Vasgevang in 'n Brief




“Ek was vyf  jaar oud toe ek jou vir die heel eerste keer gesien het, ek onthou net die lang vrou en diep stem, jy’t bo my ma uitgetoring. Jy was net klaar met jou opvoering en my ma was een van die gelukkiges om jou agter in jou kleedkamer te kon gaan ontmoet het. Dis waar ek die liefde vir die verhoog en toneelspel gekry het. Ek het in elke skoolopvoering wat daar was gespeel en op die ouderdom van agtien is ek na die Kollege vir Kunste, maar het in my tweede jaar opgeskop. Ek het besef dis nie vir my nie, want ek het gesukkel om my woorde te onthou, maar wat wel toe my oog gevang het was die stel wat gebou word vir verskillende tonele. Ek het myself toe gaan bekwaam as grafiese kunstenaar en het stelle vir die verhoog sowel as televisie ontwerp en later selfs gebou ook. Dit was ook nie meer voldoende nie en ek het kleremaker en klereontwerper geword en dis waar ek jou vir die tweede keer raakgeloop het, maar die eerste keer as volwassene.”


               “Jy het die hoofrol in ‘n sitkom gespeel, dit was die derde seisoen van die reeks en die vervaardigers het ‘n kostuumontwerper gesoek. Ek het aansoek gedoen en die pos gekry. Hulle wou jou karakter ‘n nuwe voorkoms gee en was beïndruk met my werk. Jy het my nie eers raakgesien nie, ek was so verlief op jou. Jy was nog getroud met Des Newlen, natuurlik moes ek my afstand hou en ‘n jaar later is julle geskei. Hy het jou verneuk met ‘n aktrise, wat hy ontmoet het op die stel van ‘n rolprent waaraan hy gewerk. Jy was in trane daardie dag en ek wou jou repetisies kanselleer, jy wou niks weet nie en het gerepeteer en toneel gespeel asof daar niks fout was nie, maar elke keer wat ek naby aan jou was om jou kostuum te verstel het ek gesien hoe blink jou oë van die trane. Ek wou jou vashou, troos en vir jou sê dat ek jou die liefde kon gee wat jy verdien het. Ek kon dit nie verdra om jou so ongelukkig te gesien het nie.”


               “Ons het begin vriende word en ek wou natuurlik meer uit die verhouding hê, maar het jou nie tyd gegee nie en jou ook nie vertel hoe ek gevoel het nie. In die sesde seisoen is die sitkom gekanselleer, want jy wou nie jou kontrak hernu nie, jy wou nie aangaan met televisie werk nie, jy wou weer begin sing het en jou toespits op die verhoog. Die aand met die afskeidspartytjie het ek my arms om jou nek gesit en ek wou jou soen, jy’t my gekeer. Ek weet nie of jy kwaad of geskok was nie, ek dink albei. My hart was gebreek en ons vriendskap daarmee heen.”


               Lucia maak haar oë toe, daar loop ‘n traan oor haar wang. Sy maak weer haar oë oop vat my hand en sê: “Jany, I was a big fool, sorry for your heartache.”

“Lucia, jy’s moeg, ek sal liewer more terugkom.”

“Promise you will come back tomorrow Jany?” sê Lucia smekend en maak haar oë weer toe voor ek haar antwoord.

Ek vat haar maer, bleek gesiggie in my hande en soen haar op die voorkop. Haal die  kussing agter haar kop uit en laat haar gemaklik lê. Ek groet en belowe haar dat ek die volgende dag sal terugkom. Haar oë bly egter toe. Ek stap sitkamer toe en laat weet die verpleegster dat ek nou gaan en dat hulle my weer more kan verwag.


                Anne het reeds aandete gemaak toe ek by die huis kom.

“Hoe gaan dit daar?” vra sy

Ek begin huil en sy sit haar arms om my.

“Ek sou haar eerder wou onthou het so ek haar laas keer gesien het. Sy is net vel en been, sy lyk so hulpeloos, so pateties in die bed. Daar is niks oor van daardie groot sterk vrou wat ek jare gelede geken het nie. Ai Anne, dis verskriklik” Ek sit my hande in my gesig en huil weer.


