.
Dis my
laaste dag by die werk en almal is hartseer om my te sien gaan. Delia het my
verseker dat dit nie nodig is om te werk nie en ek is maar te dankbaar daaroor,
want ek het nie kans gesien om elke dag heen en weer te ry tussen die plaas en
die stad nie.
Delia het Paul gestuur om my te kom haal. Dis ’n dag voor
Kersfees, Kersdag sal ek op die plaas wees, dink ek by my self. Al my goedjies
is ingelaai en ek sluit my voordeur vir oulaas toe.
Die Nuwejaar het aangebreek en die keer het almal op die
plaas gekuier, gebraai en partytjie gehou.
Ek sit regop op die bed en hou Delia dop terwyl sy nog
slaap. Sy word wakker en loer vir my.
“What are you thinking at this exact moment?” vra sy my,
soos ’n jaar gelede.
“I want to make love to you.” antwoord ek haar eerlik.
Sy spring uit die bed en tik my op my neus met haar
wysvinger. “This is going to be a very good year... you didn’t start it off
with a lie.” sy giggel en loop badkamer toe.
Ek kyk haar agterna en glimlag vir haar toe sy terug kyk
voor sy in die badkamer in verdwyn.
Hulle
is nou ’n jaar besig om te bou aan die oord. Die chalets is klaar gebou, die
gras groei al mooi om hulle en die piekniek tafels en bankies is op hulle plek.
Die bouers wikkel en dit wil vir my lyk asof hulle gaan klaar wees voor die beraamde
tyd.
Delia vat my elke Sondag na die halfklaar oord sodat ek kan
sien hoe vinnig daar gevorder word en einde Mei is alles kant en klaar. Delia
het binnenshuise versierders gekry om die chalets, restaurant, ontvangs lokaal
en kantore te meubileer en te versier. Hulle het haar verseker dat hulle net ’n
maand nodig het om klaar te maak en inderdaad was dit ook so.
Vir die hele maand het Delia ons almal daar weggehou. Ek het
toe intussen begin advertensies ontwerp en vir verskillende koerante en
tydskrifte gestuur. Die openings datum sal die 1ste Julie 2013 wees. Die laaste
week van Junie het Delia onderhoude gevoer vir chefs, kokke, kelners,
ontvangsklerke, skoonmakers en tuiniers. Aanstellings is gedoen en almal moet
die 1ste Julie om 7uur aanmeld vir diens.
Sondag het ons ’n paar vername mense oorgenooi en natuurlik
ons vriende en die argitekte en die twee bou voormanne. Na ete ry ons almal af
om die oord te gaan besigtig.
Ek kan my oë nie glo nie. Dis asemrowend. Sy het die plek
sowaar in ’n lushof omskep. Almal snak na hulle asems toe ons deur die twee
groot soliede wit hekke ry.
“It’s beautiful my love.” sê ek en gee Delia se hand ’n
druk.
“I’m glad you like it Lila, because this is yours and mine.
Ons ry tot by die ontvangs gebou en stap af na die dam toe
om die chalets van naderby te bekyk.
Almal wens Delia geluk en kan nie uitgepraat raak oor hoe
mooi, hoe asemrowend die plek is nie. Geselsende stap ons terug tot by
ontvangs. Delia stap tot bo en sluit die deur oop.
“Ladies en gents, for the main attraction. This will become
my pride and joy.” sê sy en maak die dubbeldeure oop.
Met ’n handgebaar, nooi sy ons binne.
Ons stap deur ’n groot portaal en kom by die ontvangs
lokaal. Links is daar ’n deur wat lei na ’n kroeg met tafels en stoele en ’n
kroegtoonbank. Hier sal klein etes beskikbaar gestel word. Regs van die
ontvangs lei die deur na die restaurant. Dis ’n enorme vertrek, met eettafels
en stoele. Agter regs, is daar ’n medium grote verhoog, met ’n spierwit
klavier, ’n mikrofoon en ’n hoë stoeltjie, ook in wit. Teen die muur by die
verhoog is daar foto’s van Delia, afgeneem by verskeie optredes.
