Met jou gaan ek Trou




“Kom nou Elsa!” roep my vriende na my, maar ek kry my self nie weggeskeur voor jou foto nie. “Mae Daniels.” fluister ek jou naam en wonder toe, hoe Elsa Daniels klink. Ek wil haar so graag ontmoet en eendag met haar trou, dink ek by my self.

“Ek glo dit nie.” sê Lida en begin lag. “Elsa, kom kyk hier!” roep sy na my.

Die ander drie is eerste by haar. Ek staan nog steeds en droom voor Mae Daniels se lewensgrootte foto. Met moeite skeur ek my weg van die foto en gaan kyk hoekom Lida so dringend na my geroep het.

“O vader nee Elsa! Jy het die skoot hoog deur.” sê Joanne en begin lag. Die ander volg haar voorbeeld en vou hulle amper dubbel.

Ek gluur hulle vies aan. “Wat is so snaaks?” wil ek weet.

“Ai Elsa, wat sien jy in die ou tannie?” vra Sue en almal bars weer uit van die lag.

Ek vervies my vir die klomp, stap by die kaartjieskantoor in en kom met ’n kaartjie vir Mae Daniels se eenvrou vertoning vanaand, uitgestap. Vermakerig swaai ek die kaartjie voor hulle.

“Waar’s myne?” vra Brenda en klink maar afgehaal.

“Koop maar jou eie, julle wil mos vir my en my ‘tannie’ lag.” sê ek smalend.


               Ek is so opgewonde dat ek uiteindelik vir Mae Daniels in lewende lywe gaan sien. Ek het haar die eerste keer in ’n reeks op TV gesien en was van die begin af verlief op dié, heelwat ouer, vrou. Nou kan ek nie wag nie, die groot dag het uiteindelik aangebreek. My vriende spot met my omdat ek so gaande oor haar is, maar daar is net iets in haar wat my verskriklik aan trek, sy prikkel my geweldig.

Ons word ons plekke aangewys, Joanne en Brenda het besluit hulle kom saam om te kyk waaroor al die bohaai gaan. Lida en Sue het maar eerder gaan fliek.

Die drie van ons, sit in die voorste ry, reg langs die trappies waar sy gaan opstap verhoog toe. My hart klop in my keel toe ek besef dat sy hier, reg langs my, gaan verbyloop.

Dis 8 uur en Brenda stamp aan my. Sy beduie na haar horlosie en my hart klop vinniger. My hart klop in my ore en ek verbeel my dat al die teatergangers dit kan hoor. Beweging langs my trek my aandag.

“Oh shit.” sê Mae en ek demp net betyds ’n gilletjie.

“Sorry dear.” sê sy en beduie na haar skoen. “Why is this happening to me?” vervolg sy fluisterend.

Ek staan op en sluip na haar toe. Haar skoen se bandjie het gebreek.

“Why don’t you go barefoot on stage?” maak ek ’n voorstel. Hemel ek kan nie glo ek praat met Mae Daniels nie, dink ek by my self.

“A!” sê sy kliphard en die teater raak stil.

Ons al twee bly doodstil staan in die donker kol voor die trappies.

“That’s a brilliant idee.” fluister sy vir my. Sy hou aan my skouer vas terwyl sy haar ander skoen ook uittrek. Musiek begin speel en ek neem vinnig my plek in.

Sy draf die trappies kaalvoet uit tot op die verhoog en gaan neem plaas op ’n hoë stoeltjie wat in die middel van die verhoog staan.

“Waar was jy?” vra Brenda nuuskierig.

Ek maak haar stil en beloof om haar later te vertel.

Die gehoor is almal gaande oor Mae, sy laat hulle kort-kort skaterlag. Sy sing ’n paar liedjies en ek is gek na haar hees stem.

Die aand gaan hopeloos te vinnig verby. Mae kry ’n staande ovasie, sy waai en blaas soentjies, maar die gehoor bly haar toejuig. Sy stap die trappies af en kom reguit na my toe. Dit voel of my hart by my keel gaan uitspring.

“Thank you. Oh and I didn’t get your name.” fluister sy in my oor.

Ek kry skoon hoendervleis van lekker kry. Ek vertel haar wat my naam is en toe ek my oë uitvee, is haar arm om my en gee sy my ’n stywe druk.

Sy waai weer vir die gehoor toe sy weg stap. Mae swaai kortom en kom vinnig terug na my gestap. “Hope I’ll see you soon.”

Ek staan haar oopmond agterna en kyk.

“Maak toe jou mond Elsa, net nou maak die brommers nes.” laat Brenda sarkasties van haar hoor.

“En waaroor het dít nou gegaan?” vra Joanne ewe nuuskierig.

Ek antwoord hulle nie, maar beur tussen die teatergangers deur. Almal wil eerste buite wees en koek saam by die uitgang. Ek weet net dat ek vars lug moet kry.

              

                 Vir ’n ruk staan ek met my hande teen die muur, voor Brenda en Joanne by my aansluit.

“Ek het nou ’n dop nodig.” sê ek en begin ook sommer ’n koers inslaan. Daar sal wel ’n kroeg op ons pad wees, dink ek by my self.

Ons stap by ’n klein kroegie in en bestel drankies.

“Jy beter begin vertel.” vermaan Joanne my.

Breedvoerig vertel ek die twee wat die aand gebeur het. Ek kan dit nog self nie glo nie.

“Jou droom het so wragtie waar geword.” laat Brenda hoor.

“Nou sal jy seker rus. Dis nie almal wat hulle idol ontmoet nie.” sê Joanne en vat weer ’n sluk van haar drankie.

Ek wou eers vir haar sê dat Mae Daniels nie net vir my ’n idol is nie, sy is meer as dit, sy is my trou vrou. Ek weerhou my egter, want hulle gaan tog net weer vir my lag.

“Elsa kyk!” gil Joanne vir my.

Ek vervies my vir haar wat so luidrugtig in die kroeg is. Skielik bars almal met gille en fluite om my los. Het almal nou mal geword, dink ek terwyl ek ’n sluk van my drankie vat. Ek verstik amper toe ek opkyk.

“And here we meet again.” sê sy met ’n breë glimlag om haar mond.

Dit voel of ek wil flou word, Mae is in dieselfde kroeg as ek, dit kan nie wees nie, dink ek by my self. Sy hou haar hand uit na my, maar soos ’n idioot staar ek net daarna.

Brenda stamp aan my en ek raak bewus van die juigende mense in die kroeg en Mae wat nog steeds haar hand na my uithou. Versigtig steek ek my hand uit en sy gryp dit vas en pluk my met een beweging uit die stoel. Sonder om te verduidelik sleep sy my na ’n klein verhogie in die kroeg.

“All I wanted was a drink, now I have to entertain again.” fluister sy toe ons op die verhoog staan.

Dis baie duidelik dat sy die aandag en toejuiging geniet. Hulle dra gou 2 stoele op die verhoog. Mae wys na die stoel, sy wag tot ek sit en neem ook plaas. Ek kyk na die klomp wat haar so toejuig en gewaar Brenda en Joanne, hulle monde hang skoon oop van verbasing.

“This is my new friend, Elsa.” stel sy my voor en ek begin ongemaklik rond skuif op my stoel. “Where are you from Elsa?” vra sy.

Ek begin haar vertel dat ons 5 vriende van Suid-Afrika is en besluit het om in New York te kom vakansie hou. Wat ek haar eintlik wil vertel is dat ek mal is oor haar en dat ek New York toe gekom het met die hoop om haar te ontmoet. Ek wil haar ook vra om saam met my uit te gaan vir ete, sodat ons mekaar beter kan leer ken, maar al hierdie dinge hou ek vir myself.

Mae staan uit haar stoel op en begin sing, sy kom staan langs my en sit haar hand op my skouer en later vou haar hand agter, om my nek. Ek hoor lankal nie meer wat sy sing nie, ek is net bewus van haar hand op my nek.

Toe sy klaar gesing het, steek sy weer haar hand na my uit en trek my uit die stoel op toe ek dit vat. Sy fluister ’n dankie in my oor en ek raak in vervoering met haar diep hees stem. Mae draai na die kroeg-gangers en maak ’n buiging. Hulle juig haar weer toe en ons verlaat die verhogie.