               Drie dae gelede was daar ‘n klop aan die deur. Dis ‘n man geklee in ‘n donker uniform en ‘n swart pet op sy kop.

“Miss Jany Kemp?” vra hy met ‘n Britse aksent.

My hart krimp in een, daar was net een person wat my “Jany” genoem het en dit was Lucia Anton… “Yes, it’s me.” antwoord ek hom.

“I have an invitation to Ms. Lucia Anton’s home in Central Park West, she is very ill and wants to meet with you as soon as possible.” sê hy en hou vir my ‘n kaartjie uit met die adres op.

“Well I have business to attend to tomorrow, but will be able to come the day after tomorrow.”

Hy knik sy kop en vervolg: “I’ll give Ms. Anton the message. I know she will appreciate it very much. Would you please give me your mobile number, I want to call you tomorrow, to make arrangements as to what time I’ll pick you up.”

Ek gee hom my nommer en hy bedank, maak ‘n buiging en stap terug kar toe. Ek maak die deur toe, leun daar teen en maak ek my oë toe en fluister : “Lucia…Lucia Anton, my liefste Lucia.”

Lucia was my eerste liefde, maar die liefde was net van my kant af. Sy het altyd vir my gesê, sy is nie gay nie of ander kere weer dat ek te jonk is. Ek het in die dertig jaar wat ons mekaar geken het, twee keer my liefde aan haar verklaar. Die eerste keer was in 1983, toe weer in 1995 en al twee kere het ek my naam krater gemaak. Toe het ek gesweer dat ek nooit weer vir haar sou sê hoe ek oor haar voel nie…en ek het nie. Ek het haar in stilte lief gehad en nooit ‘n verhouding met iemand anders aangeknoop nie. Ek het myself vir haar “gebêre” want miskien eendag…


               Anne gesels met my maar ek hoor niks. Ek krap my kos deurmekaar en voel eerder lus om op die bed te gaan lê en net te slap.

“Jana!” roep Anne my naam uit.

Ek wip en kyk haar verskrik aan.

“Wat wou Lucia Anton gehad het, hoekom moes jy haar gaan sien het?”

Ek bly ‘n ruk stil, ek het nog nooit vir Anne vertel dat ek so verlief op Lucia was nie. Ek skat dis seker nou die tyd om oop kaarte te speel. Ek begin by die begin en sy luister met groot oë na my verhaal.

“Jou arme ding.” sê sy en kom sit langs my, haar arm om my lyf. Sy troos my en skielik sê sy Lucia se naam hardop.

“En nou?” vra ek verbaas.

Sy trek my bloes weg en aan die bokant van my linker bors ontbloot sy die tattoo en wys daarna.

“Lucia Anton…dis waarvoor die letters L A staan en nie vir Los Angeles soos wat jy my altyd vertel het nie.” sê Anne en skud haar kop heen en weer.

Ek knik instemmend en voel skaam omdat ek vir haar die liegstorie vertel het. Ek het die tattoo in 1995 laat doen toe Lucia die laaste keer my liefde van die hand gewys het. ‘n Klein rooi hartjie en aan die onderkant die hoofletters L A. Ek het in Los Angeles gebly toe ek vir Anne vyf jaar gelede ontmoet het en haar vertel dis omdat ek so mal oor die stad was daarom het ek die letters op my laat tattoo.

“Jy ken nou my geheim en die waarheid oor die tattoo, al wat ek nou vra is dat jy nie vir my moet kwaad wees nie, asseblief Anne.” ek kyk haar smekend aan maar sy bly stil.

“Jy het my nou nog nie vertel wat sy wou hê nie, hoekom sy jou ontbied het nie?” Anne begin nou ongeduldig klink, veral nou dat sy weet daar is meer as net vriendskap tussen my en Lucia, wel van my kant altans.

“Sy wil hê dat ek alles van ons eerste ontmoeting af, vir haar moet vertel.”

“Maar hoekom?” vra Anne en frons.

“Ek weet nie, sy gesê ek moet sit en toe wou sy weet wanneer was die eerste keer wat ek en sy ontmoet het. Toe wou sy weer weet. wanneer was die eerste keer wat ek besef het dat ek vir haar lief is en daarna moes ek alles van die begin af vertel,” probeer ek verduidelik.