Ek kyk na Delia, sy knik vir my en glimlag breed.
“Yes my darling, my shows will go on... here!”
Ek kry trane in my oë, want ek weet die verhoog is haar
lewe.
“Not every night though and only some weekends.” vervolg sy.
Ons stap terug na die portaal. Tussen die ontvangs en
restaurant ingang is daar trappe wat na bo gaan. Almal is nou nuuskierig en wil
weet waarheen lei die trappe dan.
“My office is upstairs and... Let me show you.” sê sy
opgewonde.
Behalwe haar kantoor, is daar nog drie kamers bo.
“This is the honeymoon suites. Three Rooms with each a
king-size bed en suite bathroom and a view on the dam.” verduidelik Delia.
Ons is almal sprakeloos.
Delia staan eenkant toe en betrag ons almal. Sy is in
ekstase.
“This place leaves one breathless and speechless.” sê sy ewe
selfvoldaan.
“True my love.” beaam ek haar stelling en gaan sit my arms
on haar nek en gee haar ’n soen. “I couldn’t imagine a year ago, that it would
look like this. You have a very creative imagination.” sê ek en staan nog
steeds met my arms om haar nek gevou.
“Thanks to Mandy and Mark, they brought my dream to life.” bedank
sy die twee argitekte en wys na waar die hulle staan.
Almal klap hande en hulle maak ’n ligte buiging.
Terug
by die plaashuis, skink Delia en Leanne vir almal drankies. Dit gons behoorlik
en niemand raak uitgepraat oor wat hulle vandag gesien het nie.
Een vir een begin die gaste verskoning maak om te ry en teen
7nm is dit net ek en Delia wat oorbly. Skielik voel die huis so groot, alles is
so stil.
Delia vat my hand en gee lang gape. Sy vra of ek ook lus het
om te gaan lê. Ek knik instemmend en ons stap hand om die lyf die trappe op
kamer toe.
Delia trek uit en val moeg op die bed neer. Ek gaan stort
gou en toe ek terugkom, slaap Delia reeds. Ek sug en klim in die bed. Ek skrik
toe sy my skielik vra hoekom sug ek so hard.
“I thought you’re asleep or did I wake you?”
“No sweetheart, I was waiting for you.” sê sy en skuif nader
aan my.
Haar arm gaan oor my lyf en sy druk my teen haar vas. Sy
soen my saggies in my nek, teen my wang, op my oë en toe op my lippe. Haar
lippe vind my oor en sy fluister dat sy my lief het. Sy raak vlugtig met haar
vingers aan my borste en ek vind dit geweldig prikkelend.
Ek wil so graag aan haar raak, maar ek weet ek mag nie, ek
mag haar nie aanjaag nie, sy het my gesmeek om haar kans te gee. Dit word net
elke keer moeiliker, elke keer as sy my soen, haar ligte aanrakings, dit voel of
ek wil bars van afwagting.
Delia gaan sit regop
op die bed, draai na my en kruis haar bene. “Would you be the manager of our
resort? I want you to manage it, like you manage my heart.”
Ek kry trane in my oë en sê dadelik ja. “It will be an
honor, my love.”
Sy kom lê weer langs my en sê fluisterend: “And it would be
an honor for me if I can... make love to you... now.”
My hart begin bokspring. “Are you sure you are ready...
now?” vra ek haar. Sy antwoord my nie, maar haar dade gee my ’n antwoord.
Sy trek my t-shirt uit en soen my borste, vat my hand en sit
dit op haar bors... haar tepels reeds hard onder my hand. Sy soen my met
oorgawe, haar hande is oral op my lyf. Ek snak na my asem en gee my self oor
aan haar liefkosing. Ek kreun saggies by die aanraking van haar lippe op my
lyf. Hierdie keer maak sy gebruik van my weerloosheid. Daar is geen keer aan
haar nie en ons word klei in mekaar se hande.
’n Perfekte einde aan ’n wonderlike dag. Môre is die groot
opening van die oord, die begin van ’n perfekte toekoms.
No comments:
Post a Comment