               Terug by Joanne en Brenda stook hulle my met vrae. Die kelner stap tot by ons tafel en hou ’n mengeldrankie, met sambreeltjie en al, uit na my. Ek wou dit eers nie vat nie, want ek het dit nie bestel nie, toe wys hy na Mae wat by die kroegtoonbank sit en sy lig haar glas, toe ek na haar kyk. Ek glimlag, vat die drankie by die kelner en doen dieselfde.

“Is sy nie sexy nie?” vra ek en giggel soos ’n verliefde skoolmeisie.

Brenda en Joanne moet saamstem, sy is heelwat ouer as wat hulle haar laas op TV gesien het, maar het beslis goed verouder, soos rooiwyn, beskryf Joanne dit. Ek skud net my kop en drink proe-proe aan my mengeldrankie. Kort-kort loer ek na die kroeg toe en sien hoe sy die tydjie saam met haar vriende geniet. Ek wens so ek kon saam met haar daar sit, dink ek by my self. Toe ek weer omkyk is sy weg en ek draai teleurgesteld terug omdat sy nie eers kom groet het nie. My lip hang nog behoorlik toe die kelner my op die skouer tik. Hy’t ’n skinkbord by hom en daar’s ’n briefie bo-op.

“E. I’m at Central Park tomorrow. If you and your friends would like to join me, you are more than welcome, 11 O’clock at the north entrance. MD.” Ek gil van ekstase en wys die nota vir Joanne en Brenda. Nie een van ons drie kan dit glo nie. 1 Uur daardie oggend stap ons drie eers by die kroeg uit en sit af terug woonstel toe. Sue en Linda het op die bank aan die slaap geraak, nie eers ons gegiggel kon hulle wakker kry nie.

“Dink jy hulle fliek was beter as ons aand?” vra Joanne sarkasties.

Ons drie begin weer kliphard lag. Uiteindelik kies ons koers na ons verskeie kamers. Ek lê lank wakker, die aand se gebeure speel soos ’n rolprent voor my af.


               “Opstaan! Wakker word julle!” loop ek en gil deur die woonstel. Ek het vir ons almal gaan koffie koop. Terwyl ek myne staan en drink, druk ek die nota van Mae, onder Lida se neus in.

“Nou wie de hel is MD?” vra sy nog half deur die slaap.

“Dis Mae Daniels, my liewe vriendin!” sê ek vermakerig.

Sy lag my af en drink haar koffie. “Sy is ’n celebrity en sal nie vir ons gewone mense eers kyk nie man.” sê sy en drink die res van haar koffie.

Brenda en Joanne bevestig en toe pak hulle uit oor die vorige aand se gebeure.

“Ag nee, vader Elsa! Sy kon jou ma gewees het. Sy’s wat, 60, 70?” snou Sue my toe.

Ek vererg my vreeslik en spring regop. “Sy is 55 en lyk jonger as wat sy is!” sê ek en stap kamer toe. “En sy is donners sexy!” gil ek agterna.


               Ons gaan by die noordelike ingang in soos Mae gesê het en dis nie lank nie of ons kry hulle. Haar vriende lê almal op komberse en sy staan eenkant met ’n man en praat. Ek is sommer klaar jaloers want Mae sit haar hand om sy lyf.

“Ek hoop nie dis haar boyfriend nie?” fluister ek vir Joanne.

Daar is ’n groot swart hond ook by hulle en sy staan sy kop en krap, maar haar arm bly om die man se lyf.

Haar vriende nooi ons om te sit en ek voel ontuis. Ek sluit my oë vir ’n oomblik en draai om, om weg te stap. Brenda keer my en wil weet wat met my aangaan. Ek beduie met my kop na Mae en die man.

“Ons het mos gesê jy’s verspot om op die vrou verlief te gaan raak.” tug Brenda my.

Ek gaan sit op die vêrste punt van die kombers en toe ek weer in Mae se rigting kyk, soen sy die man vol op die mond. Dit voel of my hart gaan staan het. Hy begin wegdraf van haar af en die hond kyk na Mae en toe na die man wat draf. Mae wys vir hom teken en die hond sit die man agterna. Sy kom vinnig na ons toe aangestap en ek wens dat ek liewer nie hier was nie. “Good morning! Glad you all could make it.” sê sy en stel haar sommer self vooraan my vriende. Sy gaan sit op die kombers en kyk weer in die man en hond se rigting. “Isn’t he gorgeous!” laat sy hoor.

Dit voel of ek wil naar word, nou gaan sy die verdomde man hier sit en  ophemel en ek moet dit aanhoor.

“Oh, he’s my pride and joy, I love him so much.” sê sy weer en ek’s lus om vir haar te skree, ‘yes we get it’, maar ek dwing ’n glimlag op my mond en bly liewer stil.

Sue wys met haar oë dat ons eerder moet gaan en hierdie keer stem ek met haar saam, want Mae het net oë vir die man.

Skielik gee Mae ’n harde fluit, my kop ruk op en ek kyk na haar en toe weer na die man. Hy het intussen gaan stilstaan en omgedraai.

“I just love Max.” sê sy weer en dit voel of ek wil flou word.

Net toe ek genoeg moed bymekaargeskraap het om, verskoning te maak dat ek wil loop, spring die swart hond op haar skoot. Hulle stoei vir ’n ruk op die kombers en toe stel sy Max aan ons almal voor.

My mond val oop, eerstens omdat ek bly is Max is nié die man nie en tweedens omdat ek nog nie opgestaan het en geloop het nie.

Sy gooi vir hom water in ’n bak en hy drink dorstig daaraan. Mae vertel ook dat sy en haar vriende gereeld op Saterdae park toe kom om Max en haar broer hier te ontmoet en dan is dit sommer ’n lekker speletjie vir Max om eers ’n ent saam met Dré te draf en dan vinnig terug na Mae te hardloop sodra sy vir hom fluit. Sy en Max kuier dan die hele dag terwyl Dré sy oefensessies inkry. Max bly by hom op die plaas, want diere word nie toegelaat in die woonstel waar sy bly nie.


           Laat agtermiddag is dit nog net ek, Mae, Brenda en Joanne wat in die park oorbly. Lida en Sue is net na 2 uur daar weg, want hulle wil bietjie alleen tyd hê voor ons drie weer tuis is, het hulle as verskoning gebruik. Mae se vriende het ook al verkas en dit lyk nie of dit haar pla om saam met 3, eintlik nog, vreemdelinge te kuier nie.

Na nog ’n uur van saam kuier, staan Brenda op en voer aan dat dit laat word, ons sal ook moet koers kies huis toe. Joanne volg haar voorbeeld en toe ek wil opstaan, sit Mae haar hand op my been.

“Don’t you want to stay a while longer?” vra sy en gaan lê plat op haar rug met haar hande onder haar kop ingevou.

Hier is my kans om alleen saam met Mae Daniels te wees, dink ek opgewonde by my self. Ek loer na die ander twee wat my fronsend staan en aankyk.

“Okei, dan los ons julle tweetjies alleen.” skerts Joanne. Hulle groet, stap giggelend by die park uit en loer kort-kort terug na waar ek en Mae op die kombers lê.

Sy begin my uitvra oor my vier vriende en wie is in verhouding met wie en wie is enkellopend. Mae draai op haar sy, rus haar kop op haar hand en vra my of ek iemand spesiaal het.

Ek voel ’n blos op my wange en wonder hoekom ek nou eintlik bloos. “No, I’m single. Are you involved with someone?” uit is die vraag, wat ek dink.

Sy skud haar kop en erken dat sy ook single is. Ek knik bedeesd, binne-in my is ek verheug. Ek sit rustig vir haar en kyk, maar wil uitbasuin dat ek bly is sy is enkellopend en dat ek hier is vir háár en dat ek verlief is op haar.

Mae vlieg regop. “Let’s go to a movie!” roep sy uit.

Ek stem saam en help haar die kombers opvou. Buitekant die park wou sy by my weet of ons gaan stap en of sy ’n taxi moet kry. Natuurlik verkies ek dit om te loop, want dan is ek soveel langer in haar teenwoordigheid.