“Ja...wat sê sy toe?”

“Sy’t gehuil en gesê sy was ‘n dwaas en dat sy jammer was omdat sy my seergemaak het en ek moet more terug kom.”

Anne vlieg op uit haar stoel en wil weet vir wat ek more weer moet terug gaan. Ek probeer verduidelik dat sy siek en swak is en kan nie te lank besoekers hê nie en dat ek nog nie klaar is met die storie nie.

“Dan gaan ek saam more!” Anne klink nou baie ongelukkig

“Ag Anne, wat wil jy nou daar gaan maak?”

“Jy’s my vrou en ek kan seker gaan luister as jy aan ‘n ander vrou jou vorige liefdes verklaring gaan vertel!” verhef sy haar stem.

“Hemel Anne! Die vrou is sterwend, ek wil net haar laaste wens vir haar volbring!” ek raak nou baie ongeduldig met Anne omdat sy nou nie rede wil verstaan nie.

“Jy’s nog steeds lief vir haar né?” vra Anne, sy is nou heeltemal kalm.

Sy vang my onkant met die vraag, ek weet nie wat om te sê nie. Ek het Lucia vyftien jaar laas gesien. Alhoewel ek erg geskok was om haar so sieklik en vervalle te sien vandag, het my hart weer gebokspring toe sy begin praat en ek in haar oë kyk. Haar oë en stem was nog dieselfde, dieselfde diep, hees stem en dieselfde oë met vonkel. Sy lê op sterwe maar die vonkel is nog steeds in haar oë.

“Nee! Ek is nie meer nie.” jok ek om Anne se gevoelens te spaar.


                 Ons het vyf jaar gelede ontmoet en is verlede jaar getroud. Dis die eerste keer na Lucia, dat ek vir iemand anders lief geword het, nie dat ek haar vergeet het nie, maar soos die jare aanstap het dit makliker en die seer minder geword ... tot vandag. Al die ou wonde en rowe is vandag oopgekrap en ek het net so seer soos vyftien jaar gelede. Liefde, verlange, pyn, haat, alles gevoelens wat jare in my gedraai het en nou is dit weer terug.

“Anne ek sal eers moet hoor of jy mag saamkom” sê ek, ek wil Anne nie seer maak nie en ek sal nie omgee om die storie voor haar te vertel nie.

“Nee toemaar Jana, vergeet wat ek gesê het...ek’s jammer.”


                Lucia se chauffeur is net so stiptelik soos gister. Op die kop elf uur die oggend stop hy voor die deur. Dis so ‘n halfuur se ry na Lucia se huis, nie vêr van waar ek en Anne bly nie. Ek voel senuweeagtig toe ek aan die groot hout deur klop. Dis weer dieselfde vriendelike man van gister wat die deur oop maak. Hy vat my tot in die sitkamer en vra dat ek moet wag. Die verpleegster wat na Lucia omsien kom ingestap. Sy sien die vraag op my gesig, skud haar kop heen en weer en verduidelik dat daar geen verandering in haar toestand is nie, maar dat ek na haar toe kan gaan.


Haar oë is toe, toe ek die kamer binne stap. Ek wil haar nie wakker maak nie en gaan sit in die groot gemakstoel wat langs die bed staan. Ek bekyk die kamer van hoek tot kant en wou net opstaan om een van die skilderye van nader te gaan bekyk toe Lucia begin praat.

“You are beautiful Jany.” Haar stem fluisterend.

Ek glimlag verleë, groet haar en bedank haar vir die kompliment.

“You could’ve been mine and I blew it... I’m such a fool”

Ek gaan sit langs haar op die bed en vat haar hand in myne.

“Shh Lucia” probeer ek haar kalmeer. Ek skuif af en lê nou langs haar, my arm om haar lyf. Nou is ek baie dankbaar dat Anne nie saamgekom het nie. Dis die langste wat ek en Lucia nog in mekaar se arms was en ek wens dit was vyftien of twintig jaar gelede. Ek vee die trane van haar wange af en sien weer die vonkel in haar oë. Die begeerte om haar te soen is nog steeds daar, maar ek weerhou my en druk my lippe op haar voorkop. Ek staan op en gaan sit weer op die gemakstoel. Haar oë is weer toe maar sy praat met my.

“Want something to drink before you continue the story Jany?” sy praat stadig en bly met rukke stil, sy raak gou kort-asem.

Ek skink vir my ‘n koppie koffie wat in ‘n gedekte skinkbord op die spieëltafel staan, gee vir haar bietjie water om te drink en vervat my storie.


               “Ons het alle bande met mekaar verbreek of altans jy het. Ek het nog steeds teater optredes gaan kyk, maar altyd gesorg dat ek agter in die saal sit. Sewe jaar later het hulle ons al twee genader vir ‘n televisie produksie. Dit was weer ‘n sitkom en jy was die hoofkarakter “Iris” en ek moes “Iris” se kostuums maak en pas. Toe het ek nog nie geweet dat jy een van die akteurs is nie, wat nog van dat ek jou kostuums gaan maak en pas. Daardie middag met die eerste repetisie het ek jou gesien en groot was my skok toe ek agterkom dat jy “Iris” gaan speel. Ek het die produksiespan, vervaardiger en ek weet nie wie nog almal genader en gesmeek om my eerder een van die ander karakters se kostuums te maak en pas net sodat ek nie te naby aan jou moes kom nie. Dit het op dowe ore geval. Jy het my nie dadelik herken nie en ek was half verlig. Eers teen die derde kleed repetisie het jy my gevra of ek “Ms. Kemp, Ms. Jany Kemp” is en ek moes natuurlik erken. Jy was bly om my te sien en het dadelik vir almal vertel hoe goed ek in my werk is en dat ons voorheen ook saamgewerk het. Ons het weer goeie vriende geword, maar die keer het ek my gevoel vir jou stil gehou. Dit was hel vir my, ek kon nie aan jou vat nie en jy was oral om my en by my. As jy my omhels het en ek voel jou kurwes teen my wou ek gek word.”


               Lucia draai haar kop weg en staar teen die muur. Ek loop om die bed en sien dat daar weer ‘n traan oor haar wang rol en skielik begin sy hoes. Ek kry water, maar sukkel om dit vir haar in te kry. Ek hardloop deur toe en skreeu om hulp. Die verpleegster kom ingehardloop en sit die suurstofmasker op Lucia se gesig. Sy meng twee plastiese ampules met vloeistof en sit dit binne in die houer op die suurstofmasker en sit die masker weer terug op Lucia se gesig. Die hoesbui het bedaar, maar Lucia is uitgeput en stadig maar seker verdwyn die blou grys kleur uit haar gesig, haar longe kry weer voldoende suurstof.

“I think it’s best if you go now Miss Kemp, Miss Anton is very tired and need to rest.” sê die verpleegster en beduie na die deur toe.

By die deur roep Lucia my terug, ek loop tot by haar. Sy sukkel half orent en vra in ‘n fluister stem dat ek more weer moet terug kom. Ek belowe haar en verlig sak sy weer terug teen die kussings. By die deur kyk ek weer terug na haar toe. Sy kyk na my en net soos die kleur terug kom in haar gesig, kom die vonkel weer terug in haar oë. Ek draai vinnig my kop weg en kan nie gou genoeg by die deur uit kom nie, want toe loop die trane.


               Ek lê op die bed toe Anne tuis kom.

“Jy’s vroeg? Iets gebeur?” vra sy en klink bekommerd.

“Ja, sy’t begin hoes en kon nie asem kry nie. Anne ek was so bang. Sy’t ‘n blou grys kleur in haar gesig gehad, ek het gedink sy gaan dood.” ek snik terwyl ek vertel. Anne kom lê langs my en sit haar arm om my rukkende lyf.

“Ek glo nie jy moet weer gaan nie, jy’s te ontsteld elke keer as jy daar was Jana.” Anne bedoel dit opreg, dis nie nou jaloesie wat hier praat nie.

“Nee! Ek het haar belowe ek kom terug, ek moet die storie klaar vertel!” ek huil nou histeries. Anne moet my nie nou weghou van Lucia af nie. Ek het haar vir vyftien jaar nie gesien nie en ek moet in haar laaste dae by haar wees. Ek moet by haar wees as sy haar laaste asem uitblaas. Ek huil nou ontroosbaar by hierdie gedagte.