                Ons stap ’n paar blokke verder toe Mae skielik doodstil gaan staan. Voor ek kon vra wat fout is, gryp sy my aan die hande en draai by een van die dwars straatjies af. Musiek speel gedemp iewers en hoe vêrder ons in die stegie afstap, hoe duideliker hoorbaar word die musiek.

Mae stop voor ’n gebou met ’n groot swaar hout deur. Sy draai die knop en skielik is die musiek oorverdowend en dis net mense waar jy kyk. Met my hand nog steeds in hare stap ons die klub binne. Dis ’n gay klub en ek sug van verligting.

Niemand kon nog ooit vasstel of Mae gay is of nie en wanneer sy in onderhoude reguit gevra word of sy gay is, het sy altyd geantwoord dat sy self ook daaroor wonder. Sy verskyn gewoonlik alleen of soms saam met kollegas op foto’s. Die spekulasie was daar en ek het natuurlik altyd gehoop. My hart sou in stukke gewees het as sy nie gay was nie.

Sy stel my voor aan die eienaar van die klub en aan sy spontaniteit kan mens sien, sy is ’n gereelde besoeker hier. Hy groet my vriendelik en beduie dat ons die aand moet geniet.

Ons stap dieper die klub binne en Mae sit haar arm beskermend om my skouers. Sy’s nie bewus van my hart wat vinniger klop nie, my bene voel lam, maar ek stap moedig voort. Die stoel word vir my uitgetrek by ’n klein tafeltjie en Mae stap na die kroeg toonbank. Ek verkyk my aan die plek. Dis verskriklik groot, met ’n yslike dansvloer. Daar is baie tafeltjies en stoele en dit blyk dat die plek ’n hele paar honderd mense sal kan akkommodeer.

Mae kom terug met ’n vodka en sodawater vir haar en ’n mengeldrankie vir my.

“I hope you like these kind of drinks?” sê sy en druk die drankie in my hand.

Ek glimlag en kink bevestigend.

Ons kry nie veel gepraat nie, want die musiek is oorverdowend. Sy vat net kort-kort aan my hand en gee dit ’n stywe drukkie. Elke keer wat sy aan my raak, voel dit vir my of my hart by my keel wil uitspring.

Mae staan vir die soveelste keer op en ek dag sy gaan weer kroeg toe, maar sy gaan nie, sy stap na die plate joggie toe en praat in sy oor. Sy kom terug tafel toe gestap en steek haar hand na my uit. Fronsend staan ek op en vat haar hand. Sy lei my dansvloer toe.

“This song is especially for you.” fluister sy in my oor.

Die musiek begin speel en sy vou my toe in haar arms. Ek is in die sewende hemel. ‘I wanne know what love is’ begin speel en ek maak my oë toe hier teen haar bors. ‘I wanne feel what love is’, ek sing die woorde saam in my gedagtes. Sy druk haar mond teen my oor en sing die woorde, ‘I know you can show me’, in my oor en hou my stywer vas. Haar greep verslap egter en haar mond kom skielik op myne neer. Sy forseer my lippe oop en dit voel of my bene jellie word. Sy soen my lank en innig daar op die dansvloer, dit voel of ek sweef, my liggaam is nie my eie nie.


                  Die reuk van koffie maak my wakker die volgende oggend. Ek glimlag en sit regop op die bed. Mae kom ingestap met twee stomende bekers koffie. Haar silwergrys hare is deurmekaar en sy het net ’n vest hempie en ’n jockey onderbroek daarby aan.

Ek demp ’n giggel, niemand weet dat die bekende Mae Daniels onderbroeke dra nie, dink ek by my self.

Sy val op die bed, nadat sy ons koffie op die bedkassie neergesit het.

“Do you think my jockey shorts is funny?” skerts sy en begin my kielie. Sy bly oor my lê en vra my ouderdom, uit die bloute uit. Ek vertel haar dat ek 35 is en sy trek haar oë groot.

“Wow, I could’ve been your mother.” sê sy en sit regop. Vir ’n oomblik lyk dit of die groot ouderdom verskil haar pla. Sy gee my koffie aan en ons drink in stilte.

Na ons klaar gedrink het, gaan lê Mae op haar rug en trek my nader. Ek gaan lê knus in die holte van haar arm.

“Tell me again, what was your business here in New York?”

Ek is dié keer eerlik met haar en vertel haar dat ek New York toe gekom het en ek hoop dat ek die liefde van my lewe sou ontmoet.

“And did you meet her?” vra sy skertsend.

“No, unfortunately not!” spot ek en trek ’n gesig.

“Well that’s a pity, because I have met the love of my life a few days ago.” terg sy weer en fladder haar ogies vir my.

Ek begin regop kom en terg dat as sy die liefde van haar lewe ontmoet het, is daar seker nie plek vir my nie. Sy gryp net toe ek my bene van die bed wou afswaai. Sy trek my teen haar vas en kyk diep in my oë.

“You are going nowhere.” sê sy beslis. Haar lippe kom weer op myne neer en tyd maak nie meer vir ons saak nie.


              

               Twee dae later daag ek met Mae aan die hand by die woonstel op. Die vier is briesend, want hoe kan ek net wegbly en nie net laat weet het dat ek veilig is nie.

Brenda let eerste op dat Mae saam met my is. “Hei julle! Elsa is saam met Mae!” roep sy uit.

Die res van die klomp hou op om met my te baklei en Mae lig haar kop omhoog toe sy haar naam hoor. Brenda omhels my en wens my geluk. Sue mompel eenkant dat die vrou my ma kon gewees het, ek maak of ek haar nie hoor nie en Mae kan gelukkig nie verstaan wat sy sê nie.

Uiteindelik word my verskoning aanvaar, nadat ek belowe het om hulle nooit weer so skrik op die lyf te jaag nie.

Ons het nog net 2 weke oor in New York en ek en Mae is heeltyd in mekaar se geselskap. Vandag het sy egter ’n onderhoud vir ’n nuwe sitkom op TV en ek kuier vir die dag saam met my vriende.

Hulle wil elke stukkie detail weet, hoe alles presies gebeur het en of ons nou ’n paartjie is ens.

“Ons is nog net die naweek hier, wat gaan jy Maandag doen as ons teruggaan?” waag Sue die vraag.

Ek skud my kop heen-en-weer, ek het nog nie eers daaraan gedink nie en ek het vergeet dat ons Maandag terug vlieg Suid-Afrika toe.

Die res van die middag is ons almal stil. Elkeen besig met sy eie gedagtes, elkeen wonder wat ek gaan doen. Die kuiertjie is nie meer lekker nie en ek besluit om maar terug te gaan na Mae se woonstel.


               Mae is besonders gelukkig toe sy by die woonstel instap. Sy het die hoofrol in die sitkom gekry en wil hê ons moet dit vier.

Ongelukkig moet ek haar vreugde demp met slegte nuus. Ek deel haar mee dat ons nog net dié naweek oor het en dat ek vergeet het ons vlieg volgende Maandag terug Suid-Afrika toe.

“I won’t hear of it. Can’t you extend your holiday?” sê sy en haar stem klink bewerig.

Ek verduidelik dat dit nie moontlik is om langer te bly nie, want ek moet weer Donderdag begin werk, maar dat ek graag eerder saam met haar hier wou bly.

Mae stap nader en neem my in haar arms. “Then we can’t sit here and mope, we have to make the most of this weekend.

Die naweek is hemels, ek en Mae is nie ’n oomblik uit mekaar se arms nie.

Maandagoggend vroeg bewys sy vir oulaas haar liefde aan my en ek kan nie help om in trane uit te bars nie. Ek wonder of ek haar ooit weer gaan sien, ek het nie so baie geld om gereeld Amerika toe te vlieg nie.

Ons neem van mekaar afskeid by die woonstel. Mae kan nie saamgaan lughawe toe nie, want hulle begin die oggend skiet aan die nuwe sitkom.


               Die taxi laai my voor die lughawe af. My oë is rooi gehuil toe ek Brenda hulle by die koffiekroeg ontmoet. Almal behalwe Sue is baie simpatiek teenoor my.