                         Nege uur die volgende oggend lui my foon en my hart hou vir sekondes op met klop. Dis Lucia se verpleegster, ek sal nie vandag opgelaai word nie want Lucia is in die hospitaal opgeneem. Ek hoor niks verder nie en gil net “nee!” Die verpleegster bring my tot bedaring en verduidelik dat dit net ‘n roetine opname is.

“They will administrate an iv line for antibiotics, do chest x-rays and draw blood for tests. I will let you know as soon as she’s home again and then you are more than welcome to visit again.” verduidelik sy en is uiters professioneel.

Ek bedank haar dat sy laat weet het en slaag ‘n sug van verligting, ek het die ergste verwag.


               Ek kook vir my en Anne ‘n lekker groot ete en Anne is heel verras toe sy van die werk af kom en sien dat ek so kalm is vandag.

“Ek neem aan alles het goed afgeloop vandag?”

“Ek was nie daar nie, hulle het my vanoggend gebel. Lucia is in die hospitaal opgeneem, vir roetine ondersoeke en toetse.” sê ek en vertel verder hoe groot ek geskrik het en dat ek die ergste verwag het.


               Ek is rustig en vir die eerste keer die week eet ek weer behoorlik. Anne is ook verlig en noem ook dat sy bly is dat ek weer my ou self is. Op haar aandrag is ons vroeg kamer toe, sy begin my soen in my nek en oral oor. Ek is nie in die bui nie maar laat haar maar begaan. Ek maak my oë toe en dis Lucia wat in my geestesoog verskyn, dis Lucia wat my soen, dis haar hande op my lyf, dis sy wat met my liefde maak.


Anne het langs my aan die slaap geraak. Ek huil saggies, my trane loop in die kussing in en dit voel of ek Anne verneuk, ek voel soos ‘n verraaier. Ek moes net ...ek moes net fantaseer dat dit Lucia was, anders sou ek nooit vanaand hier deur kon kom nie. Ek het my self aan die slaap gehuil en die volgende oggend is my oë soos poffertjies geswel. Gelukkig is Anne vroeg werk toe, sy hoef my nie so te sien nie.


               Lucia is al drie dae in die hospitaal en Sondag middag vyf uur lui my foon. Sy is tuis en die chauffeur wou net hoor of dit reg is, as hy my Maandag oggend elf uur weer kom oplaai.

“Dankie vader Lucia is by die huis” sê ek en stuur ‘n skiet gebedjie op.

“Dis goeie nuus, gaan jy weer more soontoe?” vra Anne en klink ook verlig.

“Ja, die chauffeur kom my elf uur oplaai.”


               Ek kry ‘n groot verrassing toe ek by Lucia se huis aankom. Sy is nie in die bed nie maar in die rolstoel op die toegeboude patio. Sy’t ‘n lekker dik woltrui aan en is snoesig toegemaak onder ‘n dik kombers. Sy steek al twee haar hande uit toe sy my sien.

“I’ve missed you while I was in hospital.”

Ek vat haar hande en gee hulle ‘n drukkie. “Jy lyk beter, die hospitaal het jou goed gedoen. Ek is bly jy’s terug, ek het jou net so gemis Lucia.” sê ek met soveel deernis in my stem.

“Tell me, how are you doing Jany?” vra Lucia en toe sy nog iets wou sê maak die verpleegster haar stil.

“Miss Anton, please, not to much talking otherwise you are going to be out of breath again.”

Lucia knik net haar kop en wag dat ek haar moet antwoord.

“Dit gaan goed dankie, ek was net baie bekommerd oor jou toe jy in die hospitaal was.” sê ek. Ek vertel haar van Anne en dat ek nog ‘n kostuum ontwerper is. “Genoeg nou oor my, ek het ‘n storie om klaar te maak.”

Lucia glimlag breed by die aanhoor van dié woorde en knik haar kop.


               “Ek het jou oral vergesel, dit het regtig vir my gevoel of ons ‘n paartjie was. Ek onthou in 1993 was jy benoem vir ‘n toekenning as beste aktrise in ‘n komedie en jy het gewen ook. Jy het op en af gespring, my omhels en vol op die mond gesoen. Ek het jou verbaas agterna gekyk en besef dat ek nié iets in jou soen moes lees nie en ek is bly ek het nie, want na die partytjie agterna is jy saam met een van die regisseurs weg huis toe en weer was my hart in stukke”


Lucia se oë is weer toe en sy het ‘n hartseer uitdrukking op haar gesig. Ek vat haar hand en hou dit vas.

“I brought you so much pain and suffering, but you keep on loving me, keep on being loyal to me.” Lucia klink opreg jammer dat sy my so sleg behandel het.

“Lucia, ek was so verlief op jou, jy kon niks verkeerd doen in my oë nie en ek sou jou nog ‘n duisend keer kon vergewe het” verduidelik ek en vervat weer die storie.


“Die volgende dag op die stel kon jy my nie in die oë kyk nie, jy het vir twee dae ook nie juis met my gepraat nie. Daardie volgende jaar is jy weer vir ‘n toekenning benoem, maar het alleen gegaan, jy’t my nie weer saam gevra nie. Ek het die uitsending op televisie gevolg, jy het asemrowend gelyk, maar ongelukkig het jy nie weer gewen nie. In die vierde seisoen van die komedie het jy aangekondig dat jy nog net beskikbaar is vir nog een seisoen en dan kan die storie maar sonder jou aangaan of die vervaardigers moet dit kanselleer. Desember 1995 het ons die laaste episodes van seisoen vyf gemaak en op Nuwejaarsdag sommer die afskeidspartytjie gehou. Ek het besluit dat ek weer gaan probeer om jou liefde te wen, want ek wil jou nie weer verloor en eers weer sewe of meer jare later sien nie. Na die partytjie het jy my huis toe gevat en ek het jou ingenooi vir koffie. Ek het langs jou op die rusbank gaan sit en jou gesoen, jy het my terug gesoen en toe opgespring, gesê dat jy nou gaan ry. Ek het jou gekeer en wou weet wat fout is. Weereens het jy dieselfde rympie herhaal, van jy is nie gay nie en ek is eintlik te jonk vir jou. Jy’t my ‘n tweede keer verwerp, nadat ek gedink het dat dit hierdie keer sou werk. Ek het jou daarna nooit weer gesien nie.”


“Fifteen years later.” Lucia snik toe sy dit sê. “I have written you a letter twelve years ago and couldn’t mail it to you.”

“Ag nee! Hoekom het jy dit nie gepos nie Lucia?” vra ek en klink erg ontsteld.

“Because I was ashamed, because I was so cruel to you.” Sy huil terwyl sy dit sê en begin weer hoes. Sy kry nie asem nie en kry weer die blou, grys kleur in haar gesig. Die verpleegster kom ingehardloop en sit weer die suurstofmasker met die vloeistof in die houertjie vir Lucia op. Sy het opgehou hoes en na ‘n rukkie haal sy weer gemakliker asem.

“Come on, to bed with you and Miss Kemp you can come back tomorrow!” die verpleegster klink sommer baie kwaai toe sy dit sê.

“No! I want to speak to Jany. Tomorrow... I won’t be here tomorrow and then it will be to late.” Praat Lucia teë met die verpleegster.

“Okay then... but keep the oxygen on.” Die verpleegster lyk nie gelukkig hieroor nie, maar laat Lucia se wens toe.

“Dis als reg Lucia, rus nou dan kom ek more weer terug.” smeek ek haar, want sy’s moeg en haal moeilik asem.

“No Jany, tomorrow will be to late and I have to talk to you now.” sy klou my arm vas en ek word gedwing om weer te gaan sit.

“Nou goed dan, maar praat stadig en haal lekker diep asem.”

“I loved you too Jany, but I was afraid, ashamed and scared.” sy bly ‘n ruk stil en haal sugtend asem.