“Ek het mos gesê jy gaan seerkry. Hemel Elsa, luister tog ook net een keer na my!” snou sy my toe.

Lida maak haar naderhand stil en kom sit haar arms om my. Sy gee my ’n drukkie en begin ons aanjaag, want dis amper tyd om aan boord die vliegtuig te gaan.

Ek loop kort-kort en omkyk, en ek hoop dat Mae haar verskyning sal maak en my vir oulaas kom groet.

Die vliegtuig styg op en wat ek nie weet nie, is dat Mae by die lughawe venster my staan en dophou het terwyl ons aan boord gegaan het. As die verkeer nie so druk was nie, sou sy betyds kon wees om my te groet.

Ek roep New York vaarwel, want wanneer sal ek ooit weer kan terugkeer, weer my geliefde Mae in my arms kan vashou. Sy het darem die telefoonnommer van die ateljee, waar sy vir die volgende paar maande gaan werk, vir my gegee, maar dit gaan nie dieselfde wees nie en in my hart wonder ek of ek haar ooit weer gaan sien.

 Trane loop nou vrylik oor my wange en ek trek die blinding van die venstertjie af sodat ek nie sien hoe dié groot stad al hoe kleiner word nie.


               Vir ’n paar dae aanmekaar skakel ek die nommer wat Mae my gegee het, maar met die tyd verskil tussen Suid-Afrika en Amerika, mis ek haar elke keer. Wanneer iemand wel antwoord kan hulle haar nie gaan roep nie, want sy is besig met voorbereiding of besig om te skiet. Elke keer los ek boodskappe vir haar en of sy dit kry weet ek nie, want sy bel net nooit terug nie.

Groot was my verbasing 3 maande later, toe een van die verpleegsters my roep vir telefoon. Kliphard roep ek haar naam uit van verbasing. Sy verseker my van haar liefde vir my en dat en nog steeds haar enigste liefde is. Sy verseker my ook dat ons mekaar gou weer sal sien. Ek rol my oë, want ek het 2 en ’n half jaar gespaar vir die vakansie van 3 maande gelede New York toe, my hart sal dit nooit kan hou om haar eers oor 2 jaar weer te sien nie. Buitendien sal sy nie 2 jaar op my sit en wag nie, dink ek by my self.


               Drie maande later kry ek weer ’n oproep van Mae. Sy maak verskoning omdat sy so min bel, maar dat sy verskriklik besig is. Ek is skoon oorbluf toe sy my vra om haar oor 2 dae op die lughawe te kry. Sy het ’n maand verlof. Hulle het 30 episodes geskiet en moet eers wag om te kyk of die kyker getalle genoeg is om ’n verdere seisoen van die sitkom te skiet.

Ek gaan reël by my werk om nagdiens te werk. Ek gaan 7 nagte werk en al moet ek slaap deur die dag, sal ek nog steeds by Mae kan wees en daarna is ek 7 nagte af, waarin ons kan kuier en ek Pretoria vir haar kan wys.

Mae verkyk haar aan die jakarandabome met hulle pers blomme, haar hand die hele tyd op my been terwyl ek bestuur.

Daardie nag kan ons nie ons hande van mekaar afhou nie. Ek’s die gelukkigste vrou op aarde, dink ek by my self toe ek die volgende oggend in haar arms wakker word.

Ek het 2 dae af voordat ek met nagdiens gaan begin. Ek laat weet Lida dat Mae kom kuier het en sy nooi ons vir die volgende naweek plot toe.


               Lida is eerste buitetoe ek en Mae op die plot stilhou. Hulle groet mekaar en sy knipoog vir my. “En jy’t gedink jy gaan haar nooit weer sien nie.” fluister sy toe sy my groet.

Ek en Sue is in die kombuis besig om slaaie vir die braai te maak. Lida en Mae is besig om die vuurtjie aan te pak en gesels soos ou vriende.

“Ek is so bly dat ek toe nie vir jou geluister het nie Sue.” sê ek.

“Dit was dié keer ’n lucky shot. Jy gaan weer krokodiltrane huil, gee kans.” snou sy my toe.

Soms weet ek nie wat Lida in Sue sien nie. Ek vererg my vir haar en stap uit buitetoe.

Mae kry my arm beet en pluk my nader. Liefdevol vou sy my in haar arms toe en soen my kort-kort liggies in my nek.

Na ete help ek Sue opruim en bied aan om skottelgoed te was. Sy sit die ketel aan en sê dat ek vir my en Mae iets moet vat om te drink. Ek skink Mae se gewone drankie, vodka en soda, in en vat vir my ’n vrugtesap uit die yskas. Sue maak vir haar en Lida koffie en ons kuier vêrder in die sitkamer.


               Uitgeput sak ons Sondagaand op die bed neer, die vars lug en gewoel op die plot het ons uitgeput.

Mae vertel my staaltjies wat op die stel gebeur het die afgelope 6 maande, ek is later slap gelag. Ek staan op om vir ons te gaan koffie maak en toe ek terugkom, is Mae vas aan die slaap. Terwyl ek na haar sit en kyk, teug ek aan my koffie. Saggies vryf ek oor haar grys hare, die ouderdom begin plek-plek wys op haar gesig, maar vir iemand wat amper 56 is, lyk sy nog baie goed. Ek gaan lê in die holte van haar arm en raak tevrede aan die slaap.

Die volgende week werk ek weer en die week daarna, wys ek Mae dele in en om Pretoria.

Die maand het hopeloos te vinnig verbygegaan en toe ek my oë uitvee, staan ek weer op die lughawe met trane in my oë.

Mae hou my styf vas voor sy aan boord gaan en ons waai vir mekaar, tot ek haar nie meer kan sien nie.

Ek gaan staan by die groot venster, die vliegtuig styg op en kyk my oë seer aan die stippeltjie in die blou lug.


               Mae kom kuier gereeld elke 6 maande vir my in Suid-Afrika. Nog nooit het 6 maande so lank gevoel nie en elke keer as sy op die vliegtuig klim, begin ek die volgende 6 maande om wens.

Die maande het jare geword en die tyd het aangestap. Oor 2 maande word sy 60 en ek is besig met partytjie reëlings. Gelukkig sal sy hier wees wanneer sy verjaar en wat sy nie weet nie, is dat ek die hele maand verlof gevat het.

Nog net 3 nagte en dan begin my verlof, dink ek by my self. Ek is so opgewonde om Mae weer te sien.

Asof sy my gedagtes kan lees, bel sy my dat die volgende aand om te hoor of ek kan verlof kry, want sy wil vir my ’n vlug bespreek New York toe.

Nou moes ek die aap uit die mou laat en vertel haar toe maar dat ek die hele maand verlof het en dat ek haar eintlik wou verras het. Sy’s in haar noppies en sê dat sy sommer dadelik ’n vlug gaan bespreek.

Ek kan nie glo dat 5 jaar al verloop het sedert ek laas in New York was nie, dink ek by myself. Ek kanselleer die partytjie reëlings en 2 dae later vlieg ek New York toe, na my trou vrou toe.


              Mae kry my op die lughawe, ons groet vinnig, want sy moet dadelik weer terug wees by die ateljee, sy is besig om aan die 2de reeks van die sitkom ‘Mothers family’ te werk. Ek word sommer deel van die lewendige gehoor en ek geniet my gate uit, vergete dat ek ’n paar uur se vlieg agter die rug het. Sy speel die hoofrol en is skreeusnaaks.

 “I’m almost done!” roep sy na my toe sy gou verby draf kleedkamers toe.

Ons is al twee pootuit toe ons by haar woonstel aankom, sy sit my bagasie neer en val moeg op die rusbank neer. Ek gooi vir haar vodka en soda in en maak vir my koffie. Mae gaan spring vinnig in die bad en kruip in. Sy het ’n paar laaie leeggemaak en plek gemaak in die hangkas vir my klere. Ek pak eers uit voor ek ook gaan stort en my plekkie in die holte van haar arm inneem.

Mae is vroeg ateljee toe en ek het weer aan die slaap geraak. Die gelui van die telefoon maak my egter wakker. Dis een van Mae se vriende en sy wil weet of ek hulle wil kom help met voorbereidings vir Mae se verjaarsdagpartytjie. Ek stem gewillig in en sy gee my die adres waar ek hulle sal kry.

Dis die klub waar ek en Mae die eerste keer saam gedans het, herken ek die plek toe die taxi drywer my aflaai by die adres wat ek hom gegee het.

Judith gee my ’n paar take om te doen en dit hou my besig tot amper 6 uur die aand. Mark het die eienaar van die klub se arm gedraai om nie die klub vanaand oop te maak nie, sodat hulle dit kon regkry vir Mae se partytjie die volgende aand. Hy en Judith en nog van haar vriende het die klub gehuur vir dié Vrydagaand en slegs gaste op uitnodiging gaan toegelaat word. Mae is onbewus van die verrassing wat op haar wag en ek kom net betyds voor haar by die woonstel aan.


               “Happy birthday Darling.” wens ek haar geluk en hou haar geskenk na haar uit. Ek dag sy val flou toe sy dit sien.

“It’s beautiful!” gil sy. Sy trek my nader en soen my lank en innig.

Mae kan nie ophou staar na die ring wat ek haar gegee het nie. Sy praat al lank oor die swart steen ring en het toe besluit dat ek dit vir haar moet koop.

Ons lê lui in die bed nadat ek vir haar ’n egte boere ontbyt gemaak het. Dis al 11 uur en Mae maak nie aanstaltes ateljee toe nie. Ek sal haar op ’n manier hier moet uitkry, want ek moet nog die drank gaan kry en dit klub toe vat vir vanaand se partytjie, dink ek by my self.

“Aren’t you going to work today?” waag ek die vraag.

“Nope, they don’t need me on set today.” sê sy met ’n breë glimlag. Sy gaan sit regop op die bed en kruis haar lang bene. “We can spend the whole day in bed.” skerts sy en knipoog.

Ek vlieg vinnig regop. Ek moet Judith in die hande kry, iemand anders sal die drank moet kry, dink ek en kry ’n puik idee. “Why don’t you hop into the shower, then we can have lunch at Luigi’s this afternoon.” sê ek vinnig. Sy stem in en klim traag van die bed af.

Die stortkrane draai oop en ek spring vinnig op die foon. Ek verduidelik alles aan Judith. Sy stel my gerus, Mark sal die drank optel en daar is nie meer veel om in die klub te doen nie. Ek moet rustig wees en Mae besig hou tot vanaand 8 uur.

Vinnig trek ek my pajamas uit en maak die stort se deur oop. “May I join... ” ek voltooi nie my vraag nie, ek word by die stort ingepluk en haar hande is oral op my lyf. Sy soen my in die nek en soek later my mond met haar lippe op. Mae draai die stortkrane toe en trek my aan die arm bed toe. Met ons nat lywe val ons saam op die bed. Haar hande is weer op my en ek laat haar begaan.

Half 7 die aand skrik ek wakker. Nou sal ek vinnig aan ’n plan moet dink om ons uit die woonstel te kry, dink ek en kan my self skop omdat ek aan die slaap geraak het.

Dit vat ’n volle halfuur om Mae te oortuig dat ons klub toe moet gaan om haar verjaarsdag op ’n hoë noot af te sluit. Uiteindelik stem sy in en begin teësinnig aantrek.

“It’s not necessary to go clubbing. You making love to me was the highlight of my birthday!” sê sy en probeer haar uitdraai.

Ek weet net ek moet haar by die klub kry vanaand anders gaan haar vriende my nooit vergewe nie.


               Na 8 stap ek en Mae by die klub in. Sy is so verras. Judith kyk my met kwaai oë aan en ek beduie vir haar dat ek later sal verduidelik. Mae groet eers elkeen van haar vriende en ek gaan sit uitgeput by die kroegtoonbank. Ek bestel vir my ’n drankie en Judith kom lag-lag aangestap.

“I see she has the onyx she always wanted.” sê sy en klink nogal verbaas.

“Yes, she was nagging about it for years and I thought it would be a perfect gift for her 60th birthday.” sê ek.

Uiteindelik sluit Mae ook weer by ons aan. Ons kuier tot laatnag en wou net hand bysit met die skoonmaak toe Judith en Mark ons twee omtrent daar uitboender.

Ons kry ’n taxi terug woonstel toe en Mae kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker die verrassing was nie. Sy trek nie eers uit nie, val sommer met klere en al op die bed, ek volg haar voorbeeld. Daar is iets aan die kyk wat sy my gee, dit lyk of sy iets op die hart het en ’n beklemming pak my beet.

“There are only 4 days left, then you on you’re way back to South Africa again.” laat hoor sy.

Ek bevestig dit en wonder wat Mae op die hart het. Sy sit regop en vat my hand in hare.

“I can not do this anymore Elsa. I can’t keep on seeing you just for a few weeks every 6 months.” sê sy en maak haar oë toe.

Bewegingloos staar ek na haar. Dan is dit die einde, dink ek by my self. Net 5 jaar lank en sy sien nie meer kans nie, dink ek verder en my hart is besig om in stukke te breek. Ek wil liewer nou op die vliegtuig klim terug Suid-Afrika toe en vir Sue gaan sê dat sy die hele tyd reg was, dat sy dit nou maar kan invryf, maar ek kan nie beweeg nie.

Mae maak weer haar oë oop. “We did this for 5 years, I don’t want to do this for another 5 years or ever again, for that matter.” voeg sy by en los my hand. Sy swaai haar bene van die bed af.

Ek bly nog steeds roerloos lê, alles skeur hier binne-in my. Mae Daniels is besig om ’n einde aan ons verhouding te maak, huil dit binne-in my en ek sluit my oë.

Sy het om die bed geloop en vra my om van die bed af op te staan. Ek draai om en toe ek regop gaan sit, sak sy af op haar een knie, vat my hand in hare en vra my om met haar te trou.

Die oomblik is te groot vir my en ek bars in trane uit. Ek huil sonder ophou.

“You beter say yes, because I’m not letting you go.” waarsku Mae en staan nog steeds op haar een knie.

“Of course I will marry you, you silly woman.” snik en lag ek deurmekaar.

Sy kom klim weer langs my in die bed en ek soek weer die holte van haar arm op. Mae raak onmiddellik aan die slaap. Ek lê eers ’n ruk en luister na haar rustige asemhaling voordat ek ook aan die slaap raak.


               Toe ek die volgende oggend wakker word, is Mae reeds weg ateljee toe. Teen 11 uur lui die foon. Sy bel om my te laat weet dat ’n taxi my 1 uur gaan kom oplaai en weer iewers gaan aflaai, maar sy sal daar op my wag. Nuuskierig probeer ek uitvis waar die taxi my gaan aflaai, maar sy rep geen woord nie.

Die taxi ry deur New York se middestad en by die volgende afdraai sien ek Mae staan en wag soos sy beloof het. Sy betaal die drywer en vat my skouers vas.

“You will wear my ring before you go back to South Africa.” sê sy beslis. Sy vat my hand en ons stap by die volgende winkel in. Dis ’n juweliers winkel en sy vra die dame agter die toonbank om die verloof ringe vir ons te wys. Ek hou my gesig vas en skud net my kop, ek weet nie watter een om te kies nie, dis almal so mooi.

“May I choose one for you.” vra sy my met deernis in haar stem.

Sy kies ’n ring en dit pas perfek in my vinger. Die steen is ook perfek, nie te groot nie en ook nie te klein nie.


               Die eerste keer in 5 jaar wat ek nie huil op ’n lughawe nie, ek voel wel hartseer, maar weet dat ek Mae oor 3 weke weer gaan sien en ek weet ook dat ons twee vir ewig is. Sy het klaar besluit dat daar twee troues gaan wees, een in Suid-Afrika by my vriende en een in New York waar ons gaan bly.

By die hospitaal is almal in rep en roer oor my bedanking, niemand het gedink dat ek ooit daar sou weggaan nie.

Brenda, Joanne en die ander twee is net so opgewonde en kan nie uitgepraat raak oor my ring en oor die twee troues wat ek gaan hê nie.