Ek kan nie toelaat dat sy so sukkel om asem te kry nie, want solank as wat ek hier is gaan sy wil praat. Ek stel weer voor dat ek die volgende dag sal kom, vroeg sal deurkom en dan te hoor wat sy wil vertel, maar Lucia wil niks weet nie. Ek belowe haar dat ek al so vroeg as nege uur by haar sal wees en sy stem toe in. Ek staan op om te loop en sy gryp weer my arm vas, sy wil nie los nie. Dit vat ‘n rukkie voor sy kalmeer en my  laat gaan. By die deur roep sy weer na my.

“Jany, I did love you!”

“Ek glo jou Lucia, ek glo jou.” ek kyk na haar, die vonkel in haar oë is weg en sy snak na haar asem. Ek hardloop terug na haar toe en gil: “Lucia! Nurse!” ek gil histeries om hulp.

Die verpleegster kom in gehardloop en vra my om eenkant toe te staan. Sy skud haar kop en wys vir my dis verby. Ek bars uit in trane en gryp haar teen my vas.


               Ek help die verpleegster om Lucia op die bed neer te lê voor sy die lykbesorger gaan bel. Sy is so lig, klein en maer. Weg is die groot vrou wat lank, lank gelede bo my ma uitgetoring het. Sy sou my more vertel het van die verlede en dat sy my lief gehad het. Haar diep hees stem gaan ek nooit weer hoor nie en haar oë gaan nooit weer vonkel nie, maar ek sal dit nooit vergeet nie.


               Ek wag tot die lykbesorger opdaag voordat ek terug gaan huis toe. Toe die chauffeur my aflaai sien ek dat hy ook trane in sy oë het toe hy my groet. Anne kry my op die bed waar ek lê en huil. Sy vra nie vrae nie, sy weet. Sy gee my ‘n drukkie en los my sodat ek my kan uit huil. Huil-huil het ek aan die slaap geraak en word eers tien uur die volgende oggend wakker. Anne het vir ons ontbyt gemaak en ek wonder hoekom sy nog by die huis is.

“Ek dink jy het my nou meer nodig as die werk. Ek het hulle klaar laat weet en hulle verstaan.” verduidelik sy aan my.


               Kort-kort is ek in trane en huil hartverskeurend. Later kan Anne dit nie meer hanteer nie en skink vir ons drankies om ons albei te kalmeer.

“Ek kan dit nie glo nie... dat een mens ‘n ander mens... een vrou jou drie keer hartseer en ongelukkig kan maak!” sê Anne woedend.

“Hemel die vrou is dood, natuurlik gaan ek hartseer wees!” gil ek vir Anne.

“As sy jou nie twee weke gelede gekontak het nie, sou jy dit nie eers geweet het nie! Sou al jou ou wonde nie weer oopgekrap gewees het nie!” haar stem het ‘n paar oktawe geklim.

“Dis nie asof julle lovers was nie Jana! Of is daar iets wat jy my nog moet vertel?” Anne is nou baie ongeduldig en gee nie meer om wat sy vir my sê nie.

“Ons was nié lovers nie, nee, maar sy het vir my omgegee!”

“Sjoe, sy het so omgegee dat sy jou hart drie keer breek. Sy’t jou aan ‘n lyntjie gehou, sy’t jou misbruik man!” Anne is nou buite haarself.

“Ons was lief vir mekaar, sy het dit gister vir my gesê. Sy was lief vir my, is nog steeds lief vir my!” gil ek histeries op Anne.

“En jy Jana...?” sy is dood kalm toe sy die vraag vra.

“Ja! Ek is nog steeds lief vir haar en sal altyd wees. Sy’s die enigste een wat ek ooit liefgehad het en ooit sal lief hê!” ek sak op die vloer neer en huil. “Sy was my alles...” voeg ek laaste by. Alles is nou uit, alles wat ek jare en jare opgekrop het. Lucia Anton was my alles.


               Anne help my op en vat my kamer toe. Sy huil nou ook, want dit wat ek kwytgeraak het, het haar bitter seergemaak. Wie en wat is sy dan, as Lucia my alles was en nog steeds is. Sy gooi my toe met die duvet en los my alleen. Sy stap studeerkamer toe en maak die deur agter haar toe. Sy huil, want sy het my lief soos wat ek Lucia lief het. Ek is haar alles en sonder my wil sy nie wees nie.