Sue het al haar negatiewe nukke laat staan en gesels net so lekker saam, sy bied ook aan om die troukoek te bak.

Die 3 weke gaan gou verby en ek kry Mae laatmiddag op die lughawe. Sy is so opgewonde soos ’n skoolkind en vertel my dat sy ’n benoeming vir ’n Emmy toekenning gekry het as beste aktrise vir hoofrol in komedie of musiek blyspel. Ek is saam met haar opgewonde, want teen daardie tyd sal ons getroud wees en ek sal haar na die plegtigheid vergesel.


               Ons eerste troue in Suid-Afrika was ’n groot sukses. Die troukoek wat Sue gebak en versier het, was pragtig. Ek het prentjie mooi gelyk in my wit trourok en Mae, sexy en aantrekliker as ooit in haar wit langbroek pak.

Ons tasse staan gepak, my woonstel is verhuur en ons wag net vir Lida en Sue.

Lida ry verby die massiewe universiteit-gebou, Unisa. Ek kry ’n knop in my keel toe ek by die agterste venster uit kyk, die Telkom toring, die Voortrekker monument, hier het ek 20 jaar van my lewe spandeer, ek het hier volwasse geword. Hier het ek met my groot liefde getrou en ek los vier wonderlike vriende nou hier agter. Ek skuif weer reg en Mae trek my nader aan haar.

“Are you okay?” fluister sy.

Ek antwoord net deur my kop te knik.

Lida en Mae het groot vriende geword die afgelope 5 jaar. Sy lees eers vir Mae die leviete voor en waarsku haar om my mooi op te pas, want ek’s kosbaar vir haar.

Ek groet vir Sue en toe ek haar teen my vasdruk, moet sy vir oulaas ’n stekie inkry. “Ek sê nog steeds sy’s te oud vir jou Elsa... ” en net toe ek haar iets wou toe snou, voeg sy by “maar ek kan sien sy’s goed en lief vir jou.” sy glimlag en knipoog vir my.


               Tyd staan vir niemand stil nie. Ons is vir ’n 2de keer in die huwelik bevestig en hou partytjie in die klub tot laatnag. Voor ons ons oë uitvee is dit Oktober en tyd vir die beoordeling van die Emmy toekennings.

Ons al twee is stil op die vliegtuig na Los Angeles toe. My senuwee knaag, want ek wonder of my rok mooi genoeg gaan wees vir die okkasie. Mae sit met ’n glimlag op haar gesig, haar oë toe en dit lyk of sy nie ’n kommer in die wêreld het nie.

Die taxi staan reeds vir ons en wag toe ons by die lughawe uitstap, hy laai ons voor die hotel af.

Na ons uitgepak het, bestel ons ete vir die kamer, want nie een van ons twee is lus om weer deftig aan te trek om in die hotel restaurant te gaan eet nie. Dit gaan ’n lang dag wees môre en ons besluit om vroeg te gaan slaap.


               Dis net flitsende kameras en elke fotograaf wil die akteurs en aktrises in sy rigting laat kyk. Die eerste vraag wat Mae gevra word, is wie die vrou aan haar sy is en trots stel sy my voor as Elsa, haar vrou. Party se oë rek groot, ander skree weer hulle geweet het Mae Daniels nie vir ewig in die sal kan wegkruip nie en ander wens ons geluk met ons huwelik.

Binne-in die portaal stel sy my voor, aan ’n paar akteurs, aktrises en regisseurs. Haar mede kollegas van ‘Mother’s Family’ is ook daar en sy stel my voor, aan die wat ek nog nie ontmoet het nie.

Ek verkyk my aan almal, sommige herken ek van flieks of  TV-programme. As ek so opgewonde voel, hoe moet Mae nie voel vanaand nie, sy gaan dalk haar eerste Emmy toekenning wen, dink ek by my self.

Daar word eers drankies en verversings bedien voordat almal hulle plekke inneem.


               “And lastly I would like to thank the most important person in my life. My lovely wife, Elsa.” sê Mae en wys na my. “I love you and thank you that you came in to my life almost 6 years ago.” voeg sy by. Sy blaas ’n soen na my en dit voel of ek uit my nate kan bars van trots. Ek is in ekstase dat ek nie die kameras op my gewaar nie.

Mae is so trots op die Emmy toekenning wat sy gewen het, sy glimlag van oor tot oor. Na die verrigtinge is daar ’n partytjie en Mae wys dit van die hand, sy het besluit dat ons twee ons eie partytjie in die hotel kamer kan gaan hou.

Terug in die hotelkamer is die trofee is iets van die verlede, Mae het nou net oë en ore vir my. Sy stroop my van my aandrok en stamp my op die bed. Sy val half bo-op my en begin my in my nek te soen, haar lippe kom teer en liefdevol op myne neer. Haar hande is oral op my lyf en sy maak misbruik van my weerloosheid.


               Ons vlieg laatmiddag terug New York toe. Mae is amper op elke koerant se voorblad. Ek wys dit na haar en dink dis wonderlik, sy dink egter nie so nie.

Sy pluk ’n koerant van die rak af. “They go on as if I am the first gay actress!” sê sy vies en gooi die koerant dat jy net blaaie sien waai. “I want them to remembered me for my acting skills and the receiving of an Emmy, not because I’m gay!” sê sy en kook behoorlik.

Ek bars sommer uit van die lag.

“I’m really furious!” sê sy, maar kan nie help om saam met my te lag nie.

Daar is ’n ander koerant met ’n foto van ons al twee op. ‘Meet Mrs. Daniels.’ lui die opskrif. Ek wys dit vir haar en sy besluit om een te koop. Sy lyk nie meer so ongelukkig nie, miskien omdat ons al twee op die voorblad foto is.


               Brenda en Joanne gil en spring op en af toe hulle die Emmy toekenning die volgende aand op TV, in Suid Afrika kyk.

“Die twee maak ’n stunning couple.” laat Sue van haar hoor.

Die ander drie kyk vir mekaar en kan hulle ore nie glo nie, Sue gee ons twee ’n kompliment.

“Kyk! Daar’s Elsa!” skree Joanne. “Ek glo nie sy het geweet die kamera is op haar nie.” voeg sy by.

Die vier kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi ons twee gelyk het nie en hulle is net so bly dat Mae haar Emmy gewen het.


               Mae word oorval met aanbiedinge vir rolle op die silwerdoek en vir TV. Die rolle is meestal om ’n gay vrou te speel en sy vererg haar weer op die plek.

“You see, this is what I was afraid of! I can play anything, I don’t need to play a gay part, because I’m gay!” gil sy en loop brom-brom kamer toe.

Ek sug en trek my skouers op. Vir ’n rukkie los ek haar en toe volg ek haar kamer toe. Sy wil nie luister toe ek haar probeer oortuig om net vir een oudisie te gaan nie.

“I am gay and now I must play a gay woman. If I play a murderer, does it make me a criminal? No, no, no! I’m not going for an audition!” gil sy vir my.

“For heaven sake Mae, just try it!” gil ek vir haar terug.


               Dis Mae se laaste dag op die stel van ‘Mother’s Family’. Sy vertolk die rol van ‘mother’ al vir 15 jaar en sy voel sy het nou genoeg gehad van televisie, sy wil teruggaan verhoog toe.

“I want to do something else with my life, something I like. I’m 70 years old in 2 months time and I’m tired now. I want to do something I love, before I die.” verduidelik sy aan die verslaggewer.

Sy skok my met haar woorde en ek besef skielik hoe oud Mae werklik geword het.

Ek sit my hand op haar been en sy skakel die TV af. “What do you want to do, my Love?” vra ek haar.

Sy laat my terugdink aan die keer toe ek haar ontmoet het, sy was op die verhoog en sy wil teruggaan soontoe. Die verhoog was nog altyd haar eerste liefde, naas my natuurlik.

Ek stem saam met en haar en ondersteun haar besluit.

Sy begin eers net een keer per week op die verhoog optree en elke keer is die kaartjies uit verkoop.

Aand vir aand sit sy en skryf aan haar tekste vir die volgende vertoning en sy geniet haarself gate uit.

Later word die vertonings te veel vir haar en sy skuif dit na een vertoning elke 2de week. Op 75 is Mae jonger van gees as wat sy op 60 was. Sy’s ’n tawwe ou tannie, dink ek by my self.


               My selfoon lui en ek antwoord. My bene vou onder my in en ek gryp na ’n stoel. Mae het tydens haar vertoning inmekaar gesak en lê nou in die hoësorg-eenheid van die hospitaal.

Ek kry vinnig ’n taxi om my hospitaal toe te vat en hardloop na die hoësorg-eenheid. Ek vra na Mae en hulle wys my haar kamer. Stadig stoot ek die deur oop en trek my asem hoorbaar in. Sy lyk skielik so baie oud, weerloos lê sy daarin die bed. Haar wange ingesonke, haar hare so wit soos die hospitaal lakens.

Trane loop oor my wange. ’n Verpleegsuster kom in en verduidelik dat sy ’n kalmeermiddel in het, want hulle het al hulle dae gehad om haar in die hospitaal te hou. Sy is baie hulpvaardig en nog te meer toe sy hoor dat ek die mediese terme en prosedures ken.

Twee dae later word Mae ontslaan, nadat sy belowe het om vir ’n maand lang te rus, sy was erg gedehidreer en oorwerk.

Ek vat die pen en papier by haar en raas met haar. “You promised the doctor to rest! No work for you!” sê ek kwaai.

“I’m not scared of you.” lag sy my uit. Sy gryp my aan die hand en trek my nader. “Come lie down with me, then I promise to rest.” sê sy en skuif op teen die kussings.

Die keer is dit ek wat haar uitlag en maak my los uit haar greep. Ek stap kombuis toe en by die kamerdeur draai ek terug. Ek kan sien sy’s moeg en gedaan, maar sy’s baie moedig. Vinnig draai ek weer terug kombuis toe terwyl die trane oor my wange stroom.


               ’n Maand later is Mae weer terug op die verhoog met haar een vrou vertonings. Sy beperk haar self met net een vertoning per maand en sy doen goed. Ek vergesel haar elke keer, want ek wil nie ’n herhaling he van die vorige keer toe sy inmekaar gesak het en ek nie hier was nie.

Vanaand lyk sy moeg. Sy vra my vir water en ek bring dit vir haar. Sy sing ’n reëltjie en bly stil. Weer vat sy ’n sluk water en probeer weer om te sing. Sy staan op en maak verskoning. Die trane sit vlak in haar oë toe ek haar van die verhoog gaan afhelp.

“Elsa, there’s seriously something wrong with me.” sê sy en haar stem bewe. Ek kan hoor sy is naby aan trane. Ek pak haar goedjies op en kry vir ons ’n taxi.

Daardie nag slaap ek niks nie, Mae is kort-kort wakker, dan hoes sy of sy vra vir water. Sy is moeg en bleek die volgende oggend en lyk weer soos daardie aand in die hospitaal. Ek help haar was en aantrek, sy het 3 uur die middag ’n afspraak by haar dokter.

Hulle trek bloed, neem x-strale en sy is behoorlik uitgeput. Ons gaan weer terug na die dokter se kamers en verduidelik dat hy eers ’n diagnose kan maak na hy die uitslae van al die toetse gekry het. Die vroegste wat ons kan hoor wat fout is, is eers oor drie dae.

Ek help Mae uittrek en sy sak moeg op die bed neer. Nadat ek vir haar water gebring het en haar gemaklik gemaak het, bel ek my vriende in Suid-Afrika.

Ek huil so dat Lida nie ’n woord kan hoor wat ek sê nie, ek besluit om maar eerder ’n SMS te stuur. Sy bel dadelik weer terug nadat sy my SMS ontvang het.

Judith en Mark is amper elke dag by my om te hoor of ek enige hulp nodig het.

 Die ontvangs dame by die dokters spreekkamers bel die oggend, al die uitslae van die toetse het gekom en ons moet spreekkamers toe kom sodra moontlik.

My hart gee ’n ruk, dit kan net slegte nuus wees, dink ek by my self. Ek sal allenig moet gaan, want Mae is te swak. Sy eet nie en word net al maerder.

Mark bied aan om my spreekkamer toe te vat terwyl Judith na Mae sal omsien.


               Ek kry slegte tyding en Mark troos my. Sy trane sit vlak, hy en Mae is immers vriende vir amper 40 jaar. Dit was vir hom net so ’n skok toe hy hoor dat sy vriendin ernstig siek is.

Met strak gesigte stap ons die woonstel binne. Judith kom uit die kamer en stap kombuis toe waar ek en Mark gaan sit het.

“Well say something, for god sake!” gil sy amper histeries.

Ek kry nie ’n woord uit nie en Mark begin haar vertel. “Mae has got cancer, lung cancer and it has already spread to her other organs.

Judith trek haar asem hoorbaar in, slaan haar hand om haar mond en gaan sit op een van die kombuis stoele.

Daar’s ’n klop aan die deur en Mark gaan maak oop. “Elsa!” roep hy na my.

By die deur slaan ek my hande saam en toe loop die trane vrylik. In die deurstaan Lida en Sue. Hulle kom in en omhels my. Mark lig hulle in oor Mae se siektetoestand en ek stap saam met hulle kamer toe. Hulle is albei geskok toe hulle haar sien.

Mae maak haar oë op skrefies oop, sy herken Lida en steek haar hand uit. Lida vat haar hand en gaan sit lang haar op die bed. Sy maak weer haar oë oop en steek haar ander hand na my uit, ek voel hoe wend sy ’n flou poging aan om my nader te trek. Ek begin weer huil en hardloop uit die kamer uit.


               Verslae lê ek en staar voor my uit op die rusbank in die sitkamer. Sue kom na my toe en wil weet of ek nie Mae liewer in die hospitaal wil laat opneem nie.

“Nee, Mae het gesê sy wil nie in die hospitaal doodgaan nie.” antwoord ek kortaf en begin weer huil.

’n Paar dae later het Brenda en Joanne ook daar aangekom en ek was so dankbaar om my vier vriende weer by my te hê.

Dis so ironies, hulle vier was saam met my toe ek Mae die eerste keer ontmoet het en nou gaan hulle vier weer hier wees wanneer ek van haar gaan afskeid neem, dink ek by my self.

Ons vyf sit in die kombuis en ek begin weer huil. “Sue, ek moes jare gelede maar na jou geluister het en nie die ou tannie gevat het nie.” sê ek tussen die trane deur.

Sue kry ’n knop in haar keel. “Daai ou tannie het jou 20 van jou beste jare gegee.” troos sy.

Ek vee my trane af en staan op. “Sy het ja en ek gaan haar nie nou verstoot nie.” sê ek en stap kamer toe. Judith is besig om Mae se gesig met ’n koue klam waslap af te vee en ek vat die waslap by haar. Teer vee ek oor haar gesig. Sy maak haar oë op skrefies oop en probeer vir my glimlag.


               Brenda hulle het bietjie uitgegaan vir die dag, want ek wou alleen saam met Mae wees. Sedert sy begin siek word, het, was ons twee nog nie weer alleen nie. Sy word elke dag net swakker en swakker. Die afgelope week het sy nie eers een keer haar oë oopgemaak nie. Ons maak beurte om haar te voer, sop, melk en water word met ’n teelepel versigtig in haar mond gedrup, nie een keer maak sy haar oë oop nie.

Ek gaan lê langs haar op die bed en haar ooglede begin fladder. Sy het verskriklik maer geword, voel ek, toe ek my arm om haar lyf sit.

Sy maak haar oë effens oop. “You’ve neglected me.” fluister sy en probeer glimlag.

“I know, I know. I’m scared Mae.” ek sluk aan ’n knop in my keel. Ek voel so skuldig en selfsugtig, as ek bang is, hoe bang moet hierdie vrou nie op hierdie oomblik voel nie, dink ek by my self.

Sy bly lank stil voor sy weer probeer praat. “I thought I would never feel your arms around me again.” sê sy met moeite en is weer kortasem.