               Nege die aand is daar ‘n klop aan die deur. Anne gaan maak oop en voor haar staan Lucia se chauffeur. Hy vra om my te sien en sy verduidelik vir hom dat ek reeds slaap en of sy sal kan help.

“I have a letter for Miss Kemp.” sê hy en wys die brief.

“I’ll give it to her.”

Hy hou die brief uit na haar en huiwer ‘n oomblik. Anne glimlag en stel hom gerus.

“I will see that she gets it first thing tomorrow morning.” sê sy en hou haar hand na hom.

Hy oorhandig die brief aan haar en sy merk dat die seël wat daarop was gebreek is, maar sê niks. Brief in die hand stap sy terug studeerkamer toe en maak weer die deur agter haar toe, maar die keer sluit sy dit. Sy haal die brief uit die koevert en sien dit  gedateer op 26 Junie 1998 en gerig aan Jany. Sy vou dit toe en steek dit weer terug in die koevert en besluit dat dit nie haar besigheid is nie, maar nuuskierigheid en jaloesie kry die oorhand. Sy skink vir haar ‘n drankie en haal die brief weer uit en begin lees.


        “My dearest Jany

It’s been three years since we’ve seen each other and I have decided to come

clean.

Firstly: I want to say how sorry I am for my behaviour and for treated you so cruel. I am ashamed of myself.

Secondly: I love you so much, I have loved you since that first time you put

your arms around me and tried to kiss me. I fell in love with you, but I knew it could not be. I was just getting a divorce and you know back in the early

1980’s no actor got work when they found out that he or she was gay. I was

afraid that my acting career would’ve ended there. I know I broke your heart, but so was mine. I never remarried and never found someone else. I was always thinking of you and couldn’t believe my eyes, when I saw you seven years later and we were working together again. I fell in love with you again. We were very close and you accompanied me everywhere, even to my first award nomination and I won that year. Then at the after party ... the director I went home with that night, Henry Blake, promised me a leading role in one of his new movies, but he had terms. “Ditch the dyke, people are

talking” he said. Again I thought of my career first. I didn’t sleep with

him that night, although you and everybody else thought that I did. 

“For your image” he said and showed me my room in his apartment,

he never laid a finger on me. I was a fool for letting you get away for the

second time and I know I will never forgive myself for this. That night when you invited me for coffee, I thought, to hell with everybody, it’s my life and that’s why I kissed you back when you kissed me. But then I got scared, what will really happen if everybody knew I’m in a gay relationship, will it really influence my image and job status... then I left you again.

Thirdly: I beg of you now, give me a chance. Come and visit me, get

to know me again and if you still have the same feelings, we can get

romantically involved and see how it goes.

                                Love you always

                                                     Lucia”

“PS: My number is 55507948

Please give me a call.

                                LA”


               Anne los die brief op die lessenaar en vee eers haar trane af. Sy sit en wonder of sy die brief vir my moet gee. As sy dit verbrand sal ek mos nooit die waarheid weet nie en weer vergeet van Lucia, maar dan sal haar gewete vir ewig aan haar vreet. Sy sit die brief terug in die koevert, sluit die studeerkamer se deur oop en stap kamer toe. Ek sit regop op die bed toe sy inkom.

“Ek dog jy slaap?”

“Verbeel ek my of was daar iemand by die deur?” vra ek, nog half deur die slaap.

Anne kon nee gesê het en die brief gehou het, maar sy het nie. Sy hou ‘n brief na my toe uit.

“Dis vir jou, Lucia se chauffeur het dit so om en by nege uur hier aangebring. Hy wou jou sien, maar ek het gesê jy slaap reeds.”

Anne draai om en stap tot by die deur toe ek haar terug roep.

“Dankie... Anne?”

Sy draai terug van die deur af en kyk na my. Haar oë is rooi, ek kan sien sy het gehuil.

“Anne, ek ís lief vir jou.” Ek probeer glimlag en wonder of sy my ooit gaan vergewe oor wat ek vroeër vanaand kwytgeraak het.

“Ek weet Jana, ek is lief vir jou ook.” sy glimlag en stap uit die kamer uit.

Ek kyk na die brief in my hand en druk dit teen my bors vas. Dertig jaar, vasgevang in ‘n brief.

No comments:

Post a Comment