My hart bloei, ek voel so skuldig op hierdie oomblik, want Mae praat die waarheid. Nadat ek gehoor het hoe siek sy regtig is, het ek nog nie weer ’n poging aangewend om net by haar te lê of my arms enigsins om haar te vou nie. Ek slaap die afgelope tyd op die bank, te bang om by haar in dieselfde bed te slaap.

Ek het langs Mae aan die slaap geraak en nie eers gehoor toe Brenda hulle terugkom nie. Joanne kom maak my wakker en bied aan om vanaand by Mae te waak. Ek wys dit egter van die hand.

Joanne stap uit en kom na ’n ruk weer terug met koffie vir my en ’n bakkie met sop vir Mae. Ek bedank haar en vat die beker by haar.

Mae maak weer haar oë oop. “Glad to see you still here.” sê sy fluisterend en probeer voel waar my hand is. Sy is so swak dat haar arm langs haar op die bed val en sy kan dit nie verder beweeg nie. Ek vat haar hand en hou dit vas.

“Would you like some soup?” vra ek. Sy drink net 2 lepeltjies vol en weier die res.

Sy begin neurie, maar dis so sag en ek sukkel om te hoor. Sy noem die liedjie se naam en my oë skiet weer vol trane. Dis die liedjie wat sy 20 jaar gelede laat speel het en vir die eerste keer met my gedans het. ‘ I wanne know what love is’

“I know you can show me.” fluister sy weer. “And you did show me Elsa. I’ve loved you so much and I will always do.” sê sy en ’n traan loop oor haar wang. Sy knip haar oë en vervolg. “I’m sorry. Sorry for being the one to leave first.”

Ek huil en druk haar brose liggaam teen my vas. “It’s not your fault my Love.” sê ek tussen die trane deur. Ek sus haar tot sy weer rustig asemhaal. Sy’t aan die slaap geraak en ek staan op om my gesig te gaan afspoel.

Weer terug by Mae in die kamer gaan sit ek op die stoel voor haar bed en vat haar hand in myne. So het ek aan die slaap geraak en ons al twee het deurgeslaap, die eerste nag wat Mae deurslaap.

Iets maak my vroeg wakker die volgende oggend, ek staan op vanuit die stoel en gaan trek die gordyne effens oop, dat daar net so ’n skrefie lig in die kamer val. Mae se asemhaling is reëlmatig en ek glip gou kombuis toe om vir haar sop te gaan maak.

Ek skrik toe ek weer in die kamer kom. Mae se oë is groot oop en sy het ’n merkbare glimlag om haar mond.

“Morning my Love, glad you are back so soon.” sê sy en praat duidelik hoorbaar.

“Are you hungry, I brought you some soup?” vra ek en gaan sit langs haar op die bed.

Sy drink ’n hele paar slukkies sop, ek is verbaas en ook bekommerd oor die skielike opflikkering. Sy vra na die ander en ek gaan roep hulle gou. Met ’n glimlag vir elkeen, maak sy haar oë weer toe.

Almal kry ’n plekkie om te sit en niemand sê ’n woord nie, elkeen besig met haar eie gedagtes. Toe dit klink of Mae weer aan die slaap is, maak elkeen ongemaklik verskoning en verlaat die kamer. Sy het vir die res van die dag nie weer haar oë oopgemaak nie.

Laatmiddag vat ek weer vir haar sop en vra of sy bietjie wil drink. Met moeite het sy haar kop heen-en-weer- gedraai. Sy vra my om langs haar te kom lê.

Ek soen haar op die voorkop en hou haar benerige lyfie vas.

“I love you Elsa Daniels... ”

Lank lê ek langs haar voor ek opstaan om vir Joanne en die ander te gaan meedeel, dat Mae Daniels in lewe vir altyd weg is, maar dat haar gees, altyd saam met my sal wees.

My skouers begin ruk en ek sak op die stoel neer, ek huil en is ontroosbaar.


               Lida het die nodige reëlings getref en Mae se vriende en familie laat weet. Mae se wens was om veras te word en dan moet die as in Central Park gestrooi word.

Net ’n groepie intieme vriende was teenwoordig met haar verassingsdiens. Fotograwe en haar aanhangers het buite gewag en ons omtrent oorval toe ons uitkom na die diens.

Ek het Lida gevra om met die persfotograwe te praat, ek het nie kans gesien op hierdie oomblik nie.

Die Saterdag na die verassingsdiens het ons Mae se as in Central Park gaan strooi.

Terwyl ek nog met die kruikie as staan, kom daar ’n magdom mense aangestap. Dis Mae se aanhangers dink ek by my self. Hulle sing van haar liedjies en amper almal is in goud geklee, die kleur wat sy aangehad het toe sy die Emmy gewen het.

Trane loop weer vrylik, ek kan sien hoe geliefd sy regtig was tussen haar vriende en veral haar aanhangers.


              Lida hulle is vir nog ’n verdere week by my voor ek hulle gaan wegsien by die lughawe.

“Elsa, wanneer kan ons jou verwag?” vra Lida

Ek frons, want ek verstaan nie wat sy bedoel nie. “Verwag? Lida... ek verstaan nie wat jy bedoel nie.”

“Jy kom seker terug Suid-Afrika toe?” vra sy weer. “Hier is mos nou niks wat jou hier hou nie.”

Ek is stom geslaan. “Lida?” is al wat ek uitkry.

Ek draai om en begin wegloop, maar vliegweer kortom. “Hier is níks wat my hier hou nie?!” sê ek en bly ’n ruk stil. “Mae is hier!” gil ek. Dit voel of ek histeries gaan raak. “Haar voetspore, gees, haar reuk in die woonstel... alles van haar wat ek so lief gehad het, is hier en jy wil he ek moet dit agter los.” sê ek sagter. “15 Jaar bly ek in New York. Ek het Mae hier ontmoet en haar hier verloor, ek kan nie teruggaan Suid-Afrika toe nie, ek kan haar nie hier los nie.” sê ek, terwyl die trane oor my wange stroom.

Brenda kom sit haar arm om my en probeer troos. Lida vra om verskoning en kom sit ook haar arm om my.

Daar word aangekondig dat die passasiers vir die vlug na Johannesburg, Suid-Afrika aan boord moet gaan. Ons neem moeilik afskeid van mekaar, want ek weet nie of ons vyf mekaar ooit weer gaan sien nie.


               Dis al 4 maande sedert Mae se dood en dit voel vir my soos gister. Snag lê ek my self aan die slaap en huil en bedags dwaal ek soos ’n zombie deur die woonstel.

Sy het my goed nagelaat en dit was nie vir my nodig om te moes gaan werk soek na haar dood nie.

Twee aande terug was daar ’n huldeblyk aan haar op TV, ek moes dit afsit, alles is nog te rou en seer. Daar’s weer ’n herhaling van die sitkom ‘Mother’s Family’ as deel van die huldeblyk aan Mae.

Vanaand is die Emmy toekennings, ek kyk dit nog elke jaar op TV , sedert Mae haar Emmy gewen het en die jaar sit ek dit alleen en kyk.

Die trofee wat sy gewen het, staan blinkgevryf op die kaggelrak, ek staan op en gaan haal dit. Met die toekenning op my skoot sit ek die program en kyk. Halfpad deur die program is daar ’n huldeblyk oor al die akteurs en aktrises wat in dié jaar oorlede is, ek het daarvan vergeet en is geskok toe haar foto verskyn. My oë skiet vol trane en ek sit die TV af.

Ek druk die trofee op my skoot styf vas en maak my oë toe. My gedagtes is terug in Los Angeles, 15 jaar gelede toe Mae haar Emmy gewen het en hoe sexy sy gelyk het in haar goudkleurige broekpak. Ek onthou hoe kwaad sy was oor die koerant opskrifte wat niks oor haar Emmy toekenning geskryf het nie, maar alles oor haar gay wees en oor my, toe haar nuwe vrou.

Met die trofee nog styf in my arms raak ek aan die slaap. Ek droom van Mae, sy’s gesond. Sy lag, praat en sing weer. Ons is weer by mekaar... vir altyd by mekaar.

No comments:

Post a Comment